Die liefde: Dis wetenskap én waansin (5)

VERLIEFDHEID IS HIPNOSE:
Die Jungiaanse beskouing is dat elkeen die vervulling van hul behoeftes projekteer op iemand (‘n geliefde) wat hom of haar volkome gaan aanvul – die afwesige “ander helfte” van die self. Vir die man is dit die anima, en vir die vrou die animus – die veridealiseerde beeld van die self, sê Grové. “Wanneer jy verlief is, Lees voort

Advertisements

Sonder konflik is daar nie ‘n storie nie

Konflik is die brandstof wat aksie en reaksie veroorsaak en die storie laat gebeur. Daar moet verandering plaasvind tydens die verloop van die verhaal, anders gaan die leser baie gou die boek neersit.

In die romanse is dit die liefdesverhouding wat ontwikkel en groei. In die liefdesroman is dit die reis wat die heldin neem na ‘n ander plek in haar lewe en langs die pad groei en ontwikkel sy in die verhoudinge met die mense om haar.

Dit kan nie gebeur sonder konflik nie. Hetsy dit innerlike konflik is waarmee die karakter worstel of konflik met die mense om haar en die dinge wat in haar lewe gebeur, konflik is essensieel om die storie voort te dryf.

Wanneer die skrywer dus haar storie beplan, is konflik die heel belangrikste bestanddeel wat sy moet inbou, anders sal die storie soos ‘n brood sonder suurdeeg platval.

Ons verwys weereens die beginnerskrywer na die boeke oor die skryfkuns wat ons aanbeveel en ons vra ervare skrywers om te vertel hoe hulle te werk gaan om konflik in hul stories in te bou.

Karakter en emosie

‘n Romanse of liefdesroman moet verkieslik karaktergedrewe en emosiegedrewe wees, eerder as gebeuregedrewe soos ‘n spanningsroman. M.a.w. elke aksie of reaksie van jou karakter moet spruit uit wie sy is en hoe sy voel op daardie oomblik, anders skep jy kartonkarakters wat jou lesers gou sal verveel.

Dis alklaar ‘n mondvol en die spasie hier is te min om werklik reg aan hierdie onderwerp te laat geskied, maar ek hoop om darem die beginnerskrywer te prikkel om meer hieroor te gaan nalees voordat sy haar eerste manuskrip blindelings aanpak. Loer gerus hier bo onder ‘Boeke oor skryf’ as jy nie enige naslaanwerke oor die onderwerp het nie. Feitlik elkeen van die boeke wat ons daar noem, het heelwat daaroor te sê.

Die skrywer moet doodseker maak dat sy haar karakters, hul emosies en hul leefwêreld verstaan voordat sy een enkele bladsy skryf. Die eerste stap vir die skrywer is dus navorsing. Dit is nodig dat daardie spesifieke karakter wat jy beplan in die konteks wat jy vir hom skep, inpas sodat jou storie geloofwaardig sal wees.

Ek vra dat skrywers hier moet vertel hoe hulle te werk gaan om hul karakters te beplan. Ons leer mos graag van mekaar!

Waar begin ek as ek wil skryf?

Sommige skrywers begin by ‘n storie-idee of tema, ander weer met ‘n titel en nog ander by die karakters, die agtergrond of ‘n insident.

Hoe dit ookal sy, jy kan nie ver vorder voordat jy nie op jou hoofkarakters en hul agtergrond besluit het nie. Ek kan nie werklik aan die gang kom voordat ek nie ‘n prentjie in my kop van die karakters en die plek waar die storie afspeel, het nie. In my skryfhoekie is ‘n boekrak wat met sy rugkant na my lessenaar toe wys. Ek gebruik die agterkant daarvan as ‘n ‘Storiebord’ waarop ek my visuele beplanning doen. Ek knip tydskrifprente uit en maak ‘n collage daarvan totdat ek tevrede is dat ek nou weet hoe my hoofkarakters en hul omgewing lyk. Sommige skrywers teken selfs ‘n kaart van die dorp of omgewing waar die storie afspeel.

Nou steek ek my notaboeke in die werk. Ek het ‘n notaboek in elke vertrek van die huis. Sodra ek aan iets dink, moet ek dit neerskryf, anders vergeet ek. Heel eerste beplan ek die agtergrondstorie van elke karakter.  (kinderjare, opleiding, gebeure wat tot die aanvang van die storie gelei het) Daarna skryf ek die eienskappe van die hoofkarakters neer en leer hulle sterkpunte, swakhede, begeertes, motiewe en beweegredes vir optredes so ‘n bietjie ken.  Volgende sal ek bv. die hooftrekke van die storie neerskryf. Sommige skrywers doen dit op ‘n tydlyn sodat hulle mooi kan beplan presies waar sekere gebeurtenisse die beste sal inpas. Ander beplan elke hoofstuk tot in die fynste besonderheid.

Nuwe skrywers moet maar die verskillende dinge probeer en toets waarmee hulle gemaklik voel. Jy sal gou agterkom wat werk vir jou en wat nie.

Hoe skryf mens?

