Daardie laaste paragraaf

Ons weet dat lesers soms (dikwels?) die slot van ‘n boek lees voor hulle besluit om dit te koop. Dit spreek dus vanself dat die laaste sin of paragraaf van net soveel belang is as die eerste. Kyk gerus na die laaste paragrawe wat ek hieronder na die eerste sinne geplaas het. Kan jy ‘n idee vorm van die tipe verhaal wat Lees voort

Om te ‘show’ of om te ‘tell’.

Ons het al ‘n paar keer hieroor gesels, maar dit is inderdaad so belangrik en so ‘n groot uitdaging dat ons dalk weer idees kan uitruil en so mekaar kan help.

Die korrekte balans tussen show en tell is dalk een van die moeilikste dele van skryf . As jy te veel vertel, raak jou storie langdradig en die leser gaap. Maar daar is wel tye wanneer dit meer sin maak om te vertel. Byvoorbeeld wanneer die leser sekere inligting nodig het oor die storiewêreld of karakters. Dit help ook Lees voort

‘n Blitsverkoper – blote geluk?

Wat maak dat ‘n skrywer se boeke soos soetkoek verkoop? Was dit die regte bemarking deur die uitgewer, of blote geluk?  Donald Maass sê dis die “passion, purpose and techniques” van die skrywer wat die ding doen. Hy sê die boek se buiteblad kan treffend wees, die bemarkers kan hulleself oortref, maar as die lesers nie die skrywer se passie tussen die bladsye kan vind nie, sal daai boek nie verkoop nie. Lesers kom baie vinnig agter wanneer ‘n boek soos ‘n skip sonder roer van koers af dryf sê Maass verder. Hy reken dis wanneer daardie passie, doelgerigtheid en die skryftegnieke van die skrywer nie is wat dit moet wees nie.

Ek hoor soms skrywers spog met hoe vinnig hulle ‘n manuskrip kan voltooi en dan wonder ek of daardie afgerammelde werk enige tekens van bogenoemde drie kwaliteite gaan toon.

Ons hoor graag wat ervare skrywers te sê het hieroor.

 

ATKV skryfskool vir romantiese fiksie 2011

Ons merk op dat baie besoekers aan die blog na inligting oor skryfskole soek. Daar word wel ‘n lenteskool vir die skryf van romantiese fiksie by die Potchefstroomse Universiteit beplan vir vroeg in September. Sodra ons die finale reelings en die besonderhede van hulle af ontvang, sal ons dit hier plaas. Byt net ‘n bietjie vas!! Loer gerus weer in en gesels saam.