Skryfwenke

groot potlood

Goeie nuus aan alle skrywers: (mens kan altyd iets nuut byleer!)

‘n Klompie ervare skrywers het ingewillig om op ‘n gereëlde basis vir ons hier skryfwenke te plaas.

Kom loer dus altyd op hierdie bladsy wanneer jy ons blog besoek.

Lekker skryf!!

Advertisements

6 comments on “Skryfwenke

  1. Destyds het Lapa ons aangeraai om ‘n “word frequency counter” te gebruik wanneer ons aan die einde van ‘n manuskrip kom. Vir my bly dit wonderlike raad, want as jy sien jy het (byvoorbeeld) die woord “wenkbrou” 54 keer in jou storie gebruik, kom jy skielik agter dat jou held tot vervelens toe sy wenkbrou optrek. Dit is baie irriterend, vir die leser sowel as die skrywer, want die leser raak siek en sat vir ‘n man wat onophoudelik sy vervelige wenkbrou staan en optrek, en die skrywer is verslae omdat sy nooit besef het wat sy aangevang het nie. Wanneer jy dan van die herhaling probeer ontslae raak, kom jy meermale af op ander lekker maniere om die man se verbasing / onthutsing / meerderwaardigheid ensovoorts uit te druk. Dit werk vir my.

    Deesdae is daar baie “word frequency counters” op die internet beskikbaar. Google dit op die internet en probeer ‘n paar voordat jy besluit watter een jou pas. Dis gratis, en dis maklik om te gebruik: Jy volg net die instruksies op die skerm.

  2. Dis ‘n goeie hulpmiddel. Behalwe as die optrek van die wenkbrou ‘n spesifieke karakter eienskap is wat juis dui op een of ander dalk verskuilde emosionele blokkasie by die persoon wat juis die wenkbroue optrek…

  3. Is daar soiets in Afrikaans? – die “word frequencey counter” – dit sal nogal gaaf wees as mens soiets in Afrikaans kan “down load”.

  4. Ek wonder altyd of ek nie te veel vertel en my karakters te min dialoog toelaat nie. wat is die ongeskrewe reël? of is daar ‘n definitiewe feit?

    • Ina, beskrywings behoort nie meer as 40% van jou werk te beslaan nie, want die meeste lesers lees agter die dialoog aan. Dis die ding wat die storie voortdryf. Dis egter nie ‘n vaste reël nie, want baie skrywers pas die teenoorgestelde baie suksesvol toe. Solank die beskrywings nie in ellelange paragrawe gedoen word nie.

  5. Baie dankie vir terugvoer, dit gee my insig en nou weet ek hoekom ek baie keer lees en sommer bladsye oorslaan. Asof ek nie belangstel in die inligting nie… Ek gaan dit vermy… Ina

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s