e-Poskursus in die skryf van Romanses

Boekhart

 

Wil jy graag ‘n skrywer word? Wou jy nog altyd leer hoe om heerlike romanses te skryf wat jou lesers se tone sal laat krul van pure lekker? Hier is jou kans om in die gerief van jou eie huis en teen jou eie tempo te leer presies hoe dit gedoen word. Lees voort

Advertisements

ATKV Lenteskool vir die skrywers van romantiese fiksie

 

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met LAPA- en NB-Uitgewers en Malan Media, bied van Donderdag 5 tot Saterdag 7 September 2013 ‘n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Bekende skrywers Sophia Kapp, Amelia Strydom, Anna Penzhorn en Magdaleen Walters, asook uitgewers Charlene Hougaard, Hester Carstens en Daleen Malan, tesame met personeel van die ATKV-Skryfskool, gaan as aanbieders optree en fokus op die liefdesverhaal.

 

Hierdie slypskool, van drie dae, op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is ‘n praktiese slypskool vir enigiemand wat ‘n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 500 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ‘n onthaal op Vrydagaand 6 September. ‘n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).

 

Voornemende kursusgangers moet ‘n kortverhaal met ‘n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of ‘n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ‘n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 23 Augustus 2013 aanstuur na Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

 

Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.

 

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!