Wil jy graag leer hoe om ‘n romanse te skryf?

Hier is net die ding vir jou:

e-Poskursus in die skryf van Romanses
Boekhart

Wil jy graag ‘n skrywer word? Wou jy nog altyd leer hoe om heerlike romanses te skryf wat jou lesers se tone sal laat krul van pure lekker? Hier is jou kans om in die gerief van jou eie huis oor ses maande te leer presies hoe dit gedoen word.

Die kursus is nie akademies van aard nie, maar dis ’n interaktiewe proses waartydens jy op ‘n informele en praktiese manier gelei word om daardie storie-idee wat al so lank in jou woel, te ontwikkel en neer te pen. Tydens die kursus leer jy als wat jy nodig het om jou eerste romanse te beplan en te begin skryf onder leiding van ervare romanseskrywer, Madelie Human.

Vir meer besonderhede, kontak my per e-pos by madeliehuman@lantic.net