Hoe meer haas, hoe minder boek.

KoffieAlte dikwels hoor ek skrywers kla oor die wiel van die uitgeeproses wat so stadig draai. Hulle kla oor die baie tyd wat dit neem van die oomblik wat jy die boek begin skryf tot die dag wat jy die eerste eksemplaar in jou hand kan hou. Al hoe meer beginnerskrywers wil deesdae liewer hul werk self publiseer, want dit skakel so baie wagtyd uit – alles kan dan soveel vinniger gebeur.

Ongelukkig wys daardie haas dan in die kwaliteit van die boeke wat so blitsig deur die meul gedruk is. Soveel van die selfgepubliseerde boeke wat as e-boeke verskyn, is nie die spasie wat hulle in die kuberruim opneem, werd nie. Baie daarvan kon ‘n baie beter kans op sukses gestaan het as ‘n goeie redakteur dit onder hande kon neem of die skrywer self net meer geduld aan die dag gelê het om sy werk af te rond. Lees voort