Vuurwarm skryfkompetisie!

Verliefhttp://nb.bookslive.co.za/blog/2013/02/11/skryfkompetisie-pen-jou-warmste-liefdesverhale-neer-en-wen-r20-000/

Advertisements

Verpligte leesstof!

Hier is besprekings van twee wonderlike nuwe Afrikaanse boeke oor elke tipe skryfwerk onder die son:

Afrikaanse skryfgidshttp://www.beeld.com/Boeke/OnlangsVerskyn/Nuttige-kaart-vir-pad-na-mense-se-leeshart-20130106

http://www.beeld.com/Boeke/OnlangsVerskyn/Die-is-nie-net-n-deurstopper-20130106Om te skryf

How to make a living as a writer (1)

I’m going to make this very simple: The secret to making a living wage as a writer lies in two words: volume and variety. Today let’s talk about the first one.

Volume

The biggest mistake writers make with respect to their “publishing dreams” is hoping for that one big break that’s going to change their lives, allow them to quit their job, and propel them into the life of the full-time writer.

Making money in this business, for the vast majority of writers, isn’t about having one huge hit. Or even two huge hits. Instead, it’s about building a career, book by book, and building an audience that wants more of your books.

Writers begin to see a “living wage” when they have a stack of Lees voort

Alweer tyd vir die ATKV-Skryfskool!

Die ATKV-Skryfskool van die NWU is al mondig, maar een van sy oudste projekte, die Herfsskool, bly ’n immergroen affêre.
Van 19-23 Maart 2012 maak ons weer so – flikflooi ons weer met die woorde.
Bekroonde en bekende skrywers wat ook boeiende geselsers is, soos P.G. du Plessis, Hans du Plessis, Deon Meyer en Piet Steyn, kom gee inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as prosaskrywers. Die besonder gewilde Tim du Plessis en Blouwillem Theron word die kuns van prikkelende rubriekskryf afgevra. En digter Martjie Bosman en sanger Herman van den Berg Lees voort

2011 in oënskou!

The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2011 annual report for this blog.

Here’s an excerpt:

The concert hall at the Sydney Opera House holds 2,700 people. This blog was viewed about 8,500 times in 2011. If it were a concert at Sydney Opera House, it would take about 3 sold-out performances for that many people to see it.

Click here to see the complete report.

‘n Goeie begin …

Met my Kindle het ek op ‘n splinternuwe lekkerte afgekom (dis nou bykomend by die lekkertes van gerief en gemak en vinnige aflaai van aankope plus die gevaar van baie maklik baie geld uitgee) – die opsie wat Amazon ‘n mens gee om ‘n gratis 10% sample van enige boek af te laai en te lees. Die Afrikaanse boeke wat beskikbaar is, is nog maar baie min en Lees voort

No man is an island …

… en ‘n skrywer nog minder!
Na die onlangse Leeskringkuier  in die Kaap besef ek weer eens hoe belangrik dit vir skrywers is om met mekaar kontak te maak. Om te skryf is ‘n eensame taak – dis net jy en jou rekenaar en jou storie (of soms geen storie nie). En ons weet mos die kommunikasie tussen dié drie is nie aldag ewe goed nie … ‘n Mens kan ook nie jou storie vertel vir almal wat wil luister nie (as jy so gelukkig is om Lees voort

Breek ‘n slaggie weg!

Na ‘n onlangse wegbreek om te gaan skryf, kan ek die volgende punte noem vir iemand wat dit ook oorweeg:

1. ‘n Week is te kort. As jy Maandag ry en Vrydag terugry, het jy eintlik net drie dae. Twee weke, met ‘n kuier van die gesin/geliefde/vriende tussenin, sou dalk beter wees.
2. ‘n Mens sal mooi moet kyk waar jy so alleen gaan bly. Ongelukkig is veiligheid in SA ‘n groot faktor en ‘n mens moet Lees voort

So leer ‘n mens …

Lenteskool voorlegging

Hierbo is die skakel na my poging by verlede jaar se skryfskool vir liefdesverhale op Potch. As jy daarop kliek, gee dit jou ‘n keuse in watter program jy dit wil oopmaak. Kies PowerPoint, dan sal jy die skuifiereeks kan sien.
Die praatjie was nie bedoel om voorskriftelik te Lees voort

Leer ken jou karakters

Deskundiges stem saam dat ‘n skrywer sy karakters baie goed moet leer ken. Hy moet selfs meer weet oor die karakter as wat hy in die verhaal oor hulle laat blyk. Hy moet weet hoe hulle aanmekaar gesit is en hoe hulle oor dinge dink. Met daardie kennis is dit veel makliker om jou karakters geloofwaardig te laat optree. Hieruit vloei Lees voort

Daardie eerste sin

Die eerste sin kan ‘n leser lus maak vir die boek – of die boek laat toeklap. Lesers is ook haastige mense en min het die tyd om ure in boekwinkels deur te bring. (Al wens hulle almal hulle kon.)
Ons het al gepraat oor die belang van die eerste paragraaf. Wel, die eerste sin baan natuurlik die weg vir die eerste paragraaf om sy werk te doen – of nie.
Hieronder is die eerste sinne uit ‘n klompie Afrikaanse boeke wat ek sommer Lees voort

Uit die pen van ‘n kenner

Lees gerus wat Helene de Kock onlangs in Rapport gesê het oor ontspanningsfiksie:

Tolstoy het toeka al gesê daar is net goeie en slegte boeke. Dit geld ontspanningsliteratuur ook.

Wat verstaan mens onder ontspanningsromans? Vroeër is dit goeie gewilde prosa genoem. Deesdae word van genrefiksie gepraat, waaronder verhoudingsromans, liefdesverhale, romanses, spanningsromans.

Uiterste leesbaarheid, meen Tom Gouws, is vir populêre prosa ’n voorvereiste. Dit kan en dit moet ’n storie vertel. ’n Stewige storie ook! Die meesterskrywer Lees voort

Moontlike bronne van konflik

Toe ek hierdie lysie so bekyk, besef ek enige van die dinge wat genoem word, kan lekker ingespan word om oortuigende konflik in ‘n romanse in te bou. Hulle sal ook lekker werk as karaktertrekke van die hoofkarakters.
BELANGRIKE VRAE VOOR JY TROU:
‘n Firma in London wat in gesinsreg spesialiseer, sê paartjies moet meer oor mekaar uitvind voordat hulle trou. Jy moet uitvind of jou toekomstige lewensmaat enige verslawings het, bv. inkopies of pornografie. Nie dat jy die persoon gaan los nie, maar jy sal net Lees voort