Foto

Die skryfproses, wat om te verwag:

writing-2

Advertisements

Vier heldinne, een tydskrif

penpunt

Vier heldinne, een tydskryf: dit is waarna jy kan uitsien wanneer jy aanstaande week die eerste uitgawe van RomanzaLiefde aanskaf. Bepaald ’n heerlikheid vir romantiese siele. Die voordeel van die novelette lê onder andere daarin dat held en heldin vinniger die knoop deimg_4597urhaak, sonder dat daar enigsins afbreuk gedoen word aan die vars storielyne.

Ek het ’n liefde vir die kortverhaal, daarom dat ek Joanna Alexander se Sluimerende liefde sommer heel eerste gaan lees het. ’n Verhaal van verlies en opoffering, maar gestroop van sentamentaliteit, en ’n heerlike afloop, die spreekwoordelike tweede kans op geluk.

Kersie bo-op, het my bekendgestel aan die vernuftige skryfwerk van Bernette Bergenthuin. Sy span ’n moderne tema, dié van ’n aktualiteitsreeks vir televisie, in om Marcelle Erasmus se paaie te laat kruis met dié van Basjan Rademan. Marcelle se tante het namens haar ingeskryf, en sy wroeg met skuldgevoelens omdat sy met ’n verskuilde…

View original post 186 more words

Martie Preller aan die woord:

DIE PROSES VAN SKRYF

Ek is nou baaaaaie moeg om stories te skryf. Dis erg uitputtend.

Die soeke na die “regte” woorde – dis nou die woorde wat die storie die “beste” kan vertel.

Die soeke na die “regte” begin … die “regte” einde – dis nou die woorde wat die storie die beste kan vertel

Sal hierdie dalk die beste werk … skribbel skribbel reels … nee wat sal gebeur as ek daardie twee sinne omruil … of nee – liewers … jahaaa – dit werk beter (dink ek dan)

Miskien ook nie …

Sug.

Uiteindelik moet die storie ‘n klein wereldjie op sy/haar eie wees.

Respek vir die leser … (hoorder)

Elke mens (karakter) het sy/haar eie storie.

Hulle (en ons) stories is verweef.

Ag jiggie tog.

Ek is nou baaaaaie moeg om stories te skryf. Dis erg uitputtend.

Seldsame man – Bets Smith

Dis hier! Die Super Romanzas. Dikker boeke met so ’n ietsie meer om die lyf. Bederf jouself met Bets Smit se eerste een.

super

Dis die natuurlikste ding op aarde om haar arms om hom te sit soos haar ma gemaak het. Die logiese ding om te doen, asof dit so hoort. Toe hy haar vashou, voel dit vir haar nog meer gepas. Onder haar oor klop sy hart gerusstellend, ’n bekende, sterk klop soos sy dit op Phuket gehoor het wanneer hulle almal so teen mekaar gesit het vir warmte en troos. Sy leun agtertoe om in sy oë te sien of hy onthou en besef presies wat dit destyds vir hulle beteken het en wat dit nou vir haar en haar gesin beteken.

Sy lippe beland teen haar voorkop asof hy sy mond teen haar hare wou druk maar hy sê niks toe hy na haar afkyk nie. Ook dit voel reg. In sy kakebeen span die spiere. Sy glimlag en strek om hom op daardie bultende spiere te soen, maar hy…

View original post 545 more words

How to finish your book in three drafts.

How to Finish Your Book in Three Drafts

 

Skryfkompetisie vir skrywers van romantiese fiksie

SKRYFKOMPETISIE
VIR SKRYWERS VAN ROMANTIESE FIKSIE

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied ‘n kompetisie vir voornemende skrywers van romantiese fiksie aan.
Die wenner van dié kompetisie sal die Lenteskool van 8 – 10 September 2016 by die ATKV-Skryfskool op Potchefstroom GRATIS kan bywoon.

Indien jy vir hierdie prys in aanmerking wil kom, moet jy
– verklaar dat jy nog nie voorheen ’n romanse gepubliseer het nie;
– en ’n eerste hoofstuk (sowat 5 000 woorde) van ’n romanse
met jou inskrywingsvorm aan ons by onderstaande e-posadres stuur om ons op die laatste op Maandag 1 Augustus 2016 te bereik.

