Boeke oor skryf

Ons probeer om ‘n lys van boeke oor die skryfkuns saam te stel sodat skrywers meer oor hul ambag kan lees en leer.

As jy so ‘n boek gelees en leersaam gevind het, plaas die titel en die skrywer daarvan hieronder as kommentaar asseblief. Dit sal gaaf wees as jy kortliks in ‘n sin of twee kan vertel waaroor die boek handel en hoe goed jy dit gevind het.

22 comments on “Boeke oor skryf

  1. Donald Maass is ‘n baie bekende literêre agent en skryfguru wie ek bitter graag in lewende lywe sou wou ontmoet. Sy boeke oor die skryfkuns hou my aandag nou al vir ‘n geruime tyd.

    Twee van sy boeke wat ek graag aanbeveel, is:

    Writing the Breakout novel

    en

    The Fire in Fiction

    As jy hulle in die hande kan kry, moenie huiwer nie, lees dit!! Dit is praktiese wenke van hoe jy ‘n manuskrip kan ontwikkel en verbeter om die beste te wees wat jy dit moontlik kan maak. Jy sal sommer sien hoe jou werk verbeter.

  2. Ek sien Syd Field se Screenplay – The foundations of screenwriting is nog nie hier op nie.
    Dis ook ‘n moet lees vir enige skrywer – of jy nou draaiboeke wil skryf of nie. Daar is baie handige inligting in vir elkeen wat skryf.

  3. Die ‘For Dummies‘ reeks is ook behulpsaam. Ek het:

    * Writing Fiction for Dummies
    en
    * Writing a Romance Novel for Dummies

    Ek moet bieg dat ek nie mal is oor die uitleg van die boeke nie, maar die inhoud is behulpsaam. As jy een van die twee wil kies, kies Writing a Romance Novel – dit gee riglyne vir ALLES.

    Madelie, ek stem saam oor Donald Maass

  4. 1. Rewriting: a creative approach to writing fiction – David Michael Kaplan. “Revision is an art, it is a craft, and moreover, it is a way of deepening your understanding of your fiction. Revision is the key process of writing.”

    2. On writing – Stephen King. ‘n Briljante stuk skryfwerk, afgesien van die waardevolle inligting daarin.

    3.Novelist’s essential guide to Crafting Scenes – Raymond Obstfeld. Vestig by ‘n skrywer die besef dat elke toneel ‘n klein kunswerkie op sy eie moet en kan wees.

    4. Writing children’s books for dummies. Uitstekend, soos seker alle Dummie-boeke.

  5. Ek vind ook vir Sol Stein van groot waarde.

    Sy Solutions for Writers, oorspronklik uitgegee as Stein on Writing

    en How to Grow a Novel, is baie goed.

    Donna Baker se Writing a Romantic Novel,

    en Roselle Angwin se Creative Novel Writing, kan ek ook aanbeveel.

  6. Daar is nog drie staatmakers wat ek wil byvoeg:

    1. “Creating unforgettable Characters” deur Linda Seger. As jy werklik ‘n dieper insig wil hê in hoe om jou karakters te leer ken en verstaan, is hierdie ‘n moet.

    2. “The power of point of view” deur Alicia Rasley. As jy een van die is wat dink POV is slegs deur wie se oogpunt jy die storie vertel, is dit tyd dat jy hierdie boek van Rasley aanskaf.

    3. “The story within” ook van Alicia Rasley te koop vanaf haar webwerf in papier of elektroniese formaat. Dis ‘n baie handige werkboek en ‘n uitstekende handleiding om te gebruik by die beplanning van ‘n nuwe storie.

    Besoek gerus ook haar webwerf by http://www.rasley.com daar is oneindig baie (gratis!) waardevolle inligting en artikels oor skryf en skryfdinge.

  7. 1. Ek wou graag op internet inskryf vir Holly Lisle se skryfkursusse, maar dis duur en ek vind dit moeilik om dit so te doen, want ek is bietjie tegnologies gestremd.
    Toe ontdek ek dat haar ou kursusse op Kindle as e-boeke beskikbaar is teen ‘n fraksie van die prys van ‘n kursus. Ek vind haar boeke baie meer ‘userfriendly’ as haar kursusse. Daar is ‘n hele klomp, maar ek het hierdie een gekoop vir ‘n begin en vind dit baie prakties uitvoerbaar:

    Create a Plot Clinic by Holly Lisle.

    2. Om die helde se trou-sku gedrag te verstaan, lees gerus: R M Johnson se Why men fear marriage.

    • Hettie, skryfvaardighede is universeel in wese dieselfde. Dit maak nie saak in watter taal jy skryf nie, die verskillende aspekte bly dieselfde. Daar bestaan bitter min goeie handleidings oor die skryfkuns in Afrikaans. Daarom lees ons maar die Engelses. Ons is gelukkig dat ons wel tweetalig is. 😛 😛

      • Ek stem met Hettie, maar verstaan ook jou punt. Weet jy wat sal vir my egter baie nice wees, en hier is die versoek: Kan jul nie ‘n tipe info blad opsit, waar skrywers kan gaan om agente ens te ontmoet nie. ( Die kennis wat mens kry op die internet, Amerikaans, laat dit so maklik klink: gaan na konferensies, stel jouself voor, ontmoet ander skrywers etc. etc. ) Nou vra ek, WAAAR doen mens dit in Suid=Afrika, in Nelspruit?

  8. Terug pieng: My Top 10 Gunsteling Boeke oor Skryf « ameliastrydomskryf

  9. Baie dankie vir al die inligting. Ek gaan van die boeke aanskaf, my beplanning, karakters en agtergrond is reeds gedoen. Ek dink mens moet self ‘n romantiese siel he om romanse te kan skryf, sodat jy jou karakters kan verstaan. Ek is baie opgewonde. Baie dankie.

  10. Kan iemand dalk vir my die Kindle boek vir romanse-skrywers wat saamgestel is deur die Mills & Boon editors (gratis beskikbaar en propvol tips) ePos na PrinslooHL@saps.gov.za? Ek sukkel om dit af te laai. Ek hoop iemand kan my help. Baie dankie.

  11. Sjoe, ek het nie geweet dat daar soveel boeke is oor boeke nie, ek bedoel, boeke oor hoe om boeke te skryf nie. Ek is ‘n beginner, en voel baie oorweldig deur al julle skryf-boeke en raad en sal graag wil weet waar om te begin. Watter boeke sal julle aanbeveel as mens. Dit sal gaaf wees om eposse te ontvang hieroor. My epos is welna4@gmail.com.

Wat dink jy??