Hoe skryf mens?

Hoe skryf mens? February 18, 2011

Dis ‘n vraag wat mense dikwels vra. Ons het net hierdie week weer die vraag gekry:

“Hoe gaan mens te werk wanneer mens n boek wil skryf? Ek weet daar is sekere reëls wat toegepas moet word, en kan glad nie dink dat dit maklik kan wees nie.”

Dis ook nie ‘n vraag wat ‘n vinnige, maklike antwoord het nie. Alicia Rasley, iemand wat haar lewe daaraan wy om mense te leer skryf, stel dit so:

“Novelists make miracles. There’s a reason we speak of writing a book as giving birth: we are creating something out of nothing, and we have to turn ourselves inside out to do it.”

En ja, daar is ‘reëls’. Lees gerus maar die verskille tussen die romanse en die liefdesroman wat vir ons so goed uiteengesit is in ‘n paar vorige artikels. Dit is maar twee van die meer as 100 genres en subgenres wat bestaan.

Die kort antwoord is dus:  Jy moet besluit wat jy wil skryf, uitvind wat die vereistes is wat uitgewers stel vir daardie genre, soveel as moontlik voorbeelde van daardie genre lees en dan eenvoudig die bul by die horings pak en begin!!

Beginners kan gerus die wenke wat ons hier op regs onder ‘Blogroll’ geplaas het, lees. Dit behoort jou ‘n baie goeie idee te gee van waar om te begin.

Maak gerus ook tyd en lees die ouer bydraes onder ‘Argiewe’, daar is raad van onskatbare waarde!

LEKKER SKRYF!

Waar begin ek as ek wil skryf? February 19, 2011

Sommige skrywers begin by ‘n storie-idee of tema, ander weer met ‘n titel en nog ander by die karakters, die agtergrond of ‘n insident.

Hoe dit ookal sy, jy kan nie ver vorder voordat jy nie op jou hoofkarakters en hul agtergrond besluit het nie. Ek kan nie werklik aan die gang kom voordat ek nie ‘n prentjie in my kop van die karakters en die plek waar die storie afspeel, het nie. In my skryfhoekie is ‘n boekrak wat met sy rugkant na my lessenaar toe wys. Ek gebruik die agterkant daarvan as ‘n ‘Storiebord’ waarop ek my visuele beplanning doen. Ek knip tydskrifprente uit en maak ‘n collage daarvan totdat ek tevrede is dat ek nou weet hoe my hoofkarakters en hul omgewing lyk. Sommige skrywers teken selfs ‘n kaart van die dorp of omgewing waar die storie afspeel.

Nou steek ek my notaboeke in die werk. Ek het ‘n notaboek in elke vertrek van die huis. Sodra ek aan iets dink, moet ek dit neerskryf, anders vergeet ek. Heel eerste beplan ek die agtergrondstorie van elke karakter.  (kinderjare, opleiding, gebeure wat tot die aanvang van die storie gelei het) Daarna skryf ek die eienskappe van die hoofkarakters neer en leer hulle sterkpunte, swakhede, begeertes, motiewe en beweegredes vir optredes so ‘n bietjie ken.  Volgende sal ek bv. die hooftrekke van die storie neerskryf. Sommige skrywers doen dit op ‘n tydlyn sodat hulle mooi kan beplan presies waar sekere gebeurtenisse die beste sal inpas. Ander beplan elke hoofstuk tot in die fynste besonderheid.

Nuwe skrywers moet maar die verskillende dinge probeer en toets waarmee hulle gemaklik voel. Jy sal gou agterkom wat werk vir jou en wat nie.

Karakter en emosie February 22, 2011

‘n Romanse of liefdesroman moet verkieslik karaktergedrewe en emosiegedrewe wees, eerder as gebeuregedrewe soos ‘n spanningsroman. M.a.w. elke aksie of reaksie van jou karakter moet spruit uit wie sy is en hoe sy voel op daardie oomblik, anders skep jy kartonkarakters wat jou lesers gou sal verveel.

Dis alklaar ‘n mondvol en die spasie hier is te min om werklik reg aan hierdie onderwerp te laat geskied, maar ek hoop om darem die beginnerskrywer te prikkel om meer hieroor te gaan nalees voordat sy haar eerste manuskrip blindelings aanpak. Loer gerus hier bo onder ‘Boeke oor skryf’ as jy nie enige naslaanwerk het oor die onderwerp nie. Feitlik elkeen van die boeke wat ons daar noem, het heelwat daaroor te sê.

Die skrywer moet doodseker maak dat sy haar karakters, hul emosies en hul leefwêreld verstaan voordat sy een enkele bladsy skryf. Die eerste stap vir die skrywer is dus navorsing. Dit is nodig dat daardie spesifieke karakter wat jy beplan in die konteks wat jy vir hom skep, inpas sodat jou storie geloofwaardig sal wees.

