Dagboek van ‘n romanseskrywer (13)

Die gevreesde brief van die uitgewer het toe gekom. Ja, hulle kom altyd uiteindelik – al is die wag hóé lank! En dan ontdek jy heel moontlik jy is glad nie bly nie. Want nou moet jy hom oopmaak en lees … Nog een van die vele klein heldedade wat ‘n skrywer moet bemeester voor ‘n boek uiteindelik op sy rak kan staan.
En ja, die vreeslikheid het toe gebeur – die antwoord is NEE. Net om mooi te bewys ‘n skrywer kan nooit ooit op sy louere Lees voort

Advertisements

Alles net ‘n misverstand?

‘n Mens hoor soms die beskuldiging dat die spanning in romanses hoofsaaklik bestaan uit (belaglike) misverstande tussen die held en heldin. Die implikasie is dalk dat sulke simpel misverstande net deur dommerige skrywers vir dommerige lesers uitgedink kan word.
Lank gelede mag dit dalk so gewees het – ek weet nie. Vandag staan ons gelukkig nie meer daar nie. Vandag se romanseskrywer Lees voort

Wenners van die Romankompetisie

Iemand het onlangs hier gevra en hier is dit nou:

Die wenners van die Lapa Roman- en Jeugromankompetisie is Saterdagaand, 4 Maart, tydens ’n spoggeleentheid in Stellenbosch by die Rupert Museum aangekondig. Baie geluk aan die wenners in hul onderskeidelike kategorieë:

Jeugromankompetisie

Wenner (R25,000) Nanette van Rooyen (Ek was hier)

Twee naaswenners (R15,000 elk) Carina Diedericks-Hugo (Permanente ink)

Fanie Viljoen (Poenks)

Romankompetisie

Wenner (R100,000) Fransi Phillips (Net ’n lewe)

Naaswenner (R50,000) Marinda van Zyl (Vrypas na Vergenoeg

Vir wie skryf ek?

Geen skrywer kan ‘n woord op papier sit voordat jy nie doodseker gemaak het dat jy weet wie jou boek gaan lees nie. Jy moet weet vir wie jy skryf om te kan weet hoe om jou storie aan te bied.

Romanselesers is geensins meer net die verveelde huisvroue soos dikwels geïnsinueer word nie. Die romanseleser is ‘n intelligente vrou (of man) wat presies weet wat sy/hy tussen die bladsye van ‘n boek soek. Hulle standaarde is hoog en hulle verwag om nie net vermaak te word deur wat jy skryf nie, maar ook om uit hul alledaagse lewens weggevoer te word na ‘n plek waar geluk en liefde en ‘n gelukkige einde ‘n gegewe is.

Hulle verwag ook ‘n interessante, unieke storielyn wat goed deurdink is. Die suksesvolle romanseskrywer kan buite die boks dink, maar steeds binne die parameters van die romanse bly.

A tall order? Jip!

Moet nooit jou leser onderskat nie. Sy kan ‘n mediese dokter, ‘n advokaat of selfs ‘n professor in wiskunde wees. Mense uit alle lae van die samelewing lees romanses. Of dit nou ‘n tienermeisie of ‘n negentigjarige in ‘n ouetehuis is wat jou boek optel, sy weet wat sy in daardie boek wil sien en jy gaan haar nie ‘n rat voor die oë draai nie.

Doen dus deeglike navorsing en beplan ‘n storie wat enigeen se aandag gaan vasvang en behou tot op die laaste bladsy!!

Verlief in ‘n vakuum?

Onlangs lees ek van iemand wat sê in romanses raak die karakters binne ‘n vakuum op mekaar verlief. Wat my ‘n bietjie aan die dink gesit het. Is dit so? Moet dit so wees?
My gevolgtrekking is dat dit ‘n foutiewe stelling is – met ‘n stukkie waarheid daarin versteek. No man is an island … Niemand kan in ‘n vakuum bestaan nie. Elke mens leef tussen mense, word beinvloed deur mense, beinvloed op sy beurt weer ander mense. So ook binne die romanse. Daar is altyd ander mense ook in die Lees voort

Die liefde: Dis wetenskap én waansin (8)

SIMPTOME:

Van die simptome van verliefdheid kan soms meer sigbaar vir ander as vir die verliefde self wees, soos om so aanhoudend oor die geliefde te praat dat jy almal om jou skoon laat sug.

Sekere emosionele en fisieke simptome sal egter toon dat die verliefde homself op “’n glibberige liefdesafgrond” bevind soos bv. ’n bonsende hart , knieë wat jou letterlik lam maak en ’n tongknoop gestotter a la Hugh Grant-styl, die akteur wat immer as die onbeholpe romantiese held in chick flicks uitgebeeld word. Andersinds is jy dalk so sprakeloos dat jy net Lees voort

Dagboek van ‘n romanseskrywer (12)

Die wag word lank. Jy probeer hard om nie bewustelik te wag nie. Maar dit werk nie heeltemal nie. Jy begin droom van daardie brief van die uitgewer. Dis nie aangename drome nie …
Ek dink elke skrywer wonder op ‘n stadium wanneer hy dit kan waag om oor sy manuskrip navraag te doen by die uitgewer. (Philip de Vos het vertel hoe hy na ‘n jaar vir die uitgewer Lees voort

Daardie eerste vyf bladsye

Ons het al gesels oor waar om te begin, maar gister kry ons weer ‘n vraag oor begin skryf en hierdie leser vra: “Maar hoe begin ek?”

Ek antwoord toe ewe vinnig dat dit so goed is as om vir ‘n vlieënier te vra: “Hoe vlieg mens ‘n Boeing?” Ongeskik, nè?

