Die belangrikste bestanddeel van skryfsukses …

… is NIE skryftalent nie, maar die een ding waarsonder ‘n skrywer kan vergeet van enige sukses, is deursettingsvermoë.

Dis so maklik om nadat jou eerste poging ‘n ongunstige ontvangs by ‘n uitgewer beleef het, moed op te gee en te dink dit sit eenvoudig nie in jou broek om te kan skryf nie. Dis diesulkes wat weer opstaan na teleurstelling en weer probeer, wat uiteindelik sukses behaal. Lees voort

Skryf issie vir sissies nie.

Rykie het vroeër in die week gesê: “Skrywers word nie celebs nie, die papparazi jaag hulle nie en die handtekeningjagters soek hulle nie.”

Sy was reg.

Veral as jy Afrikaanse romanses skryf.

Skryf is harde, eensame werk vir min geld, het ek weereens laasnag besef toe ek om middernag agter my rekenaar inskuif omdat die skryflus my uit die bed gejaag het en omdat my boek eintlik lankal moes klaar gewees het. Lees voort

Leer ken jou karakters

Deskundiges stem saam dat ‘n skrywer sy karakters baie goed moet leer ken. Hy moet selfs meer weet oor die karakter as wat hy in die verhaal oor hulle laat blyk. Hy moet weet hoe hulle aanmekaar gesit is en hoe hulle oor dinge dink. Met daardie kennis is dit veel makliker om jou karakters geloofwaardig te laat optree. Hieruit vloei Lees voort

Om iets te skep

Op die vraag waarom hulle skryf, antwoord skrywers dikwels dat hulle nie anders kan nie. Dis egter nie altyd duidelik wáárom die persoon nie anders kan nie. Die drang om te skep is nie iets wat maklik verklaar kan word nie. Ekself ondervind dat ek eenvoudig net diep ongelukkig en moedeloos raak as ek vir ‘n tyd nie skryf nie. Na Lees voort