Hoekom wil jy skryf?

Omdat jy dink jy is goed met woorde?
Omdat ’n onderwyser op skool jou opstelle geprys het en nou dink jy dat jy talent het?
Omdat jy graag ‘beroemd’ wil wees, of omdat dit jou ouers trots op jou sal maak?
Het jy dalk stories in jou kop wat dwing om te wil uit?
Dink jy dat jy baie geld sal kan verdien met jou skryfsels?

Weet jy, nie een van bogenoemde redes is werklik goeie redes nie. Daar is net een rede wat waarlik ’n voldoende rede is om te skryf en dit is: omdat jy nie anders kan nie, omdat die passie vir skryf jou dwing om by jou rekenaar te gaan sit, weg te val en te SKRYF!!

Skryf is ’n werk soos enige ander werk. Om goed te wees daarin, neem tyd, geduld, oefening, soms vervelige herhaling en BAIE ure se bloedsweet. As jy al hierdie dinge weet en nog steeds opgewonde voel wanneer jy by jou rekenaar gaan sit om jou idees neer te pen, dan staan jy miskien ’n kans om ’n sukses daarvan te maak !!

Lekker skryf!

Fantastiese skryfkursus vir minder as R25!!

Holly Lisle is ‘n baie bekende skrywer, aanbieder van skryfkursusse en spreker by skryfkonferensies. Sy maak nou haar skryfskool toe om weer voltyds te skryf en haar kursusse word op Kindle bemark.

Hier is een van haar uiters gewilde kursusse op Kindle vir $2,99. Sy laat jou ook toe om gratis werkvelle van haar webblad af te laai. DIE MOEITE WERD VIR ENIGE SKRYWER, beginner sowel as veteraan!

http://www.amazon.com/Mugging-Muse-Writing-Fiction-ebook/dp/B007OWGB4G/ref=sr_1_fkmr0_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1332832685&sr=1-1-fkmr0

 

How to make a living as a writer (1)

I’m going to make this very simple: The secret to making a living wage as a writer lies in two words: volume and variety. Today let’s talk about the first one.

Volume

The biggest mistake writers make with respect to their “publishing dreams” is hoping for that one big break that’s going to change their lives, allow them to quit their job, and propel them into the life of the full-time writer.

Making money in this business, for the vast majority of writers, isn’t about having one huge hit. Or even two huge hits. Instead, it’s about building a career, book by book, and building an audience that wants more of your books.

Writers begin to see a “living wage” when they have a stack of Lees voort

Wat om NIE te doen nie!

Hier is ‘n fantastiese humoristiese stuk oor wat ‘n skrywer MOET doen om NIE ‘n sukses te wees nie.
Ignoreer maar net die verwysings wat nie direk op SA betrekking het nie, en geniet die res!

http://www.guardian.co.uk/books/booksblog/2006/nov/06/hownottowriteanovelaste?fb_action_ids=3138456134193%2C10150604101611036&fb_action_types=news.reads&fb_source=other_multiline

 

 

 

Inspirasie

Inspirasie kom soms in vreemde vorms en vanuit onverwagse bronne. Ek het hierdie foto van Alta se FB bladsy af ‘gesteel’ (dankie, Alta!), want dit het my onmiddellik aan die skryfproses laat dink. Om ‘n boek te skryf is om duisende woorde aanmekaar te ryg, net soos die vroue van Helsinki wat hierdie derduisende blokkies gehekel het, moes doen!!

Dit neem tyd, beplanning, jy moet ‘n sekere patroon volg en die blokkies moet bymekaar pas ook sodat jy hulle aanmekaar kan werk om uiteindelik ‘n bevredigende eindproduk te kan lewer.

WOW!!!