Wat maak mense regtig gelukkig?

Die miljoen dollar vraag wat mense al vir eeue besig hou: Wat is die sin van die lewe en wat kan die mens die gelukkigste maak?

Vind mens die antwoord in geld en roem, of is die antwoorde in boeke te vinde? Indien wel, in watter soorte boeke soek jy daarna? Miskien is jy een van die wat dink verhoudingsromans is oppervlakkig en dan lees jy veel eerder spanningsverhale of speurverhale. Jy spandeer  dus eerder graag tyd om uit te vind hoe die koppe van die ‘bad guys’ werk, want dis interessanter, of wil jy liewer meer leer oor hoe mense verhoudings maak werk? Miskien is die oplossing nie heeltemal so eenvoudig nie, maar is dit werklik so  ingewikkeld dat die mensdom al vir eeue lank  na oplossings moet soek?

Dit wil mos nou vir my lyk die oplossing is binne ons almal se bereik, ons moet dit net nie op die verkeerde plekke gaan soek nie.

Kyk gerus na hierdie video en besluit self waaraan jy van nou af meer tyd gaan spandeer om ’n belegging in jou eie geluk te maak.