Ek vra dat skrywers hier moet vertel hoe hulle te werk gaan om hul karakters te beplan. Ons leer mos graag van mekaar!

Sonder konflik is daar nie ‘n storie nie February 24, 2011

Konflik is die brandstof wat aksie en reaksie veroorsaak en die storie laat gebeur. Daar moet verandering plaasvind tydens die verloop van die verhaal, anders gaan die leser baie gou die boek neersit.

In die romanse is dit die liefdesverhouding wat ontwikkel en groei. In die liefdesroman is dit die reis wat die heldin neem na ‘n ander plek in haar lewe en langs die pad groei en ontwikkel sy in die verhoudinge met die mense om haar.

Dit kan nie gebeur sonder konflik nie. Hetsy dit innerlike konflik is waarmee die karakter worstel of konflik met die mense om haar en die dinge wat in haar lewe gebeur, konflik is essensieel om die storie voort te dryf.

Wanneer die skrywer dus haar storie beplan, is konflik die heel belangrikste bestanddeel wat sy moet inbou.

Ons verwys weereens die beginnerskrywer na die boeke oor die skryfkuns wat ons aanbeveel en ons vra ervare skrywers om te vertel hoe hulle te werk gaan om konflik in hul stories in te bou.

Is talent alleen genoeg? Maart 5, 2011

Ek het eendag iewers gelees dat talent soos ‘n wilde perd is – pragtig en propvol potensiaal.  Om te voorkom dat die wilde perd net doelloos in die veld bly rondhardloop, het hy ‘n halter en ‘n toom nodig en hy moet  ingebreek word, voordat die ruiter hom in ‘n doelbewuste rigting kan stuur en hy van enige nut vir enigiemand kan wees.

Talent is slegs dit: potensiaal. Daardie vaardigheid waarvoor die skrywer die talent gekry het, moet ingeoefen en verfyn word om ten volle te kan ontwikkel. ‘n Skrywer het talent nodig, ja, maar dis nie al wat nodig is om ‘n suksesvolle boek te kan produseer nie. Die skrywer moet haar kunsvorm bestudeer en herhaaldelik inoefen om daardie talent te slyp en te ontwikkel. Ek het al gehoor dat skryfsukses uit 1% talent en 99% harde werk bestaan en het dit beslis self ervaar.

‘n Skrywer wat sê hy het nie nodig om ander skrywers se werk of boeke oor die skryfkuns te bestudeer nie, is nie baie slim nie. Hoekom die wiel van voor af probeer ontwerp as jy net op ou kennis kan terugval en voortbou daarop?

Daardie eerste vyf bladsye Maart 9, 2011

Ons het al gesels oor waar om te begin, maar gister kry ons weer ‘n vraag oor begin skryf en hierdie leser vra: “Maar hoe begin ek?”

Ek antwoord toe ewe vinnig dat dit so goed is as om vir ‘n vlieënier te vra: “Hoe vlieg mens ‘n Boeing?” Ongeskik, nè?

Ek gaan nietemin probeer om kortliks oor die begin van ‘n boek te praat sonder om ‘n hele vliegles te probeer gee.  Jou eerste sin, eerste paragraaf, eerste hoofstuk moet jou lesers intrek en dit moet die verhaal opstel. Met ‘opstel’ bedoel ek net genoeg agtergrond gee sodat die leser kan weet waar dit afspeel, wie die karakters is, wat aangaan en wat om moontlik verder te kan verwag.

Eerste sin: Op engels praat ons van ‘n ‘hook’, want die eerste sin moet die leser so vasvang, dat sy nie die boek kan neersit voordat hy klaar is nie. Dit moet ‘n stelling maak of ‘n vraag vra wat die leser sal laat aanhou lees. Lees gerus meer oor sulke ‘hooks’ soos bespreek in die artikel ‘Lokval vir ‘n Leser’ onder ‘Artikels’

Waar begin ek?: Die storie moet midde-in ‘n toneel begin. Die karakters moet alreeds aan die gang wees met dit waarvoor hulle daar is. Natuurbeskrywings en mymeringe oor die verlede is uit, want die aksie moet begin. Dinge moet gebeur!

Agtergrond: Baie skrywers trap in die slaggat om eers die agtergrond van die verhaal te wil skets – dit is gewoonlik vervelig en die leser sit die boek neer. Agtergrondinligting kan stukkie vir stukkie later deurgegee word soos die leser nodig het om die dinge te weet.

Raad aan nuwe skrywers: Doen jou beplanning, gaan sit op jou agterent en skryf. Die eerste poging hoef nie perfek te wees nie. Hoe sal jy ooit weet of jy kan, as jy nie regtig probeer het nie? VASBYT!!

Vir wie skryf ek? Maart 17, 2011

Geen skrywer kan ‘n woord op papier sit voordat jy nie doodseker gemaak het dat jy weet wie jou boek gaan lees nie. Jy moet weet vir wie jy skryf om te kan weet hoe om jou storie aan te bied.

