Heerlike skryfkompetisie vir jonk en oud!

Gou speel, die sluitingsdatum is die einde van hierdie maand!

Advertisements

Weet jy wat uitgewers wil hê?

PublishedEk kry so dikwels te doen met aspirantskrywers wat eenvoudig hulle eie ding wil doen en nie ‘n saak het met wat uitgewers eintlik verlang nie. Hulle reken dat hulle skryfsels so uniek is dat uitgewers oor hulle voete sal val om dit uit te gee. Wel, dit mag so wees, maar 99% van die tyd is dit NIE SO NIE!!

Dit maak nie saak in watter genre jy skryf nie, vind eers uit of daar wel ‘n aanvraag vir so iets is. Skryf is harde werk en neem maande en selfs jare se tyd in beslag. Wil jy al daardie harde werk doen net om uit te vind niemand stel daarin belang nie?

Deesdae is die opsie van selfpublikasie natuurlik daar, maar die punt is; as ‘n uitgewer nie daarin belangstel nie, is die kanse bitter skraal dat lesers dit sal koop in elk geval.

Alle uitgewers het webwerwe waar hulle duidelik uitspel watter genres hulle uitgee en wat hul vereistes daarvoor is. Dis baie dom om heen te gaan en maande te spandeer om iets te skryf wat net in jou onderste laai gaan stof opgaar oor die jare.

Gaan besoek ‘n goeie boekwinkel en kyk watter uitgewers gee wel die soort boek uit wat jy lus is om te skryf. Kyk veral na hul jongste uitgawes, want dis waarna hulle tans soek. Lees stapels van daardie boeke en vergewis jouself van wat daar buite aangaan voordat jy halsoorkop inboender in iets waaarvan jy dalk eintlik nie veel weet nie. Moenie dom wees nie – vind uit wie stel belang in die soort boek wat jy wil skryf en wat die vereistes daarvoor is voordat jy baie bloedsweet daar insit. LEKKER SKRYF!!