SKRYWERONTWIKKELING

'n Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Boeke oor skryf

Ons probeer om ‘n lys van boeke oor die skryfkuns saam te stel sodat skrywers meer oor hul ambag kan lees en leer.

As jy so ‘n boek gelees en leersaam gevind het, plaas die titel en die skrywer daarvan hieronder as kommentaar asseblief. Dit sal gaaf wees as jy kortliks in ‘n sin of twee kan vertel waaroor die boek handel en hoe goed jy dit gevind het.

13 Kommentaar

  1. Donald Maass is ‘n baie bekende literêre agent en skryfguru wie ek bitter graag in lewende lywe sou wou ontmoet. Sy boeke oor die skryfkuns hou my aandag nou al vir ‘n geruime tyd.

    Twee van sy boeke wat ek graag aanbeveel, is:

    Writing the Breakout novel

    en

    The Fire in Fiction

    As jy hulle in die hande kan kry, moenie huiwer nie, lees dit!! Dit is praktiese wenke van hoe jy ‘n manuskrip kan ontwikkel en verbeter om die beste te wees wat jy dit moontlik kan maak. Jy sal sommer sien hoe jou werk verbeter.

  2. Ek sien Syd Field se Screenplay – The foundations of screenwriting is nog nie hier op nie.
    Dis ook ‘n moet lees vir enige skrywer – of jy nou draaiboeke wil skryf of nie. Daar is baie handige inligting in vir elkeen wat skryf.

  3. Die ‘For Dummies‘ reeks is ook behulpsaam. Ek het:

    * Writing Fiction for Dummies
    en
    * Writing a Romance Novel for Dummies

    Ek moet bieg dat ek nie mal is oor die uitleg van die boeke nie, maar die inhoud is behulpsaam. As jy een van die twee wil kies, kies Writing a Romance Novel – dit gee riglyne vir ALLES.

    Madelie, ek stem saam oor Donald Maass

  4. Marile Cloete

    1. Rewriting: a creative approach to writing fiction – David Michael Kaplan. “Revision is an art, it is a craft, and moreover, it is a way of deepening your understanding of your fiction. Revision is the key process of writing.”

    2. On writing - Stephen King. ‘n Briljante stuk skryfwerk, afgesien van die waardevolle inligting daarin.

    3.Novelist’s essential guide to Crafting Scenes – Raymond Obstfeld. Vestig by ‘n skrywer die besef dat elke toneel ‘n klein kunswerkie op sy eie moet en kan wees.

    4. Writing children’s books for dummies. Uitstekend, soos seker alle Dummie-boeke.

  5. Dirna Ackermann

    Ek vind ook vir Sol Stein van groot waarde.

    Sy Solutions for Writers, oorspronklik uitgegee as Stein on Writing

    en How to Grow a Novel, is baie goed.

    Donna Baker se Writing a Romantic Novel,

    en Roselle Angwin se Creative Novel Writing, kan ek ook aanbeveel.

  6. Daar is nog drie staatmakers wat ek wil byvoeg:

    1. “Creating unforgettable Characters” deur Linda Seger. As jy werklik ‘n dieper insig wil hê in hoe om jou karakters te leer ken en verstaan, is hierdie ‘n moet.

    2. “The power of point of view” deur Alicia Rasley. As jy een van die is wat dink POV is slegs deur wie se oogpunt jy die storie vertel, is dit tyd dat jy hierdie boek van Rasley aanskaf.

    3. “The story within” ook van Alicia Rasley te koop vanaf haar webwerf in papier of elektroniese formaat. Dis ‘n baie handige werkboek en ‘n uitstekende handleiding om te gebruik by die beplanning van ‘n nuwe storie.

    Besoek gerus ook haar webwerf by http://www.rasley.com daar is oneindig baie (gratis!) waardevolle inligting en artikels oor skryf en skryfdinge.

  7. 1. Ek wou graag op internet inskryf vir Holly Lisle se skryfkursusse, maar dis duur en ek vind dit moeilik om dit so te doen, want ek is bietjie tegnologies gestremd.
    Toe ontdek ek dat haar ou kursusse op Kindle as e-boeke beskikbaar is teen ‘n fraksie van die prys van ‘n kursus. Ek vind haar boeke baie meer ‘userfriendly’ as haar kursusse. Daar is ‘n hele klomp, maar ek het hierdie een gekoop vir ‘n begin en vind dit baie prakties uitvoerbaar:

    Create a Plot Clinic by Holly Lisle.

    2. Om die helde se trou-sku gedrag te verstaan, lees gerus: R M Johnson se Why men fear marriage.

  8. Hettie du Plessis

    Dit is interessant dat Afrikaanse skrywers Engelse boeke lees om hulle te help skryf in Afrikaans.

    • Hettie, skryfvaardighede is universeel in wese dieselfde. Dit maak nie saak in watter taal jy skryf nie, die verskillende aspekte bly dieselfde. Daar bestaan bitter min goeie handleidings oor die skryfkuns in Afrikaans. Daarom lees ons maar die Engelses. Ons is gelukkig dat ons wel tweetalig is. :-P :-P

  9. Hm, so baie van my gunstelinge is hier. Ek het veral Donald Maass se boeke geniet – op Madelie se aanbeveling. Vir my lys van gunstelinge, sien my blog http://ameliastrydomskryf.wordpress.com/2012/02/11/my-top-10-gunsteling-boeke-oor-skryf/

    • Dankie, Amelia! Daar is beslis ‘n paar boeke op jou lys wat ek nog wil probeer!

  10. Anoniem

    Ek het vanoggend afgekom op ‘n oulike Kindle boek vir romanse-skrywers. Dis saamgestel deur die Mills & Boon editors en is boonop heeltemal gratis. Dis sommer propvol tips. Kyk gerus op my blog om joune af te laai: http://ameliastrydomskryf.wordpress.com/2012/02/17/heerlike-pasella-vir-romanse-skrywers/

Trackbacks

  1. My Top 10 Gunsteling Boeke oor Skryf « ameliastrydomskryf

Wat dink jy??

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 29 other followers