Romanselesers is geensins meer net die verveelde huisvroue soos dikwels geïnsinueer word nie. Die romanseleser is ‘n intelligente vrou (of man) wat presies weet wat sy/hy tussen die bladsye van ‘n boek soek. Hulle standaarde is hoog en hulle verwag om nie net vermaak te word deur wat jy skryf nie, maar ook om uit hul alledaagse lewens weggevoer te word na ‘n plek waar geluk en liefde en ‘n gelukkige einde ‘n gegewe is.

Hulle verwag ook ‘n interessante, unieke storielyn wat goed deurdink is. Die suksesvolle romanseskrywer kan buite die boks dink, maar steeds binne die parameters van die romanse bly.

A tall order? Jip!

Moet nooit jou leser onderskat nie. Sy kan ‘n mediese dokter, ‘n advokaat of selfs ‘n professor in wiskunde wees. Mense uit alle lae van die samelewing lees romanses. Of dit nou ‘n tienermeisie of ‘n negentigjarige in ‘n ouetehuis is wat jou boek optel, sy weet wat sy in daardie boek wil sien en jy gaan haar nie ‘n rat voor die oë draai nie.

Doen dus deeglike navorsing en beplan ‘n storie wat enigeen se aandag gaan vasvang en behou tot op die laaste bladsy!!

Vrees vir mislukking April 1, 2011

Ons kry so dikwels noodroepe van aspirantskrywers wat begin met die woorde: “Ek weet nie of my werk goed genoeg is nie …” ‘n Vrees vir mislukking is seker die een vrees wat feitlik elke mens mee worstel. Vandat jy baie klein is, word jy beloon as jy goed doen en bestraf indien nie. Almal van ons soek die beloning en vrees die bestraffing. Hier op hierdie einste blog hoor ons daagliks skrywers melding maak van daardie gevreesde verslag van die redakteur of resensent. Die enigste manier om daardie vrees te oorkom, is om rondom dit , dwarsdeur dit en bo-oor dit te gaan en die kans te waag. Soms moet jy dit onderdeur spring ook. Komaan, waag daai kans, skryf daardie boek wat lankal in jou kop broei en STUUR DIT IN vir ‘n uitgewer of daardie kompetisie met die lekker prysgeld wat in die koerant was. Wie nie waag nie …

Kan ‘n mislukte manuskrip ‘n goeie ding wees? April 4, 2011

Ons het gesels oor ons vrees vir mislukkig, maar wat nou as dit werklik gebeur? Wat doen jy as jou manuskrip weggewys word, of heeltemal uitmekaar getrek word deur kritici?

Wanneer jy op die golf van sukses ry, loop jy gevaar om te vol selfvertroue te raak en dis moontlik dat jy dan nie werklik meer jou beste probeer nie. Jy oorweeg nie meer elke woord en elke aksie van jou karakters soos jy moet nie. Of jy raak oorversigtig en wil alles perfek hê en voor jy jou kom kry, is die spontaniëteit uit jou werk uit.

‘n Mislukking kan jou terugbring aarde toe en kan jou dwing om jou gekose pad te bevraagteken en te heroorweeg. Daardie heroorweging kan dalk ‘n positiewe draaipunt in jou kreatiewe werk wees.

Dink jy ook dat ‘n mislukking of twee goed kan wees vir ‘n skrywer?

Hoe gee ek my storie interessante kinkels? April 8, 2011

Nadat jy ‘n hele aantal boeke publiseer het, raak jou idees ‘n bietjie dun om die lyf. Dis dan wat jy alles moet uithaal om kreatief te bly. Ek het net gister hierdie oulike idee in een van Holly Lisle se boeke oor skryf raakgelees:

Maak vir jou ‘n lêer vol van brokkies wat jou kreatiewe sappies weer aan die gang sal kry: Tydskrifartikels, enigiets vanaf die internet wat jou oog vang, advertensies, aanhalings, prentjies … jy kry seker die idee. Dit hoef nie enigsins iets met jou storie te doen te hê nie. Dis juis daardie aweregse iets wat jou storie ‘n interessante kinkel kan gee. Oorweeg elkeen en dink of dit dalk ‘n gebeurtenis of ‘n onderwerp van bespreking in jou boek kan wees. Gebruik dit soos mens speserye by kos gooi: ‘n bietjie van dit, ‘n knypie van daardie en ‘n skeutjie van nog iets net vir die lekkerte … h’mm … my brein werk alreeds in hoogste rat!

Wanneer jou muse weer wekruip, ruk jou idee-lêer uit en siedaar!

Wat dink julle?

Die ekonomie van woorde April 15, 2011

‘n Leser het onlangs gekla: “Skrywers veerveel my met lang verduidelikings en ‘n gewonder oor niks.” Dit klink vir my of hierdie leser vir die skrywer wil sê dat sy onnodig baie woorde gebruik om iets te sê wat sy in veel minder woorde dalk beter kan uitdruk.

