Die liefde: Dis wetenskap én waansin (slot)

 Sal ons egter ondanks deeglike navorsing en  talle teorieë ooit verstaan wat die liefde is?

Selfs die wetenskaplike Albert Einstein het dit as ’n strikvraag beskou en skouerophalend gevra; “Hoe op aarde verduidelik ’n mens in terme van chemie en fisika so ’n  belangrike fenomeen soos eerste liefde?”

Grové sê uit ‘n suiwer wetenskaplike oogpunt is die mens wesenlik ‘n voortplantingmasjien, maar ons lewensbeskouing en godsdienstige ingesteldheid, asook die behoefte aan ‘n maat wat ‘n mens bo almal sal Lees voort

Advertisements

Dagboek van ‘n romanseskrywer (14)

Wat om te doen met ‘n mislukte manuskrip – dis geen maklike vraag nie. Want myns insiens moét daar iets gedoen word. Om bloot oor te gee en die ding maar weg te smyt, is nie vir my ‘n opsie nie. Dit ruik darem alte veel na gaan lê. En dit is ‘n ding wat geen skrywer kan bekostig nie. Maar om die regte keuse te maak, is bitter moeilik.
Die ooglopende opsies is natuurlik om die manuskrip te vat en of ‘n romanse of ‘n volwaardige liefdesroman daarvan te maak. Wat Lees voort

Hoekom die manne die huwelik vermy

Die heldinne in jou boeke loer rond vir mans wat goeie troumateriaal sal uitmaak, maar die manne wil hulle nie so graag verbind nie. Daar is redes voor en dit sal die romanseskrywer betaam om haarself te vergewis van daardie redes sodat sy ‘skietgoed’ kan hê om haar helde mee te verdedig.

Ek het ‘n boek oor die onderwerp, R M Johnson se Why men fear Marriage onlangs raakgeloop. Daar is heelwat pitkos vir die jong meisie wat graag wil trou, sowel as vir die skrywer wat haar trou-sku helde wil verstaan. Dis nogal insiggewend. Lees voort

Dieselfde storie oor en oor??

Romanseskrywers hoor soms die beskuldiging dat hul stories almal dieselfde is. Wat natuurlik nie waar is nie. Maar wat wel waar is, is dat daar ‘n aantal basiese stories is wat so goed werk dat dit oor en oor (op elke skrywer se unieke manier) vertel kan word. Hier is ‘n opsomming uit Writing a romance novel for dummies. Die rede vir hierdie basiese stories se sukses is volgens Leslie Wainger Lees voort

Die ekonomie van woorde

‘n Leser het onlangs gekla: “Skrywers verveel my met lang verduidelikings en ‘n gewonder oor niks.” Dit klink vir my of hierdie leser vir die skrywer wil sê dat sy onnodig baie woorde gebruik om iets te sê wat sy in veel minder woorde dalk beter kan uitdruk.

Aspirantskrywers wonder weer dikwels hoe op aarde hulle ooit by daardie vereiste 45 000 of 75 000 woorde van ‘n manuskrip gaan uitkom. Dis wanneer jy die vetjies begin inbou om die manuskrip langer te kry en net daar trap jy in ‘n slagyster. Jy swig voor die versoeking om onnodig baie woorde te gebruik om te sê wat jy wil sê.

Diegene wat weet vertel dat ons tydens die eerste draft nie te veel aandag hieraan moet skenk nie, want dit kan die spontaniëteit van ons werk bederf. Later, wanneer jy jou werk redigeer, moet jy egter die snoeiskêr inlê en ontslae raak van daardie onnodig baie byvoeglike naamwoorde, lang beskrywings en ellelange gedagtemonoloë wat in elk geval net gebeure onnodiglik weer herhaal.

Jy moet ekonomies met woorde omgaan en tot die punt kom. Dan beweeg jou storie vinniger voort en laat jy die leser aanhou omblaai sonder om dit een maal te oorweeg om die boek neer te sit.

