‘n Goeie begin …

Met my Kindle het ek op ‘n splinternuwe lekkerte afgekom (dis nou bykomend by die lekkertes van gerief en gemak en vinnige aflaai van aankope plus die gevaar van baie maklik baie geld uitgee) – die opsie wat Amazon ‘n mens gee om ‘n gratis 10% sample van enige boek af te laai en te lees. Die Afrikaanse boeke wat beskikbaar is, is nog maar baie min en Lees voort

’n Sterk hoofkarakter

Soms kan skrywers nie verstaan hoekom uitgewers nie van hulle stories hou nie. Een rede vir die wegwysing van ’n boek kan wees omdat jou hoofkarakter nie sterk genoeg oorkom nie.

“The main character must lead, must be proactive, must have something to do, a goal to strive for from page one. Publishers and agents pass over heroines who simply react to situations forced upon them.”  Jen Black

Sny alle onnodighede uit

Ons het al vantevore gesels oor hoe om ekonomies met woorde om te gaan wanneer jy skryf. Judy Croome, ‘n Suid Afrikaanse skrywer van Engelse romanses, het hierdie insiggewende artikel op hulle blog geplaas. Gaan lees gerus wat sy daar sê. Al is dit in Engels, is alles ook vir Afrikaanse skrywers van toepassing:

http://www.romancewriters.co.za/writing.html