LENTESKOOL VIR SKRYWERS VAN ROMANTIESE FIKSIE

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit in samewerking met
NB-Uitgewers bied van 30 Augustus tot 1 September 2012 ‘n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Hester Carstens, Hans du Plessis, Sophia Kapp, Amelia Strydom en personeel van NB-Uitgewers en die ATKV-Skryfskool gaan as aanbieders optree en fokus op die skryf van die liefd…esverhaal.

Hierdie slypskool, van drie dae, op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is ʼn praktiese slypskool vir enigiemand wat ʼn liefdesverhaal wil skryf. Die koste vir hierdie slypskool is R2 500 per persoon. Deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa en alle etes (behalwe ontbyt) is ingesluit. Beperkte hoeveelheid verblyf is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).

Kursusgangers moet asseblief ’n kortverhaal met ‘n romantiese strekking (ongeveer
1 500) woorde of ‘n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum op Vrydag, 17 Augustus 2012 aanstuur na: Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of stuur ‘n e-pos aan Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.
Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

Verveel jy jou lesers met onnodige beskrywings?

Wanneer ek lees, lees ek skoon bo-oor lang beskrywings, want ek soek STORIE en niks anders nie! Daar is glo net twee redes om enige beskrywings in jou storie in te voeg:

  • Om jou leser sensories in die storie in te trek
  • Omdat die beskrywing absoluut noodsaaklik is om jou storie voort te dryf

Die oomblik wanneer jy daardie begeerte kry om iets te beskryf, vra jouself af of jy dit doen om enige van bogenoemde twee redes. Indien nie, laat staan!! Beskrywings om enige ander redes gaan jou leser net irriteer, of oormekaar laat kyk van pure verveling.

Gaan lees gerus hierdie interessante gedagtes oor karakters en hul dinge …

Nadia de Kock

Skrywers kan nie van lesers verwag om ‘n goeie klompie ure van hul lewens saam met vervelige karakters deur te bring nie. Karakters máák ‘n storie. Die protagonis mag nie ‘n wimp wees nie en die antagonis bloot skuldig aan swak gedrag nie (in Sol Stein, beroemde redakteur, se woorde ; “a weak-willed protagonist” of ‘n antagonis wat “merely badly-behaved” is).   In die regte lewe is wimps vervelig en in fiksie verhoed hulle lesers om die storie te geniet. Vergeet dus van ordinêre karakters. Die skrywer moet mense skep wat so spesiaal is dat die leser verlief raak;  hy moet aan die karakter dink en haar mis wanneer hulle nie saam is nie, haar onthou lank nadat die verhouding beëindig is.

Karakters wat behoorlik ontwikkel is, léwe en die intrige is bloot hoofstukke in hul lewens. Dink maar terug aan stories wat jy geniet het. Wat onthou jy? Ek wed jou dis…

View original post 543 more words