Aspirantskrywers wonder weer dikwels hoe op aarde hulle ooit by daardie vereiste 45 000 of 75 000 woorde van ‘n manuskrip gaan uitkom. Dis wanneer jy die vetjies begin inbou om die manuskrip langer te kry en net daar trap jy in ‘n slagyster. Jy swig voor die versoeking om onnodig baie woorde te gebruik om te sê wat jy wil sê.

Diegene wat weet vertel dat ons tydens de eerste draft nie te veel aandag hieraan moet skenk nie, want dit kan die spontaniëteit van ons werk bederf. Later, wanneer jy jou werk redigeer, moet jy egter die snoeiskêr inlê en ontslae raak van daardie onnodig baie byvoeglike naamwoorde, lang beskrywings en ellelange gedagtemonoloë wat in elk geval net gebeure onnodiglik weer herhaal.

Jy moet ekonomies met woorde omgaan en tot die punt kom. Dan beweeg jou storie vinniger voort en laat jy die leser aanhou omblaai sonder om dit een maal te oorweeg om die boek neer te sit.

Is jy geneig om onekonomies met woorde te werk?

130 comments on “Hoe skryf mens?

  1. Dankie vir hierdie! Ek’s besig om aan ‘n storie te werk. Dit is nie ‘n romanse of liefdesverhaal nie, maar wat sal ‘n storie wees sonder romanse/liefde? 🙂 Die struikelblokke wat ek nou al teëgekom het, is hier bespreek en dit gee my baie meer moed vir die moeilike pad wat voorlê. Ek het nuwe respek vir skrywers gekry, julle laat dit baie makliker lyk om te publiseer as wat dit is!

  2. Hallo, ek het die 17de Januarie begin skryf aan ‘n liefdesverhaal. Ek het nou eers een hoofstuk (4400 woorde) klaar en dit lyk of ek weer alles sal moet verander. My eerste paragraaf is ‘n beskrywing van ‘n vistenk – wat baie simboliese waarde het in die storie. Ek lees nou hier dat die storie eerder midde-in ‘n toneel moet begin. Ek herhaal (sover) nie regtig iets nie, maar ek gebruik baie beskrywende woorde. Ek het geen gedagtemonoloë nie – ek sê gewoonlik net hoe sy voel, nie wat haar presiese gedagtes is nie.

    • Hallo my naam is Gwendoline Kordom.Ek is n aspirant-skrywer en het begin met n basiese kreatiewe skryfkurus.Ek sukkel n bietjie met formatting en paragrafering.Ek wil net weet,behalwe die internet is daar ook n Dummies boek vir dit?Baie dankie.

  3. Hi Madelie
    Baie dankie ,vir al die inligting,waardeer dit baie,wel om te begin,ek hoop nie jy dink ek het n lang asem nie,maar ek het begin om gedigte te skryf,in engels,met navorsing uitgevind dis nie baie winsgewind nie,maar omdat ek verslaaf is aan lees,het ek snaaks genoeg,gedink hoekom nie,ek werk tans in n hospitaal,so ek het besluit om n mediese roman te begin nogal in afrikaans,ek dink ek is al by 30 000 woorde,so ek bou nou daaraan,bv nog kinkels in die kabel ens ,maar ek dink ek is bietjie agterste voor ,ek het net at”random “getik ,so ek gaan raad he hoe die eintlike maniskrip moet lyk,ek moet se ek is verskriklik “excited en droom al van my boek,ek gaan slaap boek,staan op boek ens sal terugvoering of kretiek hoogs waardeur,weereens dankie,nou voel ek meer gerus en dat my skrywery dalk tog nie n gejaag na wind is nie,ons praat weer.DIDI

    • Didi, dit klink my jy het ook die DUMMIES boek nodig. Daarin is als wat jy wil weet. Daar is net een Afrikaanse uitgewer wat mediese romans uitgee (NB – ‘n onderafdeling van Tafelberg uitgewers), so jy sal moet uitvind wat hulle vereistes vir sulke manuskripte is. Dit kan jou baie onnodige moeite spaar.

      Lees ook van hulle mediese romans sodat jy kan sien hoe dit gedoen word voordat jy verder gaan.(die groen Hartklop boeke) Onthou, uitgewers pas nie by dit wat skrywers wil doen aan nie, skrywers moet die voorskrifte van uitgewers volg.

      Die neerpen van jou storie soos wat jy reeds gedoen het, is maar die eerste stap in die skryfproses. Nou begin die harde werk. Maar moenie moed opgee nie, byt vas en geniet dit!!

  4. Hi Mense

    Ek het pas my eerste boek geskryf wat nog nie gepubliseer is nie. Dit is nou by Marianne Strydom. Die boek is 55,000 maar ek is bang dat ek dalk te min beskryfwing om gebeure, plekke en mense gegee het. Die boek is 80% waarheid met n bietjie fiksie ingebou. Dit behelse romanse, aksie, terreur aanvall, moorde en werklike liefde tussen twee mense en die omgee en liefde vir jou naaste. Dit geskied in die apartheids era.

