Linelle Venter: Beplanning vir ‘n romanse


’n Goeie plan is soos ’n padkaart: Dit dui die eindpunt aan en gewoonlik die beste manier om daar uit te kom. – H. Stanley Judd

Ek is ’n groot voorstaander vir beplanning, soos julle seker al agter gekom het. In die dosyne artikels wat ek al gelees het oor die beplanning van ’n boek, gebruik baie gesoute skrywers die vergelyking van beplanning as ’n padkaart vir jou boek. Tydens die beplanning van die boek beplan jy waarheen die storie gaan, min of meer hoe jy daar gaan uitkom en ook die op- en aftraandes.

Persoonlik is beplanning vir my ’n kombinasie tussen ’n padkaart en ’n geraamte: ’n Padkaart want dit gee my storie rigting; ’n Geraamte want ek weet omtrent presies wat gaan gebeur, dus die oomblik wanneer ek hoofstuk een begin skryf en die vleis begin aansit, kan ek my kreatiwiteit laat oorneem sonder om enigsins bekommerd te wees dat ek afdwaal en die hegtheid van die verhaal verloor. Gelukkig is my padkaart en geraamte baie buigbaar en kan verander word.

Hier is ’n paar punte hoekom ek beplanning so behulpsaam vind:

DIE HOOFKARAKTERS:
– Wanneer ek my hoofkarakters aan die leser voorstel in hoofstuk een, ken ek hulle al so goed soos ek myself ken. Daar’s geen teenstrydigheid in hulle karaktertrekke nie, e.g. sy werk goed onder druk in hoofstuk een maar in hoofstuk sewe kan sy die geringste stres nie hanteer nie.
– Ek weet ook presies wat hulle sterkpunte is en wat hulle na mekaar toe sal aantrek, hoe hulle mekaar sal komplimenteer en dan natuurlik weet ek ook wat hulle swakpunte is.

DIE HOOFKONFLIK:
– Ek kan volgens my hoofkarakters se werk, persoonlikhede, persoonlike situasies die hoofkonflik van die begin af beheer en ook hoe dit deur die res van die boek gehou word totdat dit konflik opgelos is – wat ook met beplanning beheer word.

GROOT GEBEURTENISSE EN HULLE BELANG IN DIE BEWEGING VAN DIE STORIE:
– Dis tog so lekker om te skryf en my karakters in ’n restaurant te laat sit en kuier! Maar… as hulle geklets nie die verhaal vorentoe beweeg, hulle emosionele ontwikkeling bevorder of hulle verhouding beïnvloed nie, het daardie wonderlike hoofstuk geen doel in die boek nie. Ek het in my eerste boek twee sulke hoofstukke uitgehaal en dit was vir my so ’n hartseer verlies van tyd en kreatiewe energie.

TYDLYN:
– Met beplanning kan ek enige teenstrydigheid in die tyd wat dit neem vir die boek om af te speel soos ’n lelike paar skoene vermy.

EMOSIONELE ONTWIKKELING:
– Romanzas is mos karakter- en emosioneelgedrewe boeke, dus is dit vir my belangrik dat my hero nie op die eerste dag die pragtige brunet vertrou nie, maar eers nadat sy haarself bewys het as ’n vrou wat nie soos sy vorige verloofde is nie. Ek kan die hoofkarakters se emosionele konflik, die konflik se oplossing en hulle ontwikkeling mooi beplan sodat die spanningslyn styf bly.

SPANNINGSLYN:
– Ons wil mos hê dat ons lesers nie ons boeke kan neersit nie en die kos verbrand omdat hulle ‘net nog een’ bladsy wil lees. Een van die maniere om dit reg te kry is om die spanningslyn styf te hou en nie slap te laat val nie. So baie boeke val plat in die middel (soos my baksels wanneer ek probeer koek bak!!). Om daardie ongewenste vervelige, stadige middel te vermy, kan beplanning ook help.

LOS DRADE:
– Aangesien daar wel ’n storie is wat vertel word en nie nét emosionele ontwikkeling nie, wil jy nie hê dat die lesers aan die einde van die boek wonder of die hoofkarakter toe ooit die werk gekry het waarvoor sy aansoek gedoen het of wat met haar hond gebeur het wat weggeraak het nie.
Daar’s nog ’n hele klomp redes, maar ek dink hierdie gee julle ’n groot genoeg idee hoe beplanning my help. Natuurlik kan ek beplan totdat Mari se kallers van die land af kom, maar sonder kreatiweit en ’n lekker skryfstyl, help dit ook maar niks nie. Beplanning gee vir my net soveel vryheid om binne die raamwerk (van ’n riglyn wat werk) die leisels heeltemal te laat gaan en my vingers aan die kreatiewe gode oor te gee.



One comment on “Linelle Venter: Beplanning vir ‘n romanse

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s