Dis ‘n vraag wat mense dikwels vra. Ons het net hierdie week weer die vraag gekry:

“Hoe gaan mens te werk wanneer mens n boek wil skryf? Ek weet daar is sekere reëls wat toegepas moet word, en kan glad nie dink dat dit maklik kan wees nie.”

Dis ook nie ‘n vraag wat ‘n vinnige, maklike antwoord het nie. Alicia Rasley, iemand wat haar lewe daaraan wy om mense te leer skryf, stel dit so:

“Novelists make miracles. There’s a reason we speak of writing a book as giving birth: we are creating something out of nothing, and we have to turn ourselves inside out to do it.”

En ja, daar is ‘reëls’. Lees gerus maar die verskille tussen die romanse en die liefdesroman wat vir ons so goed uiteengesit is in ‘n paar vorige artikels. Dit is maar twee van die meer as 100 genres en subgenres wat bestaan.

Die kort antwoord is dus:  Jy moet besluit wat jy wil skryf, uitvind wat die vereistes is wat uitgewers stel vir daardie genre, soveel as moontlik voorbeelde van daardie genre lees en dan eenvoudig die bul by die horings pak en begin!!

Beginners kan gerus die wenke wat ons hier op regs onder ‘Blogroll’ geplaas het, lees. Dit behoort jou ‘n baie goeie idee te gee van waar om te begin.

Maak gerus ook tyd en lees die ouer bydraes onder ‘Argiewe’, daar is raad van onskatbare waarde!

LEKKER SKRYF!

Die liefde: Dis wetenskap én waansin (4)

LIEFDESKAART:

Die bekende seksuoloog, Prof Elna Mc Tosh onderskryf die sielkundige John Money se teorie soos in sy boek Lovemaps vervat, wat die term “liefdeskaart” op onbewuste vlak geskep het om ’n mens se bloudruk vir die volmaakte maat te beskryf.

Hierdie liefdeskaart is die gevolg van vroeë herinneringe en ervarings,  byna soos ’n eggo uit jou kinderjare. Die kaart gaan oor dit wat vir jou op sensuele vlak van belang is en baie daarvan is opgeneem nog voor jy jou verstand behoorlik gekry het – soos bv. ’n lekker geur, mooi haarkleur of uitbundige humorsin.

Begrip van jou liefdeskaart kan tot ’n beter Lees voort

Die liefde: Dis wetenskap én waansin (3)

LIEFDE MET DIE EERSTE OOGOPSLAG EN SINTUIE:

Navorsers meen dat liefde met die eerste oogopslag beslis bestaan.

Dit help glo boonop as jy ‘n hoë voorkop, smal neus en vleklose gelaat het maar daar is ook liefde met die eerste smaak of reuk – soos die eerste soen.

Die testosteroon wat in ’n man se speeksel voorkom, hou glo verband met ’n seksopkikker vir die vrou en ’n soen sê Jeffrey Kluger, the wetenskapredakteur van Time tydskrif.

Grové sê sodra die eerste soen plaasvind, intensifiseer beide se sig, reuk en klank.  Jy hoor en voel asemhaling en allerlei opwekkende klanke en ervarings, en dit speel soos ’n rooskleurige bril in op die emosionele breinareas.

Sy verduidelik dat sintuie sedert die allervroegste tye Lees voort

Leer by een van die grootstes!

In die afgelope week se Huisgenoot is ‘n baie interessante en toeganklike artikel oor Marlene van Niekerk, haar werk en haar sienings oor skryf in die algemeen – op besondere wyse uitgedruk, soos net sy kan. ‘n Mens kan dalk dink wat sy te sê het, sal net geld vir letterkundige werke, maar dis eintlik op enige skryfwerk van toepassing. Lees gerus!

Volg  gerus ook onder ‘Skryfskole’ die skakel na die webwerf van die SAVryskutskrywers en lees daar oor die skryfkursusse wat deur Helene de Kock en Jeanette Ferreira, onder meer, aangebied word.

Verskille tussen die romanse en die LR (vervolg)

Chanette Paul het die volgende hieroor geskryf toe sy ‘n jaar of wat gelede Sophia Kapp se  liefdesroman Die tuiskoms entoesiasties vir publikasie aanbeveel het:
ʼn Romanse is bloot dit – die storie van ʼn liefdesverhouding wat tussen ʼn man en ʼn vrou ontwikkel vandat daardie chemiese reaksie wat ons verliefdheid noem vonk vat, en duur tot en met die kulminering van hierdie liefde – sy dit die wedersydse verklaring van die held en heldin se liefde vir mekaar, ʼn huweliksaansoek, die troue of waarheen die storie ook al lei. Dis die soort verhale wat in die Romanza-reeks uitgegee word.
Die liefdesroman strek veel wyer en beweeg ook nader aan lewenswerklikhede. Dit word uitgegee as enkeltitel, dit wil sê nie as deel van ʼn reeks nie. In die liefdesroman Lees voort

Die liefde: Dis wetenskap én waansin (2)

