Die binneversiering van die werkplek van ‘n skrywer …

Madelie Human

Wat is die belangrikste dinge in ’n skrywer se werkplek?Ek sien op Facebook het die Boekrakkers van die Lekkerlees Boekrak almal foto’s van hul werkplekke geplaas. Al wat leef koekeloer nou of hulle iets op daardie uitstekende skrywer se lessenaar sal kan opmerk wat, as hulle dit sou nadoen, dit vir hulle net dalkies so ’n bietjie van daardie glorie sal bring. Baie groot skrywers poseer agter op hulle boeke in hul studeerkamers waar die groot meesterstukke gebeur. Jy gryp ’n vergrootglas en kyk of jy kan sien presies watter naslaanwerke daar op die boekrak agter die lessenaar is wat jou dalk kan help om ook soos hulle te kan skryf.

Dis egter nie die indrukwekkende studeerkamer of die rakke vol goeie naslaanwerke en die beste tegnologie tot jou beskikking wat eendag van jou ’n puik skrywer gaan maak nie, dis iets heel anders.

View original post 591 more words

Die tikmasjien

tikDie kinders ontdek ‘n stokou tikmasjien in die huis en die pa moet verduidelik. Hy sit ‘n vel papier in en tik. Die kinders staan verstom.
“Waar plug jy hom in?” wil hulle weet.
“Nee, jy plug hom nêrens in nie,” antwoord die pa.
“Nou waar is sy batterye?” vra die kinders.
“Nee, hy gebruik nie batterye nie.”
“Liewe genade Pa, nou hoekom het hulle dit nie al laaaankal uitgevind nie?”