Is jy geneig om onekonomies met woorde te werk?

Die liefde: Dis Wetenskap én waansin (13)

RAAD:

Kyk mooi na jou huidige verhoudings asook na dié van die verlede. Wat is die ooreenkomste tussen hulle? Hoekom was jy in die eerste plek tot die persoon aangetrokke? As jy kan uitvind, sal jy dalk net jou bloudruk vir die liefde verstaan. Herken die patroon en moet jouself nie te kwaai kritiseer of veroordeel nie.

Onthou dat gesonde liefde onvoorwaardelik is. Sielkundiges sê mense wat die beste tot liefde in staat Lees voort

Hoe gee ek my storie interessante kinkels?

Nadat jy ‘n hele aantal boeke publiseer het, raak jou idees ‘n bietjie dun om die lyf. Dis wanneer jy alles moet uithaal om kreatief te bly. Ek het net gister hierdie oulike idee in een van Holly Lisle se boeke oor skryf raakgelees:

Maak vir jou ‘n lêer vol van brokkies wat jou kreatiewe sappies weer aan die gang sal kry: Tydskrifartikels, enigiets vanaf die internet wat jou oog vang, advertensies, aanhalings, prentjies … jy kry seker die idee. Dit hoef nie enigsins iets met jou storie te doen te hê nie. Dis juis daardie aweregse iets wat jou storie ‘n interessante kinkel kan gee. Oorweeg elkeen en dink of dit dalk ‘n gebeurtenis of ‘n onderwerp van bespreking in jou boek kan wees. Gebruik dit soos mens speserye by kos gooi: ‘n bietjie van dit, ‘n knypie van daardie en ‘n skeutjie van nog iets net vir die lekkerte … h’mm … my brein werk alreeds in hoogste rat!

Wanneer jou muse weer wegkruip, ruk jou idee-lêer uit en siedaar!

Wat dink julle hiervan?

Kan ‘n mislukte manuskrip ‘n goeie ding wees?

Ons het gesels oor ons vrees vir mislukkig, maar wat nou as dit werklik gebeur? Wat doen jy as jou manuskrip weggewys word, of heeltemal uitmekaar getrek word deur kritici?

Wanneer jy op die golf van sukses ry, loop jy gevaar om te vol selfvertroue te raak en dis moontlik dat jy dan nie werklik meer jou beste probeer nie. Jy oorweeg nie meer elke woord en elke aksie van jou karakters soos jy moet nie. Of jy raak oorversigtig en wil alles perfek hê en voor jy jou kom kry, is die spontaniëteit uit jou werk uit.

‘n Mislukking kan jou terugbring aarde toe en kan jou dwing om jou gekose pad te bevraagteken en te heroorweeg. Daardie heroorweging kan dalk ‘n positiewe draaipunt in jou kreatiewe werk wees.

Dink jy ook dat ‘n mislukking of twee goed kan wees vir ‘n skrywer?

Vrees vir mislukking

Ons kry so dikwels noodroepe van aspirantskrywers wat begin met die woorde: “Ek weet nie of my werk goed genoeg is nie …” ‘n Vrees vir mislukking is seker die een vrees wat feitlik elke mens mee worstel. Vandat jy baie klein is, word jy beloon as jy goed doen en bestraf indien nie. Almal van ons soek die beloning en vrees die bestraffing. Hier op hierdie einste blog hoor ons daagliks skrywers melding maak van daardie gevreesde verslag van die redakteur of resensent. Die enigste manier om daardie vrees te oorkom, is om rondom dit , dwarsdeur dit en bo-oor dit te gaan en die kans te waag. Soms moet jy dit onderdeur spring ook. Komaan, waag daai kans, skryf daardie boek wat lankal in jou kop broei en STUUR DIT IN vir ‘n uitgewer of daardie kompetisie met die lekker prysgeld wat in die koerant was. Wie nie waag nie …