Daardie eerste sin

Die eerste sin kan ‘n leser lus maak vir die boek – of die boek laat toeklap. Lesers is ook haastige mense en min het die tyd om ure in boekwinkels deur te bring. (Al wens hulle almal hulle kon.)
Ons het al gepraat oor die belang van die eerste paragraaf. Wel, die eerste sin baan natuurlik die weg vir die eerste paragraaf om sy werk te doen – of nie.
Hieronder is die eerste sinne uit ‘n klompie Afrikaanse boeke wat ek sommer Lees voort

Advertisements

Uit die pen van ‘n kenner

Lees gerus wat Helene de Kock onlangs in Rapport gesê het oor ontspanningsfiksie:

Tolstoy het toeka al gesê daar is net goeie en slegte boeke. Dit geld ontspanningsliteratuur ook.

Wat verstaan mens onder ontspanningsromans? Vroeër is dit goeie gewilde prosa genoem. Deesdae word van genrefiksie gepraat, waaronder verhoudingsromans, liefdesverhale, romanses, spanningsromans.

Uiterste leesbaarheid, meen Tom Gouws, is vir populêre prosa ’n voorvereiste. Dit kan en dit moet ’n storie vertel. ’n Stewige storie ook! Die meesterskrywer Lees voort

Moontlike bronne van konflik

Toe ek hierdie lysie so bekyk, besef ek enige van die dinge wat genoem word, kan lekker ingespan word om oortuigende konflik in ‘n romanse in te bou. Hulle sal ook lekker werk as karaktertrekke van die hoofkarakters.
BELANGRIKE VRAE VOOR JY TROU:
‘n Firma in London wat in gesinsreg spesialiseer, sê paartjies moet meer oor mekaar uitvind voordat hulle trou. Jy moet uitvind of jou toekomstige lewensmaat enige verslawings het, bv. inkopies of pornografie. Nie dat jy die persoon gaan los nie, maar jy sal net Lees voort

Die litmus-toets

In een van sy vroeë kortverhale sê Chris van Wyk hy meet sy stories aan die litmus-toets. In Engels is dit die volgende: listenable, interesting, telling, meaningful, unusual, strange. In Afrikaans vertaal kom dit seker neer daarop dat die storie sag moet val op die oor van ‘n luisteraar as hy voorgelees word (soos nou gedemonstreer deur die voorlees van Rykie Roux se Satynprinses); moet interessant wees; dit moet iets bekendmaak, hetsy oor die menslike psige of die lewe self; dit moet iets beteken vir die leser; dit moet ongewoon wees, of miskien buitengewoon(?); dit moet vreemd wees (laasgenoemde miskien in terme van ‘weird’).

Sal mens die Romanza-riglyne daarmee kan versoen? Elke skrywer probeer alles in sy/haar vermoë om oorspronklik te wees, al handel die storie oor doodgewone mense in doodgewone omstandighede. Mens probeer een aspek daarvan uitsonderlik maak, of gee die storie ‘n kinkel wat die pad na die voorspelbare einde minder voorspelbaar maak. Ongelukkig werk ons nie met kortverhale nie, maar wel met ‘n veel langer teks. Miskien is dit raadsaam as ons as skrywers meer aspekte van ons verhale meet aan hierdie toets.

Op die keper beskou klink dit vir my na ‘n nekbreker, want ek probeer dan so hard om my karakters geloofwaardige, elke-dag mense te maak. Ongelukkig vind ek toenemend dat werklike mense alles behalwe gewoon en alledaags is! Soms is die werklikheid regtig vreemder as fiksie!

Nou wonder ek net: Hoe doenbaar sal dit wees om elke aspek van jou storie so te meet? En hoe leesbaar/geloofwaardig gaan dit jou eindproduk maak?

Wat wil die leser in moderne fiksie sien?

Moderne fiksie verskaf ‘n medium waardeur mense se lewens geraak kan word.

Ek het al gehoor mense praat van die ‘magic’ tussen die bladsye van ‘n boek en ek glo elke skrywer strewe daarna. Wat sit vir jou daai ‘magic’ in ‘n boek?

Ek dink as jou karakters eg is en tydens die verloop van jou storie werklike probleme, drome, verwagtinge en hul eie swakhede die hoof moet bied, dan kan lesers identifiseer met hulle. Die lesers wil lees van mense met foute en swakhede, wat nodig het om lewenslesse te leer, ou wonde te heel en moet leer om hulself te kan vergewe, voordat hulle werklik kan leer om ‘n ander waarlik lief te hê.

Die woord ‘leer’ kom baie hier voor, nie waar nie? Dit impliseer dat die verloop van die boek ‘n groeiproses vir die karakters moet wees. Jou karakters moet tydens die ontplooiing van die verhaal as mense ontwikkel.

Ek dink bogenoemde is universele temas wat mense van oraloor kan aanraak. Wat sê julle?

Hou jou tenkie vol!

Skryf is vir my sinoniem met GEE. Jy gee nie net met jou verstand nie (behalwe dalk as jy akademies skryf), maar ook met jou hart. Natuurlik veral as jy romantiese fiksie skryf, omdat emosie so ‘n belangrike deel van ‘n liefdesverhaal is.
Niemand kan net aanhou gee as hy nie ook van êrens af ontvang nie. Dis nie ‘n moeilike som nie – as die dam net ‘n sluis het en geen invloei nie, gaan hy leeg raak.
Ek dink dis ‘n skrywer (eintlik enige mens!) se plig om Lees voort