Inskrywingsvorms kan aangevra word by Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za
(tel. 018 299 1783).

Skryfkursus vir liefdesverhale

Droom jy al lank om ’n boek in jou hand te hou wat jy self geskryf het? Hier is jou kans! As jy graag sommer so by jou huis wil leer hoe om liefdesverhale vir die Afrikaanse mark te skryf, klik hier bo op SKRYFSKOLE en kry meer besonderhede oor die e-poskursus in die skryf van romanses.

love

Skryf is herskryf.

HerskryfSo baie van die aspirantskrywers wat my kursus doen, skop sommer op wanneer dit kom by herskryf. So baie van ons kan dit nie hanteer dat ons werk gekritiseer word nie en sien nie die nut van herskryf raak nie. Dis die skrywers wat dit nie tot by publikasie maak nie of hulle gryp na die opsie van selfpublikasie. Uitgewers weet wat hulle wil hê en as jy  wenke vir herskryf van ’n keurder ontvang, slaan gerus ag daarop en herskryf, al is dit nie ’n bed van rose nie. Lees meer oor wat bekendes aangaande die onderwerp te sê het: http://fmwriters.com/Visionback/Issue9/true.htm

Wat maak mense regtig gelukkig?

Die miljoen dollar vraag wat mense al vir eeue besig hou: Wat is die sin van die lewe en wat kan die mens die gelukkigste maak?

Vind mens die antwoord in geld en roem, of is die antwoorde in boeke te vinde? Indien wel, in watter soorte boeke soek jy daarna? Miskien is jy een van die wat dink verhoudingsromans is oppervlakkig en dan lees jy veel eerder spanningsverhale of speurverhale. Jy spandeer  dus eerder graag tyd om uit te vind hoe die koppe van die ‘bad guys’ werk, want dis interessanter, of wil jy liewer meer leer oor hoe mense verhoudings maak werk? Miskien is die oplossing nie heeltemal so eenvoudig nie, maar is dit werklik so  ingewikkeld dat die mensdom al vir eeue lank  na oplossings moet soek?

Dit wil mos nou vir my lyk die oplossing is binne ons almal se bereik, ons moet dit net nie op die verkeerde plekke gaan soek nie.

Kyk gerus na hierdie video en besluit self waaraan jy van nou af meer tyd gaan spandeer om ’n belegging in jou eie geluk te maak.

 

 

 

 

E-Poskursus in die skryf van romanses

writerOns kry baie navrae oor hierdie skryfkursus.  Mense wil weet of dit wel nog bestaan. JA, dit bestaan nog.

Wil jy graag ‘n skrywer word? Wou jy nog altyd leer hoe om heerlike romanses te skryf wat jou lesers se tone sal laat krul van pure lekker? Hier is jou kans om in die gerief van jou eie huis oor ses maande te leer presies hoe dit gedoen word. Lees voort

Vakansieleesstof!

Jy hoef nie die bank te breek om lekker te kan lees nie. Ja, skrywers kry niks geld vir tweedehandse boeke wat verkoop word nie, maar my leeslus oorskry my beursie by verre en ek moet telkens plan maak om meer leestof in die hande te kry. Ons plaaslike DBV het ‘n tweedehandse boekwinkeltjie wat ek met graagte ondersteun. Heerlike ontspanningsleesstof gekry vir die vakansie!!

IMG_1374

Skryfkursus!

Wat kry jy vir Kersfees?? ‘n Heerlike stapel boeke of dalk ’n peperduur bottel parfuum? Wat daarvan jy bederf jouself met iets wat al lankal op jou wenslysie is? ’n E-poskursus in die skryf van Romanses! Ek bied ‘n informele, interaktiewe skryfkursus aan wat baie aspirant skrywers al gehelp het om hul eerste romanses gepubliseer te kry. As jy lankal weet dat jy graag wil skryf, maar nie seker is presies hoe om ’n boek aan te pak nie, is dit nou jou kans! Kyk hier bo by SKRYFSKOLE en stuur vir my ‘n e-pos vir meer inligting.