WETENSKAP, HORMONE EN DIE LIEFDE:
Science Daily berig dat ’n onlangse meta-ontleding studie deur prof Stephanie Ortigue van die departemente van sielkunde en neurologie aan die Syracuse Universiteit, bevind het dat om verlief te raak nie net dieselfde euforiese gevoelens vrystel as wanneer ’n mens kokaïne gebruik nie, maar dat dit ook intellektuele dele van die brein affekteer. Navorsers het bevind om verlief te raak is so genotvol dat dit byna soos ‘n verslawing is. ‘n Mens kan dus sekerlik aanvaar dat die “onttrekkingssiptome” ná ‘n liefdesteleurstelling net so traumaties is. Die resultate van die Ortigue-span het ook onthul dat as ’n mens verlief raak altesame 12 areas van die brein saamwerk om euforie-geïnduseerde chemikalieë soos oxytocin, adrenalien en dopamien vry te stel. Die liefdesgevoel het ook ’n uitwerking op kognitiewe funksies soos metafore en liggaamsbeeld.
Die bevindings het die vraag laat ontstaan; “ Is dit die hart of die brein wat verlief raak?” Volgens Ortigue is hierdie ’n moeilike vraag. “Ek sou sê dis die brein maar die hart vertolk ook ’n rol weens die verwikkelde konsep van liefde wat gevorm word deur die prosesse tussen die hart en brein en andersom.” Die bevindings is van groot belang Lees voort

Hou jou tenkie vol

‘n Skrywer het onlangs gekla dat sy ‘uitgeskryf’ is, geen idee het vir ‘n nuwe boek nie en dat inspirasie ontbreek. Dit gebeur met ons almal die een of ander tyd. Hoe nou gemaak?

Gary Player het gesê: “The harder I practise, the luckier I get.” Enigiets is so. Hoe harder jy daaraan werk, hoe beter sal jy vaar. Groot musikante oefen elke dag, al is hulle hoe goed. Beroemde dansers moet elke dag vir ure lank hul passies oefen om fiks en vaardig te bly.

Wat moet skrywers doen? Aanhou en aanhou skryf? Sekerlik ja, maar jy het ook nodig om jou batterye soms te herlaai. Hoe doen jy dit? Skrywers moet hulle ambag beoefen en bestudeer, nie net deur te skryf nie, maar om alles wat hulle moontlik kan oor die onderwerp te lees en te leer. Daar bestaan wonderlike boeke wat ons kan lees om meer oor ons gekose kunsvorm te leer.

Kom ons stel ‘n lys van sulke boeke saam. Klik hier bo aan die bokant van die blogopskrif op ‘Boeke oor skryf’ en voeg boeke wat jy kan aanbeveel by ons lysie by. Onthou om die skrywer te noem sodat ons dit kan in die hande kry as ons dit graag wil bekom.

Die liefde – dis wetenskap én waansin (1)

Aangesien heelwat lesers van hierdie blog juis oor die verskynsel van die liefde skryf, plaas ek hierdie eerste aflewering deur skrywer Carla van der Spuy. ‘n Verkort weergawe van die artikel het onlangs in By verskyn. Dankie, Carla!

Kan die liefde aan blote toeval toegeskryf word of word die vlamme van passie deur chemie en DNA bestuur? ’n Mens kan wel jou hart verloor, maar wetenskaplikes en navorsers beskryf hierdie kragtige emosie toenemend aan ’n onweerstaanbare “mengeldrankie bestaande uit chemikalieë afkomstig van die brein.” Ja, die liefde is al met elektrisiteit, ‘n weerligstraal, ’n donderslag en dronkenskap vergelyk, ’n toestand waarin elke sel van jou liggaam vir romanse oorgehaal is.
Soos die geval met dwelms is wat die sentrale senuweestelsel stimuleer, veroorsaak die liefde ook euforie, energie en opwinding. Maar die liefde wat tegelykertyd as stresvol en hemels ervaar word met gevoelens wat van sinkend tot fladderend in jou binnegoed wissel, kan ook toksies en verslawend wees en dit kan jou bedwelm, vergiftig en ontmagtig. Dit kan selfs tot akute fisieke pyn en volslae fiksasie met die voorwerp van jou passie lei. En tot tydelike waansin wat deur die huwelik genees word het die Amerikaanse skrywer Ambrose Bierce gesê. Hoe anders verklaar jy die feit dat ’n doodgewone jong man met ’n Griekse god en ’n gewone jong vrou met ’n godin verwar word, wou hy weet.
Volgens Dr Eugene Viljoen,’n kliniese sielkundige en seksuoloog is die liefde ’n subjektiewe gevoel en van die moeilikste emosies om te definieer; die Eskimo’s beskryf sommer 20 verskillende soorte liefde. ‘n Artikel getiteld Love Science: Falling in Love Simply a Matter of Brain Chemisty, lui dat as ons enkellopend is, ons soekend is en die bloudruk verander ons brein dan in ’n radarskerm – voortdurend op soek na die beste passing. Die liefde het al daartoe gelei dat konings abdikeer en in sepies soos Days is onbereikbare liefdes al ontvoer en in hokke in donker kelders toegesluit.
Pure wanhoop.