  5. Jul web blad is n andwoord op n droom waarmee ek al baie jare mee saam loop. Ek wil baie graag skryf. Ek gaan begin by die boek wat jullle voorgestel het – Dummies. Ek is n hopelose romantiekus met n verbeelding so wyd soos die naghemel in die sahara, ek wil skryf met my hart waar dit saak maak my kop waar dit nodig is met bietjie lag wat dit lekker sal maak om te lees. Ek self is baie lief vir lees en het al n baie groot verkydenheid boeke van groot en minder groot name in ons afrikanse skryfwereld gelees. Hoe werk dit as ek klaar is met die manuskrip waarheen stuur ek hom kan julle my dalk se baie dankie Amelia Swanepoel

    • Amelia, daar is nie baie publikasiegeleenthede nie, maar daar is wel drie uitgewers in die land wat liefdesverhale uitgee. Jy sal slim wees om uit te vind wat hul vereistes is voordat jy baie maande se harde werk dalk onnodig doen. Koop gerus die DUMMIES boek. Kyk by http://www.lapa.co.za by ‘Manuskripvoorlegging’ vir Lapa se vereistes. Die ander twee is NB Uitgewers en Malan Media. Dit kos vasbyt en harde werk om ‘n boek uitgegee te kry. Sterkte!!

  6. Dankie ek het baie vir die inligting, hoewel ek kortverhaal skryfster is, en nog sukkel om middel toe te swem, help elke stukkie raad hier vir my.

  7. Ek het al meer as een boek geskryf, voltooi, daarvan gehou EN nou lê dit verwytend vir my en kyk op my rekenaar se hardeskyf…. Ek is vrek bang om my voltooide manuskripte in te stuur na ‘n uitgewer toe!!!!! Ek hanteer kritiek nie baie goed nie en ek is bang dat sodra 1 uitgewer 1 van my manuskripte verwerp, en nooit eers weer die pen sal kon optel om ‘n storie lewe te gee nie! Ek sit met soveel idees vir nuwe stories en selfs opvolg reekse, dit wil my partymaal tot raserny dryf! Ek hou daarvan om te skryf oor temas wat die mens raak of oor kwessies wat vir my belangrik is, een van vele belangstellinge is die Afrikaner se geskiedennis in die land en hoe jong kinders en die jeug nie eers weet wie is Wolfgang Woldemade nie, of Gerit Maritz nie! Maar kan geskienkundige romans nog aanslag vind by lesers? Mors ek nie my tyd deur ure se navorisng te doen nie?

    • Zandrea, gaan lees gerus op ons voorblad oor die vrees vir mislukking. Jy sal dit moet oorkom. Geen skrywer se werk word gepubliseer sonder enige kritiek nie, jy sal dit maar net gewoond moet raak as jy werklik ‘n skrywer wil wees. Komplimente bring mens nie juis iewers nie, maar opbouende kritiek wel. Die uitgewers weet presies wat hulle wil hê, volg dus gerus maar hul voorskrifte. Moet ook nie sommer net ‘n storie skryf voordat jy nie seker is daar is ‘n uitgewer wat in sulke stories belangstel nie. Jy kan jouself jarrrrrre se werk spaar as jy eers uitvind wat is in aanvraag en wat is die uitgewer se riglyne vir daardie spesifieke genre. Lekker skryf!!

  8. Haai julle, Ek is besig met ‘ karakteraangedrewe verhaal en dit word vertel in die gemengde kombuis Afrikaans van die Wes Kaap. Tans beloop dit 20 000. Hoeveel is die norm? Watter uitgewer sal daarin belang stel? Hoe maak ek kontak met hulle? Moet ek bv. ‘n voorbeeld van eerste hoofstuk stuur? ens.

  9. Hi Daar ek is 20 jaar oud ek teel met french poodle’s en wil iets anders met my tyd doen toe skiet iets net in my kop ek het soveel goed wat in my kop rond draai, Ek het die idee gekry hoe om te skryf maar ek het nou een probleem hoe weet ek waneer om te stop ek wil net skryf die dag in en die dag uit! Wat doen ek om my self te laat besef dis nou genoeg vir een dag? Dankie baie vir die raad en hulp op die website dis raad uit ‘n 1000 dankie!

  10. My seun is 13jaar oud, stel baie belang om te skryf. Is absoluut gek na lees, uit die aard van die saak uitstekende spelling(wat ek agterkom, nie in vandag se skole bestaan by kinders). Ek het by die Universiteit van Potchefstroom uitgevind van skryfskole, en gaan hom beslis inskryf. Hy het toevallig die week n skooltaak gekry, waarin die onderwyser n uitleg wil he van waar hy moet gaan studeer en in watter rigting en wat dit gaan kos. Is daar iemand wat kortliks so iets aan my kan deurgee?? Of moet ek maar weer met Universiteit skakel?

