ATKV Woordveertjie 2013 wenners!!

En hier is al die ATKV Woordveertjiewenners met beoordelaars se kommentaar. Van ons kant af: baie geluk!

Die beoordelaars vir die ATKV-Prosaprys was Thys Human, Riana Scheepers en Leonie van Rensburg met die wenner:
Onse vaders – Karin Brynard (Human & Rousseau)
Die beoordelaars beskryf dié werk as ’n goed uiteengesette en ambisieuse roman wat tegelykertyd ook baie toeganklik, meesleurend en boeiend is.

Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Leti Kleyn, Danila Liebenberg en Ilse Salzwedel met die wenner:
Eendagmooi – Kristel Loots (LAPA Uitgewers)
Die boek bevat al die elemente van ’n liefdesroman – ’n held en heldin, allermins perfek, ’n paar kinkels in die kabel, heerlike humor en dan, uiteindelik, ’n gelukkige einde. Lees voort