Ek gaan nietemin probeer om kortliks oor die begin van ‘n boek te praat sonder om ‘n hele vliegles te probeer gee.  Jou eerste sin, eerste paragraaf, eerste hoofstuk moet jou lesers intrek en dit moet die verhaal opstel. Met ‘opstel’ bedoel ek net genoeg agtergrond gee sodat die leser kan weet waar dit afspeel, wie die karakters is, wat aangaan en hulle behoorlik nuuskierig maak oor wat hul moontlik verder kan verwag.

Eerste sin: Op engels praat ons van ‘n ‘hook’, want die eerste sin moet die leser so vasvang, dat sy nie die boek kan neersit voordat hy klaar is nie. Dit moet ‘n stelling maak of ‘n vraag vra wat die leser sal laat aanhou lees. Lees gerus meer oor sulke ‘hooks’ soos bespreek in die artikel ‘Lokval vir ‘n Leser’ onder ‘Artikels’

Waar begin ek?: Die storie moet midde-in ‘n toneel begin. Die karakters moet alreeds aan die gang wees met dit waarvoor hulle daar is. Natuurbeskrywings en mymeringe oor die verlede is uit, want die aksie moet begin. Dinge moet gebeur!

Agtergrond: Baie skrywers trap in die slaggat om eers die agtergrond van die verhaal te wil skets – dit is gewoonlik vervelig en die leser sit die boek neer. Agtergrondinligting kan stukkie vir stukkie later deurgegee word soos die leser nodig het om die dinge te weet.

Raad aan nuwe skrywers: Doen jou beplanning, gaan sit op jou agterent en skryf. Die eerste poging hoef nie perfek te wees nie. Hoe sal jy ooit weet of jy kan, as jy nie regtig probeer het nie? VASBYT!!

Is talent alleen genoeg?

Ek het eendag iewers gelees dat talent soos ‘n wilde perd is – pragtig en propvol potensiaal.  Om te voorkom dat die wilde perd net doelloos in die veld bly rondhardloop, het hy ‘n halter en ‘n toom nodig en hy moet  ingebreek word, voordat die ruiter hom in ‘n doelbewuste rigting kan stuur en hy van enige nut vir enigiemand kan wees.

Talent is slegs dit: potensiaal. Daardie vaardigheid waarvoor die skrywer die talent gekry het, moet ingeoefen en verfyn word om ten volle te kan ontwikkel. ‘n Skrywer het talent nodig, ja, maar dis nie al wat nodig is om ‘n suksesvolle boek te kan produseer nie. Die skrywer moet haar kunsvorm bestudeer en herhaaldelik inoefen om daardie talent te slyp en te ontwikkel. Ek het al gehoor dat skryfsukses uit 1% talent en 99% harde werk bestaan en het dit beslis self ervaar.

‘n Skrywer wat sê hy het nie nodig om ander skrywers se werk of boeke oor die skryfkuns te bestudeer nie, is nie baie slim nie. Hoekom die wiel van voor af probeer ontwerp as jy net op ou kennis kan terugval en voortbou daarop?

Die romanseskrywer en die held in haar storie.

Hoe kry die skrywer dit reg om ‘n held te skep op wie die leser heerlik saam met die heldin verlief kan raak terwyl sy die storie lees?

Sy skep ‘n man op wie sy sélf verlief kan raak!

‘n Klompie jaar gelede was dit die stil, sterk, effens baasspelerige tipe wat vroue laat swymel het. Hy het die heldin kom red van wat dit ookal was wat in haar pad na geluk gestaan het. Hy het al haar probleme kom oplos en sou vir die res van haar lewe vir haar sorg terwyl sy sy huishouding bestuur en sy kinders grootmaak … en natuurlik sy bed warm hou.

Vandag is hy steeds ‘n sterk man, maar in plaas van oorheersend, is hy eerder sensitief vir die heldin se gevoelens en behoeftes en hy vul haar aan, laat haar toe om tot haar volle potensiaal te ontwikkel. Hy is so seker van sy eie manlikheid dat hy haar toelaat om selfstandig en selfversorgend te wees terwyl hy ‘n lewenslange vennootskap met haar aangaan. ‘n Vennootskap waar sy die ma van sy kinders gaan wees, maar nie nodig sal hê om ‘n eie loopbaan prys te gee daarvoor nie. Hulle twee neem saam die huishouding waar en maak saam die kinders groot … en hy hou dikwels die bed vir háár warm!

Romanseskrywers, vertel bietjie hoe maak jy om ‘n ‘drop dead gorgeous hunk’ te skep wat die lesers se tone laat krul?

Die liefde: Dis wetenskap én waansin (7)

LIEFDESIKLUS, LIEFDE EN VERLIEFDHEID:

Oor die liefdesfases  sê Craig verliefdheid is ’n illusie wat maar tussen een en twee jaar lank hou.

Gedurende die eerste fase van verliefdheid is ’n mens dus  nie toerekeningsvatbaar nie en “hoog” op ’n dwelm , sê Craig.

“Dan  kom jy later soos die geval in die Griekse mitologie met die God Eros en nimf Psyche agter, dat ware liefde eers begin wanneer romantiese liefde ’n werklikheid word.”

Ná die verliefdheidfase volg die “transito” fase wanneer die Lees voort

Die liefde: Dis wetenskap én waansin (6)

TYDSDUUR:

Onlangse navorsing het bevind dat dit slegs ’n vyfde van ’n sekonde duur om verlief te raak maar sommige sielkundiges meen dit duur tussen 90 sekondes en 4 minute om te besluit of jy ’n ogie op iemand het.

Hierin vertolk lyftaal 55%, stemtoon en die snelheid waarteen jy praat 38% en dit wat jy sê slegs 7%.

Party wetenskaplikes glo dat ’n mens se liggaam ná ’n Lees voort