    • Hallo Marna!
      Ja, dis die beste om liewer die universiteite self te skakel. Hulle het allerhande nuwe kursusse waarvan ons nie noodwendig weet nie. Intussen moet jou seun lees,lees, lees en alles oor skryf uitvind wat hy moontlik kan. Dan moet hy natuurlik ook soveel as moontlik skryf. Die oefening is bitter belangrik.

  11. Ek was nog nooit lief vir lees nie, om die waarheid te sê ek het nie eers my voorgeskrewe boeke op skool klaar gelees nie! Ek het wel so paar kort stukkies en verhale geskryf, en mense (gereelde lesers) bly my aanmoedig om te gaan sit en skryf. Sal die “Dummies” my help met die ‘moets’ en ‘moenies’ in die skryfkuns? Wat is die minimum woord gebruik van kortverhale? Voorbaat dank.

    • Bok, dis nou die vreemdste dinge wat jy hier kwytraak. Iemand wat nie lees nie, maar graag wil skryf? Ek staan verstom! As lees jou nie interesseer nie, hoe op aarde kan jy wil skryf? Mens leer hoe om te skryf deur te lees. Ja, jy kan baie leer uit die Dummies boeke, maar dit is DIK boeke. Sal jy kans sien om dit te lees?

      Tydskrifte het almal verskillende vereistes vir hul kortverhale. Jy moet besluit watter soort kortverhaal jy wil aanpak en dan vasstel watter tydskrif sal belangstel in sulke verhale. Daarna kan jy uitvind wat die vereistes van daardie spesifieke tydskrif is. Skryf is nie sommer net vir gaan sit en tik ‘n paar gedagtes wat in jou kop kom nie. Jy moet weet vir wie jy skryf en wat jy nou eintlik met jou verhaal wil sê. Dan moet jy sommer BAIE van daardie tydskrif se verhale lees om te kan sien hoe dit gedoen word en watter soort skryfwerk daardie tydskrif se verhaleredakteur sal goedkeur. Die skryf van goeie kortverhale kos BAIE lees en BAIE skryfoefening! Kortverhale is nie noodwendig makliker om te skryf net omdat dit kort is nie. Sterkte met jou voorneme!!

    • Oh aardetjie tog. Hier sit ek voor my rekenaar en skryf – en ek het nog nooit ‘n boek in my lewe geskryf nie. As kind (8-10 jaar oud) was ek lief daarvoor om die pragtigge stories in die huisgenote te lees en daarmee saam, Liewe Heksie, Blikkies en Bollie. Ek kon nie wag vir die nuwe huisgenoot om uit te kom nie, ek was gulsig vir daai stories. Tyd het gekom en gegaan en ek het my liefde vir die stories en lees verloor. In standerd 8 het ons vir afrikaans – Fiela se Kind – gekry om te lees en sou dan later toetse skryf oor die boek. Ek was min gespin met daai boek en enige ander boek wat dit lees aan gegaan het. Ek weet nie wat gebeur het nie, die jufrou het my voorentoe geroep om ‘n stuk uit die boek voor te lees, wat ons by die huis moes gaan lees het as oefening. En daar staan ek en sukkel want ek het mos nie my huiswerk gedoen nie. Toe raak die jufrou mos nou ultra slim en sê ek skryf die opkomende week ‘n toets oor die boek en die antwoorde sal wees tussen bladsy 1 en bladsy 50. Ek het daai middag huis toegegaan die boek opgetel, vanaf bladsy 1 begin lees en toe ek myself kry, toe kon ek nie die boek neer sit nie. En net daar het my liefde vir lees weer terug gekom. Ek is baie lief vir Historiese Romanse en ek lees graag ‘n boek wanneer ek in die bui is daarvoor. Ek sal baie graag ‘n kort verhaaltjie van my eie wil skryf, maar ek gaan beslis iemand se opinie nodig kry om my te help met die regte bewoording en waar en wanneer om kommas en punte te gebruik. Met die taal verwarring van vandag is my afrikaans ook nie meer wat dit was nie. Swak sal ek sê. haha

  12. Ek het kortverhale begin skryf en na ‘n vier mislukkings het ek nou 2 na mekaar reggekry wat gepubliseer gaan word. Natuurlik is ek in die wolke maar weet daar is nog baie beitelwerk. Lees, lees en nogmaals lees is ongelukkig ‘n moet. Dit het my die gevoel gegee van wat tydskrifte soek in hul kortverhale. Aanhouer wen. Vra my ek weet. As ek egter nie so baie van skryf gehou het nie sou ek lankal tou op gegooi het. Doen dit eers net vir jouself en geniet dit. Jy sal aanvoel as jy die regte een beet het.

