Ons leen vandag hierdie gedagtes oor karakterisering van Nadia de Kock vir ons beginnerskrywers. Dankie, Nadia!!

Nadia de Kock

Volgens my is redakteurs en manuskripontwikkelaars die unsung heroes van die boekbedryf. Sedert ek my eie klein uitgewery gehad het en manuskripte moes beoordeel het ek nogal simpatie ontwikkel vir redakteurs en manuskripontwikkelaars soos Madri Victor.

Skrywers (ek is self een en ek weet waarvan ek praat) vind dit soms moeilik om afstand te kry van hul werk. Die ou-ou raad is om jou voltooide manuskrip vir ‘n week of ses weg te sit en aan ander goed te werk voordat jy dit uithaal om te redigeer. Daar is foute wat mens nou eers sal raaksien en wat jy self kan regmaak.

In ‘n The Writer-artikel, Apply a book doctor’s eye to your own fiction, lig vooraanstaande redakteur Elizabeth Lyon ‘n klomp probleme met manuskripte uit. Hier is ‘n paar skete waaraan karakters ly asook die medisyne wat sy daarvoor aanbeveel:

Skeet nommer een: Onderontwikkelde karakters. Hierdie…

View original post 310 more words

Die binneversiering van die skrywer se werkplek

Wat is die belangrikste dinge in ’n skrywer se werkplek?

Ek sien op Facebook het die Boekrakkers van die Lekkerlees Boekrak almal foto’s van hul werkplekke geplaas. Al wat leef koekeloer nou of hulle iets op daardie uitstekende skrywer se lessenaar sal kan opmerk wat, as hulle dit sou nadoen, dit vir hulle net dalkies so ’n bietjie van daardie glorie sal bring. Baie groot skrywers poseer agter op hulle boeke in hul studeerkamers waar die groot meesterstukke gebeur. Jy gryp ’n vergrootglas en kyk of jy kan sien presies watter naslaanwerke daar op die boekrak agter die lessenaar is wat jou dalk kan help om ook soos hulle te kan skryf.

Dis egter nie die indrukwekkende studeerkamer of die rakke vol goeie naslaanwerke en die beste tegnologie tot jou beskikking wat eendag van jou ’n puik skrywer gaan maak nie, dis iets heel anders. Lees voort