Breek ‘n slaggie weg!

Na ‘n onlangse wegbreek om te gaan skryf, kan ek die volgende punte noem vir iemand wat dit ook oorweeg:

1. ‘n Week is te kort. As jy Maandag ry en Vrydag terugry, het jy eintlik net drie dae. Twee weke, met ‘n kuier van die gesin/geliefde/vriende tussenin, sou dalk beter wees.
2. ‘n Mens sal mooi moet kyk waar jy so alleen gaan bly. Ongelukkig is veiligheid in SA ‘n groot faktor en ‘n mens moet Lees voort

‘n E-pos kursus in die skryf van Liefdesverhale

Dr Jeanette Ferreira bied ‘n kursus in die skryf van liefdesverhale aan. Die koste daaraan verbonde is R 3 000. Elke kursusganger werk op haar eie tyd en kry individuele aandag. Hier is die besonderhede soos dr Ferreira dit aan ons deurgegee het:

“In roman op roman wat ek redigeer, sien ek die skrywer het werklik talent maar sou net soveel makliker kon werk en ek sou net soveel minder daaraan hoef te torring as daar behoorlike beplanning was voor sy begin werk het. Meer tegniese sake soos fokalisering, tydsaanduiding, showing en telling, geloofwaardige karakterisering, kan net soveel makliker hanteer word as die skrywer vooraf daarvan bewus was en genoeg oefening ingesit en genoeg terugvoer gekry het. Lees voort

Kyk wat kan gebeur!

‘n Jaar gelede is Jacolet van den Berg se eerste manuskrip aanvaar vir publikasie en vanjaar verower sy ‘n ATKV Woordveertjie daarvoor! Jacolet is nie eens dertig jaar oud nie.  Dit kan gedoen word. Moenie daardie manuskrip in jou onderste laai laat stof vergader nie. Komaan, wie nie waag nie, KAN nie wen nie.

Klik op die foto’s as jy mooi wil sien.

 

Die romanse: Trooskos vir die siel

Prof Hans du Plessis het verlede week by die Lenteskool gesê dat liefdesverhaalskrywers NIE nodig het om hul genre te verdedig nie. Om die waarheid te sê, hy’t gesê dat hulle dit nie behoort te doen nie!!

Dit het my laat dink. Ons slaan ons hande saam oor wat Elize Parker die moed gehad het om op nasionale radio te sê en ons is dankbaar dat sy vir ons ‘n lansie breek, maar was dit regtig nodig? Lees voort

Julle het iets wonderliks misgeloop …

Die ATKV skryfskool by die NWU was ‘n absolute fees. Enigiemand wat liefdesverhale skryf of voornemende skrywers van romantiese fiksie is, kon daarby baat en oneindig baie leer. Ek het vuur en vlam teruggekeer en voel ongelooflik geïnspireer deur elkeen van die sprekers wat daar opgetree het. Baie dankie aan Prof. Hans du Plessis en sy span wat ons so gul ontvang en onthaal het. Dankie aan Lapa vir hul bydrae om hierdie skool aan die gang te hou.

Aan die van julle wat dit misgeloop het: Moenie weer so dom wees om nie te gaan nie!!