    • Amelia, elke skrywer het sy/haar eie skryfstyl, daar bestaan nie boeke in Afrikaans oor skryfstyle sover ek weet nie. Oor Afrikaanse spelreëls is daar die AWS (Afrikaanse Woordelys en Spelreëls) en die A-Z van Skryf Afrikaans. Daar is ook ander lekker nuwe boeke oor skryf in Afrikaans wat onlangs verskyn het.Kyk ook na ons lys van boeke oor skryf deur te klik op “Boeke oor Skryf” hier bo.

    • Die enigste manier om te leer, is om wel te skryf en baie te lees van die genre wat jy wil skryf. Lees ook gerus alles hier op die blog en kyk veral na ons leeslys daar bo onder “Boeke oor skryf”. Daar is wonderlike boeke op ons lys.

  13. Baie dankie vir die wonderlike raad en advies, glo my ek gaan skryf en bly plak en plyster aan my storie tot ek 100 persent tevrede is. Ek is al vir jare ‘n asprante dromer en ek wil graag ‘n sukses maak. Julle help baie. Ek gebruik op die oomblik my man se E-pos adres. My naam is Rina Kruger.

    • Dit hang af watse soort boek dit is. Voordat jy begin skryf, vind jy eers uit of daar wel uitgewers is wat sulke boeke uitgee en jy vra wat hulle vereistes is, anders werk jy dalk maande aan iets wat geen uitgewer in belang sal stel nie. Indien dit ‘n liefdesverhaal is, dit word uitgegee deur Lapa UItgewers, NB uitgewers en Malan Media. Soek hul webwerwe op die internet en kyk wat is hul vereistes vir die manuskripvoorlegging. Sterkte!! Hoop jy kom reg.

  14. Ek het so 2 maande terug ‘n boek begin skryf oor gebeure in my lewe wat eintlik om my dogter en haar probleme gaan. Dis dus gebasseer op ware gebeure maar ek is bang die boek gaan nie dik genoeg wees nie. Ek het baie om te vertel maar ek is nie een om baie dinge te beskryf nie. Moet ‘n mens die omgewing en woonplekke ens beskryf? En ook wil ek graag weet, wie sal so ‘n boek publiseer?

    • Beskrywings kan belangrik wees as dit help om jou storie en die agtergrond daarvan in te klee, maar dit moet nie oordoen word nie. Baie lesers vind dit vervelig. Hulle lees agter die storie aan en slaan dikwels die beskrywings oor.

      Besoek die webwerwe van uitgewers, kyk na hulle voorkeure vir manuskripvoorlegging en kontak hulle oor jou boek. Moenie vir maande lank werk aan iets wat geen uitgewer dalk in belang sou stel nie. Daar is gewoonlik kontakbesonderhede op die webwerwe. Google net die naam van elke uitgewer, dan sal jy dit wel kry.

  15. Ek ht ‘n begeerte om ‘n outobiografie te skryf wat handel oor mishandeling in die huwelik hoe begin ek en is daar ‘n aanvraag v sulke boeke . Waar vind ek ‘n spookskrywer ?

  16. Van jongs af het ek hierdie droom om boeke te skryf . In die laaste tyd wys God my dat ek oor alkoholisme en die gevolge wat dit op ‘n gesinslewe het moet skryf . Ek het persoonlike ondervinding daarvan . Is dit moontlik dat ek ‘n outobiografie kan skryf wat handel oor drankmisbruik en mishandeling. Kan u my asseblief verduidelik hoe ‘n outobiografie geskryf word en waar ek ‘n spookskrywer kan vind . Ek lees elke dag en is lief v boeke vandat ek ‘n baie klein dogtertjie was.

  17. Die beste plek om hierdie dinge uit te vind, is by die uitgewers self. Die Afrikaanse uitgewers is almal hier op die internet en jy kan hulle kontakbesonderhede op hul webwerwe bekom. Hulle kan vir jou sê of hulle sou belangstel om so-iets uit te gee en hulle sal jou sekerlik kan help om ‘n spookskrywer te bekom. probeer vir http://www.lapa.co.za

  18. Ek het ‘n boek geskryf en saamgestel oor die seer in mense se lewens.Die boek bevat getuienisse oor my eie lewe,ek soek ‘n uitgewer

  19. Dankie vir die goeie raad Madelie 🙂 My eerste boek word ook binnekort vrygestel. Ek wil net vir almal sê – moet nooit moed opgee nie – moet nooit ooit moed opgee nie. Ek is al menigde kere ingelig dat my manuskrip nie goedgekeur is nie, maar het maar net aanhou probeer. Moes maar elke keer weer en weer deur die manuskrip werk, om te sien wat verkeerd kan wees. Het elke keer my manuskrip verander – tot die laaste keer wat hy aanvaar is. Die boek se naam is – Pa, ek vergewe jou. Is tans besig met die opvolg van die boek.

