Die skrywer as (hardvogtige) matchmaker

Alta Cloete

CupcakesEk het maar onlangs eers besef ek is ‘n ongeneeslike matchmaker. In die werklike lewe het ek nog nie my gawe beproef nie, maar in die storiewêreld kan ek dit nie verduur dat iemand sonder ‘n maatjie moet wees nie. Maar selfs in die wêreld van die verbeelding is dit nie aldag ewe maklik om almal vir altyd en altyd gelukkig te laat saamleef nie.

By die romanse is die skrywer se groot uitdaging om tweetjies wat vir mekaar beskore is, op geloofwaardige wyse tot die einde van die storie uitmekaar te hou. As hulle op bladsy twee al in mekaar se arms val en hulle liefde vir mekaar verklaar, is daar nie ʼn storie nie. (Dis hier waar die term “uitgestelde begeerte” ter sprake kom.) Aangesien die dae van ongeloofwaardige misverstande in romanses genadiglik verby is, is dit nie ʼn maklike ding om reg te kry nie. Tragedies en…

View original post 716 more words

Selfpublikasie: Geleentheid of slaggat?

Wonder jy ook hieroor?

Alta Cloete

EboekeDaar is by baie mense ʼn mate van agterdog oor die verskynsel van selfpublikasie. As ʼn skrywer nie ʼn uitgewer kan kry nie, is wat hy te sê het tog seker nie die moeite werd nie, of hoe? Daarby het dit tradisioneel ʼn gruwelike bedrag gekos om ʼn boek self uit te gee. En dikwels (sekerlik nie altyd nie) het heelwat van daardie boeke in ʼn boks in die garage staan en stof vergaar, want ʼn goeie skrywer is nie outomaties ook ʼn goeie bemarker nie. (ʼn Swak skrywer kan natuurlik ʼn goeie bemarker wees, en andersom. Wat ook implikasies vir verkope het.)

            Die uitgewer is vir die skrywer ʼn veiligheidsnet, ‘n sambreel, beskermende ouerfiguur. In ideale omstandighede, natuurlik. Stories van fly-by-night uitgewers wat met skrywers se

View original post 599 more words

Skryf is soos kind grootmaak

BookbabyWanneer jy ‘n manuskrip begin, heers daar groot opwinding en jy het baie planne vir jou nuwe skepsel, net soos die groot lekkerte van om ‘n nuwe baba die huis in te bring. Maar baie vinnig volg pajamadril en tandekry … of moeilike karakters en kinkels in die storielyn wat nie uitwerk nie. Die terrible two’s kom en die skattige baba raak stout. Jou storie haak vas en jou slim idees lyk glad nie meer so oulik soos toe jy jou storie beplan het nie.

Met harde werk en groot geduld is jou eerste draft klaar, jou kind is by die tienerstadium en nou begin jou moeilikheid in alle erns: dis herskryf en maniere leer, redigeer en touwys maak en uiteindelik kom albei tog darem eendag anderkant uit. Jy skaaf en poets nog aan die manuskrip, leer jou kind nog ‘n laaste bietjie “maak soos ek sê” dinge en dan kom die tyd dat jy terug moet staan. Jou kind is volwasse en vaar die wye wêreld in … jou boek is oop vir kritiek van uitgewers, resensente en lesers.

Waar skryf jy?

13 Quirky Workplaces of Famous Writers

The following piece by Celia Blue Johnson is currently in the October 2013 issue of Writer’s Digest. Check out the full issue here.

1024px-Horses_Friend_025Many great writers have found creative comfort while sitting at a desk. (Charles Dickens was so attached to his that he had its contents shipped to his vacation home.) But a surprising number of literary luminaries have ventured beyond the traditional perch to create their ideal writing spots, whether that meant stepping into a bathtub or trekking into the wilderness. Here are 13 of the most memorable.

Lees voort