Liefde kom teen ʼn prys

So uit die perd se bek. Alta Cloete, wat eers naam gemaak het as romanseskrywer onder die naam Marile Cloete en nou weer vinng besig is om opgang te maak as liefdesromanskrywer aan die woord:

Alta Cloete

Troue beertjiesJa, daar was al tye toe ek ook gewonder het of liefdesverhale nie eintlik maar betreklik simpel is nie. Veral die outydse soort waar die tweetjies deur ʼn klomp (vir die moderne leser) redelik sinlose misverstande uitmekaar gehou word – om dan later redelik ongemotiveerd in mekaar se arms te val en vir ewig gelukkig te wees.

Probeer ʼn mens self ʼn liefdesverhaal skryf, kom jy natuurlik agter dis baie maklik om te kritiseer (soos met enigiets in die lewe), maar heeltemal ʼn ander saak om dit self baas te raak. As jou karakters nie simpel misverstande mag hê nie, hoe hou jy hulle dan uitmekaar tot jy darem ʼn boek van die uitmekaarhouery kan maak? Want dis nie die bymekaarkom wat die storie maak nie – dis die ellende vooraf. ʼn Storie moet konflik en spanning hê, anders is dit nie ʼn storie nie.

Een manier is om te…

View original post 562 more words

Advertisements

Writer’s Digest tydskrif

Elke skrywer of aspirantskrywer behoort op hierdie tydskrif in te teken. Teen slegs $9,95 vir AGT digitale uitgawes (minder as R10 per uitgawe!), is dit ‘n absolute winskopie, want dit is tjokvol interessante en uiters bruikbare artikels en nog veel meer. Om in te teken, is pynloos, hou net jou kredietkaart byderhand. Wees net geduldig met die download, want dis nogal ‘n lywige dokument van meer as 10MB.

https://ssl.palmcoastd.com/0768P/apps/ORDOPTION1LANDING?ikey=C**M01

Skrywers en professionele jaloesie

Baie paddasH’m. Ja. Ek is bitter jaloers op Nora Roberts. Sy kan skryf, hoor! Maar waarop ek eintlik so ‘n bietjie groen is, is die spoed waarmee sy kan produseer, die wonderlike karakters wat sy skep, die lekker stories wat sy uitdink en natuurlik die megabucks wat sy daarmee verdien. Eish.

Maar ek het nie haar talent nie en ek skryf in Afrikaans waar ons ‘n bitter klein leserspoel het en ek kan nie so vinnig werk soos sy nie, en, en, en … Dis my realiteite. Om daaroor te mor en te kla en ‘bitchy’ te raak, sal my niks in die sak bring nie. Lees voort

Why writers need to network!

Networking, however, is not only about selling yourself and your services to potential clients. It’s also about learning, helping and growing with other writers. This may seem counter-intuitive, considering that other writers are your competition, but it’s integral to your career if you want to cultivate and maintain a reputation as a competent writer.

http://www.writerscollegeblog.co.za/the-importance-of-networking-for-a-writer-by-sam-moolman/