Foto

Skitteroggend saam met Romanzaskrywers in die Laeveld!

Pienk

Advertisements

Daar’s lente in die lug!!

Good morning! Die warmer weer maak mens lus om die wintervaak af te skud en nuwe kreatiewe dinge aan te pak! Ons het sommer TWEE skryfkursusse vir almal wat graag liefdesverhale wil skryf:

1.  Die ATKV se jaarlikse 3-dag Lenteskool word weer vroeg in September aangebied en miskien is daar is nog plek vir jou. As jy hou van persoonlike kontak met ander skrywers en uitgewers, is die ATKV skryfskool net die ding vir jou.

Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by die volgende e-posadres:  Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

2.  Indien jy egter te ver is van Potchefstroom af of nie die drie dae kan afkry om soontoe te gaan nie, kan jy altyd die informele e-poskursus in die skryf van romanses in die gerief van jou eie huis en op jou eie tyd doen! Dit word aangebied deur gesoute romanseskrywer, Madelie Human en sy kan gekontak word by: madeliehuman@lantic.net

Sien volledige besonderhede hier bo by SKRYFSKOLE.

Terugvoer op advertensie vir kursus

Ek was verstom oor die entoesiastiese terugvoer wat ek op die advertensie van my e-poskursus gekry het. Baie dankie dat julle soveel vertroue in my het. Ek sien baie uit daarna om saam met julle meer te leer. Die kursusgangers wat reeds begin het, geniet dit blykbaar baie. Ek sal nog inskrywings kan neem, so as jy nog wik en weeg, kontak my gerus. Hier is van die kommentare wat ek reeds gekry het:

“Ek wil bitter graag ‘n boek gepubliseer kry, maar ek sukkel. Help, asseblief! Die kursus is al wat my nou kan red.”

“Dankie vir die terugvoering. Ek stel defnitief belang om by een van die mees bekende romanseskrywers te leer en ek het baie respek vir jou werk.”

 “Ek wil hierdie geleentheid wat vir my gegun is met altwee hande aangryp. Ek is SO OPGEWONDE oor hierdie geleentheid wat deur jou, my gunstelingskrywer, aangebied word!!”

“Ek was so bly toe ek sien jy adverteer ‘n skryfkursus.  Ek wou nog altyd ‘n boek probeer skryf.  Dis nog een van my drome wat nie waar geword het nie.”