Om te ‘show’ of om te ‘tell’.

Ons het al ‘n paar keer hieroor gesels, maar dit is inderdaad so belangrik en so ‘n groot uitdaging dat ons dalk weer idees kan uitruil en so mekaar kan help.

Die korrekte balans tussen show en tell is dalk een van die moeilikste dele van skryf . As jy te veel vertel, raak jou storie langdradig en die leser gaap. Maar daar is wel tye wanneer dit meer sin maak om te vertel. Byvoorbeeld wanneer die leser sekere inligting nodig het oor die storiewêreld of karakters. Dit help ook om die tyd vinniger te laat verbygaan – ons kan mos nie elke oomblik beskryf nie. Of wanneer dit eenvoudig net te lank (en vervelig) gaan wees om te ‘show’ wat gebeur. Om te ‘tell’ is wonderlik om inligting oor te dra, maar glad nie goed vir emosionele belewing nie.

Maar… showing is beslis beter. Dit gee enige toneel soveel meer emosionele inpak. Omdat ons romanse skryf is die fokus op emosie en nie vreeslik baie inligting soos in ’n spanningsverhaal nie. Daarom is dit beter om te wys hoe die karakters iets beleef eerder as om te skryf: ‘Sy was baie vies.’ Ons wil ons lesers elke karakter-, verhouding-, en storieontwikkeling laat beleef. Dit kan ons as skrywers nie doen as ons die storiewêreld of tema verduidelik nie. Ons moet ons karakters toelaat om hulle diepe ervaringe op die bladsye uit te leef en so die lesers saam te laat voel.

Hoe gaan jy te werk om eerder te ‘show’ as om te ‘tell’? Edit jy na die tyd? Of skryf jy dit in van die eerste draft?

Advertisements

7 comments on “Om te ‘show’ of om te ‘tell’.

  1. Ek probeer van die begin af show, eerder as vertel, maar voor ek my kan kry het ek ‘n ellelange relaas vertel. En soms DINK ek ek show en laat dinge met die karakter gebeur, dan is die blessit universele, alsiende verteller weer iewers in die prentjie en vertel die goete van buite.
    Nes mens dink jy weet hoe, gebeur iets wat jou WYS jy weet nog glad niks. Ai, dis swaar om te leer!

  2. Jy’s reg, Bets, om te leer is ongemaklik, want jy moet iets wat natuurlik kom, verander sodat dit kan wees soos dit hoort. Jy moet uit jou gemaksone beweeg en om ‘n storie bloot te wil vertel, kom seker natuurlik.

    Iets wat kan help, is om voordat jy ‘n toneel skryf, te besluit watter aksie in hierdie toneel gaan plaasvind en watter konflik die aksie gaan dryf. Wanneer jy konflikgedrewe aksie het, kan jy eenvoudig nie verval in ‘n vertellery nie, dan gebeur dinge daar op die bladsy.

  3. Op bladsy 56 van die nuutste Vrouekeur (24 Junie 2011) gee Willie Burger ‘n kort uiteensetting van wat hy noem die vrye indirekte rede. Dit hou baie verband met wat ons fokalisering noem, asook met die verskillende tipe vertellers. Hy illustreer dit aan die hand van ‘n kort uittreksel uit Marlene van Niekerk se Triomf. Ek haal aan:
    “Die effek daarvan is … onder meer dat dit die afstand tussen die verteller en die karakters verklein. ‘n Mens kan byna nie tussen die verteller en die karakters onderskei nie en hoewel ‘n eksterne verteller deurgaans vertel, ervaar die leser die wêreld van die Benades as’t ware vanuit die onderskeie karakters se bewussyn. Dit bring die leser wel baie naby aan die karakters, maar die moontlikheid om mistastings van die karakters te herken, om die ironie van situasies te begryp, wod daardeur moontlik gemaak.”
    En hier het ons sommer ‘n klein illustrasie van die lastigheid van herhalende woorde in ‘n sin ook … 🙂

  4. Ek dink ek moet weer gaan studeer, of ek moet die woordeboek opswot. Hier in die middel van my brein sit ‘n hengse groot gat, amper soos ‘n black hole in die ruimte, wat alle nuwe inligting insluk, absorbeer, EN LAAT VERDWYN. Dit verteer nie om deel te word van my kennis nie, dit VERDWYN net vir ewig.

  5. Ek het die artikel gelees en dit nogal baie interessant gevind. Miskien is die groot gat in die middel van die brein net lig-swart. Nou weet ek ook wat vrye indirekte rede beteken. Dit beteken as die kinders daarvan hoor sit die Engelse juffrou met moeilikheid vir wanneer sy opstelle en language-vraestelle moet nasien.

  6. Terug pieng: Linelle Venter gee raad aan voornemende skrywers | LAPA Uitgewers

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s