e-Poskursus in die skryf van Romanses

Boekhart

 

Wil jy graag ‘n skrywer word? Wou jy nog altyd leer hoe om heerlike romanses te skryf wat jou lesers se tone sal laat krul van pure lekker? Hier is jou kans om in die gerief van jou eie huis oor ses maande te leer presies hoe dit gedoen word.

Die kursus is nie akademies van aard nie, maar dis ’n interaktiewe proses waartydens jy op ‘n informele en praktiese manier gelei word om daardie storie-idee wat al so lank in jou woel, te ontwikkel en neer te pen. Tydens die kursus leer jy als wat jy nodig het om jou eerste romanse te beplan en te begin skryf onder leiding van ervare romanseskrywer, Madelie Human.

Vir meer besonderhede, kontak my per e-pos by human.madelie@gmail.com

Advertisements

7 comments on “e-Poskursus in die skryf van Romanses

  1. Madelie Humman
    Ek is 99% seker om in te skryf vir die skryf kursus. Baie dankie vir U aandag en tyd. Die webwerf beindruk my. Die opregtheid en eerlikheid van vier skrywers is aangenaam om te ervaar. Ek is seker die skrywers weet waarvan hulle skryf. Baie dankie. Harold Pieters haroldpieters47@gmail.com

  2. Ek wonder net of ‘n stowwerige, gryskop bibliotekaresse, wie meer in moord en doodslag belanstel, nog enigsins kans op redding het. Is ‘n passie vir lees hoegenaamd ‘n kwalifikasie op pen op papier neer te sit en ‘n sukses te maak?

    • ‘n Passie vir lees is ‘n voorvereiste!! En wanneer jy skryf, moet jy verkieslik skryf in die genre wat jy die graagste lees! Ek sou sê bibliotekaresses maak baie goeie skrywers, want julle weet wat die lesers soek!

  3. Ek het so baie manuskripte wat hier lê. Ek kon al deur Kwarts drie publiseer en is ook tans besig met ‘n skryfkursus deur Die Skryfbesigheid. Ek is absoluut mal oor jou boeke en verslind hulle so vinnig op 🙂

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s