Seisoen van liefde en troues ….

Nog ‘n Maandag is hier en ons beweeg al hoe nader aan Kerstyd. Dit is ook daardie tyd van die jaar wat wit rokke, pragtige skoene en happily ever afters (ons hoop) al hoe meer te siene is. In die 2006 fliek, Aquamarine, sê een van die karakters dat liefde die naaste ding aan towerkuns vir die mensdom is.

En wat is ‘n mooier viering van liefde as ‘n verlowing? Wat was die mees romantiese verlowing wat jy al ooit self beleef, gesien het in ‘n fliek of raak gelees het?

Die een waaroor ek mal is, Runaway bride, waar die heldin Maggie Carpenter – die held Homer Eisenhower Graham (Ike) se woorde net so aan hom herhaal. Dit is hier onder, maar kortweg sê sy liefde is harde werk, maar dis ook die moeite werd.

Runaway-Bride-wedding-movies-7428787-1024-768Runaway-Bride

Die groot vraag in Runaway bride!

look-i-guarantee-there-ll-be-tough-times-i-guarantee-that-at-some-point-one-or-both-of-us-is-gonna-want-to-get-out-of-this-thing-but-i-also

View original post

Romanza en skeptiese feministe

Ware woorde!

’n Genre wat fokus op die liefdesverhouding  tussen ’n  man en ’n vrou laat gereeld wenkbroue  lig, nie net by meeste mans nie, maar ook by vroue wat selferkende  feministe is.

Die perfekte oplossing (Hoëres)

Volgens die patriargale sisteem is ’n vrou  eers ’n volwaardige persoon nadat sy die titel van mevrou bygekry het. Indien sommige vroue dus romantiese  fiksie  wil vermy is dit te verstane.

Maar ons bevind ons nou in die 21ste eeu waar feminisme nie meer ’n vloekwoord is nie en feministe  ook nie meer hulle bra’s verbrand en hulle beenhare laat groei nie. Kaalvoet en pregnant is  by die deur uit saam met die siening dat ’n butch-voorkoms jou onafhanklikheid beklemtoon.

Janice Radway, ’n kenner op die gebied van romantiese fiksie,  se navorsing bewys dat feminisme eintlik ’n subversiewe  genre is omdat die skrywer  (en die leser)  mans skep soos vroue hulle wíl hê en nie soos hulle werklik is…

View original post 412 more words