‘n Kersgeskenk van jouself aan jouself!

geskenkBederf jouself met iets wat jy nog altyd graag wou doen: Leer hoe om liefdesverhale te skryf. Koop ‘n e-poskursus wat jy maklik in jou vrye tyd kan afhandel binne ‘n paar maande. Klik hier bo op SKRYFSKOLE en kontak my per e-pos vir meer besonderhede.

Advertisements

Drie weergawes

‘A friend of mine says that the first draft is the down draft –
you just get it down.
The second draft is the up draft – you fix it up.
You try to say what you have to say more accurately.
And the third draft is the dental draft,
where you check every tooth,
to see if it’s loose or cramped or decayed,
or even, God help us, healthy.’

Anne Lamott

How to make a living as a writer (1)

I’m going to make this very simple: The secret to making a living wage as a writer lies in two words: volume and variety. Today let’s talk about the first one.

Volume

The biggest mistake writers make with respect to their “publishing dreams” is hoping for that one big break that’s going to change their lives, allow them to quit their job, and propel them into the life of the full-time writer.

Making money in this business, for the vast majority of writers, isn’t about having one huge hit. Or even two huge hits. Instead, it’s about building a career, book by book, and building an audience that wants more of your books.

Writers begin to see a “living wage” when they have a stack of Lees voort

Wat om NIE te doen nie!

Hier is ‘n fantastiese humoristiese stuk oor wat ‘n skrywer MOET doen om NIE ‘n sukses te wees nie.
Ignoreer maar net die verwysings wat nie direk op SA betrekking het nie, en geniet die res!

http://www.guardian.co.uk/books/booksblog/2006/nov/06/hownottowriteanovelaste?fb_action_ids=3138456134193%2C10150604101611036&fb_action_types=news.reads&fb_source=other_multiline

 

 

 

Alweer tyd vir die ATKV-Skryfskool!

Die ATKV-Skryfskool van die NWU is al mondig, maar een van sy oudste projekte, die Herfsskool, bly ’n immergroen affêre.
Van 19-23 Maart 2012 maak ons weer so – flikflooi ons weer met die woorde.
Bekroonde en bekende skrywers wat ook boeiende geselsers is, soos P.G. du Plessis, Hans du Plessis, Deon Meyer en Piet Steyn, kom gee inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as prosaskrywers. Die besonder gewilde Tim du Plessis en Blouwillem Theron word die kuns van prikkelende rubriekskryf afgevra. En digter Martjie Bosman en sanger Herman van den Berg Lees voort

2011 in oënskou!

The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2011 annual report for this blog.

Here’s an excerpt:

The concert hall at the Sydney Opera House holds 2,700 people. This blog was viewed about 8,500 times in 2011. If it were a concert at Sydney Opera House, it would take about 3 sold-out performances for that many people to see it.

Click here to see the complete report.

‘n E-pos kursus in die skryf van Liefdesverhale

Dr Jeanette Ferreira bied ‘n kursus in die skryf van liefdesverhale aan. Die koste daaraan verbonde is R 3 000. Elke kursusganger werk op haar eie tyd en kry individuele aandag. Hier is die besonderhede soos dr Ferreira dit aan ons deurgegee het:

“In roman op roman wat ek redigeer, sien ek die skrywer het werklik talent maar sou net soveel makliker kon werk en ek sou net soveel minder daaraan hoef te torring as daar behoorlike beplanning was voor sy begin werk het. Meer tegniese sake soos fokalisering, tydsaanduiding, showing en telling, geloofwaardige karakterisering, kan net soveel makliker hanteer word as die skrywer vooraf daarvan bewus was en genoeg oefening ingesit en genoeg terugvoer gekry het. Lees voort

So leer ‘n mens …

Lenteskool voorlegging

Hierbo is die skakel na my poging by verlede jaar se skryfskool vir liefdesverhale op Potch. As jy daarop kliek, gee dit jou ‘n keuse in watter program jy dit wil oopmaak. Kies PowerPoint, dan sal jy die skuifiereeks kan sien.
Die praatjie was nie bedoel om voorskriftelik te Lees voort

Konflik – laag op laag.

Vir enige skrywer, hetsy jy ‘n beginner of ervare is, bly dit ‘n uitdaging om die konflik in jou verhaal geloofwaardig deur die verloop van jou boek te laat ontplooi. Kate Walker, ervare romanseskrywer vir Mills & Boon, sê jy moet die verskillende aspekte van die konflik tussen die karakters geleidelik aan jou leser bekendmaak. As jy wil hê die konflik in jou boek moet die emosionele impak hê wat uitgewers en redakteurs soek, moet die leser dit laag vir laag, soos met die afskil van ‘n ui, ontdek, dan sal hulle jou boek nie kan neersit nie.

Gaan lees gerus hierdie artikel op haar blog, dis die moeite werd:

http://kate-walker.blogspot.com/2010/07/conflict-layering-it-through-book-onion.html

Die belangrikste bestanddeel van skryfsukses …

… is NIE skryftalent nie, maar die een ding waarsonder ‘n skrywer kan vergeet van enige sukses, is deursettingsvermoë.

Dis so maklik om nadat jou eerste poging ‘n ongunstige ontvangs by ‘n uitgewer beleef het, moed op te gee en te dink dit sit eenvoudig nie in jou broek om te kan skryf nie. Dis diesulkes wat weer opstaan na teleurstelling en weer probeer, wat uiteindelik sukses behaal. Lees voort

Om te ‘show’ of om te ‘tell’.

Ons het al ‘n paar keer hieroor gesels, maar dit is inderdaad so belangrik en so ‘n groot uitdaging dat ons dalk weer idees kan uitruil en so mekaar kan help.

Die korrekte balans tussen show en tell is dalk een van die moeilikste dele van skryf . As jy te veel vertel, raak jou storie langdradig en die leser gaap. Maar daar is wel tye wanneer dit meer sin maak om te vertel. Byvoorbeeld wanneer die leser sekere inligting nodig het oor die storiewêreld of karakters. Dit help ook Lees voort

ATKV skryfskool vir romantiese fiksie 2011

Ons merk op dat baie besoekers aan die blog na inligting oor skryfskole soek. Daar word wel ‘n lenteskool vir die skryf van romantiese fiksie by die Potchefstroomse Universiteit beplan vir vroeg in September. Sodra ons die finale reelings en die besonderhede van hulle af ontvang, sal ons dit hier plaas. Byt net ‘n bietjie vas!! Loer gerus weer in en gesels saam.