Die wêreld se gewildste romanseskrywer

Nora

Ek lees hierdie vanoggend op Amazon raak: “Nora Roberts is a bestselling author of more than 209 romance novels. She was the first author to be inducted into the Romance Writers of America Hall of Fame. As of 2011, her novels had spent a combined 861 weeks on the New York Times Bestseller List, including 176 weeks in the number-one spot. Over 280 million copies of her books are in print, including 12 million copies sold in 2005 alone.”

Ten spyte van al die miljoene wat sy verdien, woon sy en haar man steeds in dieselfde huis waar hulle as pasgetroudes ingetrek het.

Aiaiaiaiiii, hoekom is daar nie soveel lesers wat Afrikaanse romanses koop nie?? *sug!*

Gunstelinge weer terug!

HARTEWENS − Madelie Human

Hartewens voorblad_high res

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas:

Onwelkome geskenk:

Marile Cronjé se buitengewone verjaardaggeskenk is alles wat sy nié wou gehad het nie, want van haar oupa se gekonkel het sy net mooi genoeg gehad. Boonop moet sy die lewe se donker kant leer ken met die oog op ’n erflating wat sy nog minder wil hê.

Kan sy die aantreklike, enigmatiese Werner vertrou? Is hy nie net nóg een van die vele wat agter haar geld aan is nie? Sy kry die antwoord klinkklaar in oupa Jopie se brief, maar besef kort voor lank dat haar vooroordele haar insig verdof het.

Eers toe sy werklik na haar hart luister, kan sy haar regmatige verjaardaggeskenk – én geluk – opeis.

Handomkeer:

Om uit Johannesburg se agterstrate te kom en jou pad oop te veg tot jy een van dié…

View original post 672 more words

LENTESKOOL MET SKRYFKOMPETISIE VIR SKRYWERS VAN ROMANTIESE FIKSIE

LenteskoolDie ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA, bied van Donderdag 14 tot Saterdag 16 September 2017 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, verteenwoordigers van LAPA-uitgewery en personeel van die ATKV-Skryfskool tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep.

Hierdie twee-en-’n-halfdag-geleentheid is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Dit word aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit en die inskrywingsgeld beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, oggend- en middagpouseverversings en ’n funksie op Vrydagaand 15 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar. Skakel mev. Kobie van Aswegen te Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za (tel. 018 299 1783) vir meer besonderhede.

Die ATKV-Skryfskool bied in 2017 ook ’n kompetisie in die skryf van ’n romanse aan. Die wenner hiervan sal die Lenteskool GRATIS kan bywoon. Vir meer inligting hieroor, tree eweneens in verbinding met mev. Kobie van Aswegen.

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

30 Tips on Writing from Famous Authors

(reposted from BuzzFeed)

1. Ernest Hemingway

2. Toni Morrison

3. Kurt Vonnegut

4. Stephen King

5. Saul Bellow

6. Neil Gaiman

7. F. Scott Fitzgerald

8. Maya Angelou

9. Neil Gaiman

10. George Orwell

11. Ernest Hemingway

12. Henry Miller

13. Elmore Leonard

14. John Steinbeck

15. Annie Dillard

16. Edgar Allen Poe

17. Mark Twain

18. T.S. Eliot

19. James Patterson

20. Ralph Waldo Emerson

21. Elmore Leonard

22. Ray Bradbury

23. Erica Jong

24. E.L. Doctorow

25. G. K. Chesterton

26. Stephen King

27. Anton Chekhov

28. Gertrude Stein

29. John Steinbeck

30. Toni Morison

View original post

Hoe meer haas, hoe minder boek.

SKRYWERS SKRYF

KoffieAlte dikwels hoor ek skrywers kla oor die wiel van die uitgeeproses wat so stadig draai. Hulle kla oor die baie tyd wat dit neem van die oomblik wat jy die boek begin skryf tot die dag wat jy die eerste eksemplaar in jou hand kan hou. Al hoe meer beginnerskrywers wil deesdae liewer hul werk self publiseer, want dit skakel so baie wagtyd uit – alles kan dan soveel vinniger gebeur.

Ongelukkig wys daardie haas dan in die kwaliteit van die boeke wat so blitsig deur die meul gedruk is. Soveel van die selfgepubliseerde boeke wat as e-boeke verskyn, is nie die spasie wat hulle in die kuberruim opneem, werd nie. Baie daarvan kon ‘n baie beter kans op sukses gestaan het as ‘n goeie redakteur dit onder hande kon neem of die skrywer self net meer geduld aan die dag gelê het om sy werk af te rond.

View original post 213 more words

Miss Congeniality: South African fiction

So raak beskryf!!

Calling Through The Fog

top pic

Authors’ incomes collapse to ‘abject’ levels.

That’s what the headline on The Guardian said, and I was frantic to know more. Which authors? Was it me? Were my annual royalty cheques of R250 about to plunge to R50? Less?

Usually I read like a millenial, which is to say I base my world view on the first three words of headlines from Buzzfeed articles on Twitter. But this time I read on.

Many professional authors in the United Kingdom, I discovered, were seeing their royalties plunge. Some who had earned their living from writing books were facing the prospect of – dear reader, are you sitting down? – not being able to write fiction as a full-time occupation.

Star-Trek
Mal Peet, a celebrated writer of novels for children, told The Guardian that his direct income from sales had become “literally abject”. His royalty cheque for the last months of 2013…

View original post 3 835 more words

Wilde hawer lees lekker

penpunt

Drie van Madelie Human se vroeë romanses, is saamgevat in ‘n pragtige bundel en uitgegee onder die titel Wilde Hawer.wildehawer

Die skrywer se bekroonde verhaal, Om Ben lief te hê, is deurspek met wanopvattings by beide die held en heldin. Leah en Ben gaan ’n volle tien jaar elkeen sy eie koers met ’n totaal verkeerde idee oor die afloop van hulle laaste aand op die plaas. Leah kom vestig haar praktyk as kindersielkundige, op haar stiefpa se stoetplaas, en word daagliks gekonfronteer met Ben, wat die enigste liefde in haar lewe is. Sy durf nie toelaat dat hy dit weet nie, want sy glo dat hy haar verwerp het, en boonop iemand anders liefhet. Die sensitiewe tema van verwerping word verder aangeroer wanneer Leah se biologiese pa onverwags sy opwagting maak op die plaas. Die verhaal laat die leser opnuut met die oortuiging dat gesonde kommunikasie onontbeerlik is…

View original post 324 more words

Voorspelbaarheid en sukses

penpunt

Romanses is voorspelbaar, en die uitgewers is boonop voorskriftelik oor hoe die verhale gekonstrueer moet word. Waarom verkoop daar duisende? Waarom kan lesers beswaarlik wag vir die volgende publikasies? My wederhelf is in uitgelese geselskap wanneer hy hierdie waarnemings maak en die vrae verwoord. Ilse Salzwedel wou presies dít weet toe sy met Dina Botha gesels het met die bekendstelling van haar 50ste Romanza vroeër vanjaar.

My eie stuiwer in die armbeurs: ‘n goeie skrywer ondervang die voorspelbaarheid deur die leser aan die wonder te hou oor presies hoé die held en heldin hulle verskille, hulle wanopvattings, hulle vooropgestelde idees, hulle teleurstellings, hulle uitdagings gaan verwerk alvorens hulle die knoop kan deurhaak. En deur gemelde struikelblokke elke keer nuut en oorspronklik aan te bied.

img_0247

Ek salueer die skrywers wat dit keer na keer regkry om die romantiese lesers te boei!

View original post