  20. Goeie naand.
    Ek het onlangs besluit ek wil skryf. Ek is mal oor lees en baie lief vir skryf en my verbeelding kan party keer woes weg hardloop met my. Ek wil graag ‘n kleuter boek skryf vir my seuns, ‘n boek met wenke en DIY dinge wat ek al self getoets en gemaak het en dan ‘n liefdes- plaasverhaal. Wie kan ek kontak om meer uit te vind van ruglyne en publisering van die drie boeke?

  21. Beplanning is essensieel. Gaan lees Steve Peha se PDF The Writing Teacher’s Strategy Guide (Full Version) en Planning a Novel PDF deur Michael Amos. Gaan kyk ook op Woes en Litnet se webwerf vir wenke.
    Skryfgeheime en Vryskutskrywer bied kursusse aan.
    Amelia

    • Hi Luzia!
      Dit hang af watter genre dit is. Jy moet uitvind watter uitgewers sal belangstel om jou boek te publiseer. Besoek die webwerwe van uitgewers en lees hulle voorskrifte by “Manuskripvoorlegging”. Daar is ook adresse waarheen jy die manuskrip moet stuur.

  22. Hallo,
    Ek’s 25 en wil baie graag n boek skryf. Ek het nog nooit geskryf nie.
    Die ding is, ek voel ek moet een skryf om af te pak. Ek wil skryf oor my eie lewe van hoe ek groot geword het en waar ek vandag is.
    Eks deur verskriklik baie moeilike grootword jare en het probleme elke dag waarmee ek moet saamlewe.
    Ek soek asb raad oor hoe ek moet begin skryf en of dit sal help om n dagboek te he waar ek my daaglikse gebeure kan opsom?

    • ‘n Dagboek of ‘n joernaal is ‘n baie goeie beginpunt, Lourens. Selfs ‘n blog kan werk, want as jy blog, kry jy terugvoer van ander mense wat partykeer baie kan help. Doen net die blog onder ‘n skuilnaam as jy nie wil hê mense moet wet dis jy en jou probleme nie.

  23. Ek wil n boek skryf maar het geen talent in daardie rigting. Ek is opsoek na n spookskrywer om my te help. Dit gaan oor renosterstropery. Wat die boek uniek maak is dat dit nie soos al die ander boeke uit ander se oogpunt vertel word nie, maar deur iemand wat betrokke was.

  24. Madelie, Ek is ook een van die vele aspirant boekskrywers. Ek het reeds heelwat navorsing gedoen oor boekskrywery, en sê dankie vir al die raad van jou kant af.Jy het baie geduld met mense wat nie net ‘n bietjie uit hul eie wil doen nie, lees nie jou kommentaar hierbo nie, en vra dieselfde vrae oor en oor. Dankie vir jou geduld.
    Ek het gister na ‘n praatjie van Madri vd Walt by ons leeskring geluister, dit was werklik insiggewend. Die proses van redigering tot die druk van ‘n manuskrip het waarlik my mond laat oophang. Dit moet ‘n wonderlike ervaring wees om ‘n boek uit my eie hand op die boekwinkel se rak te sien, na al die hande wat die storie geslyp het.
    Ek gebruik my vrou se naam vir my e-pos omdat elke jan rap en sy maat se naam Gerhard is. Dit lyk of al die Hollandse en Duitse voorgeslagte se naam Gerhard was.

    • Ai, Pieter, ek skryf voltyds, boonop het ek nog heelwat ander verpligtinge. Ek bedryf hierdie blog vrywillig, ek staan NIE in diens van die lesers nie! Ek is bietjie moedeloos met die mense wat almal dieselfde vrae oor en oor vra wat ek talle kere hier bo reeds beantwoord het. Hulle moet net die moeite doen om die inligting wat alles reeds hier en op ander plekke op die blog is, te lees.

  25. Ek is ook n aspirant skrywer wat deur n proses gegaan het wat my baie tot voordeel strek. Ek het my 1ste manuskrip na n manuskrip-onwikkelaar (Madri Victor) gestuur. Sy het n verslag van 8 bladsye opgestel met kommentare en voorstelle tot verbetering. Die fooi was n skrale R1500 en was dubbele en dwars die moeite werd. Ek het aanpassings gemaak (oorskryf) en weer aan haar gestuur. Alhoewel sy steeds opbouende kritiek gegee het, het sy aanbeveel dat dit met die nuwe aanpassings goed genoeg te wees vir voorlegging. Ek het my manuskrip na Umvusi gestuur en het n baie goeie verslag gekry, maar net-net nie geslaag om dit goedgekeur te kry nie. Weereens het ek die verslag ter harte geneem en my manuskrip is nou voorgele aan NB se Groot Roman wedstryd. In kort, maak van n manuskrip-ontwikkelaar gebruik, stuur dit na uitgewers toe en GEBRUIK die verslae om te verbeter. My manuskrip is 128 000 woorde lank en ek sit met die verslae om PRESIES te weet waar ek moet verbeter. Dus, stuur in en neem die kritiek ter harte em moenie bang wees om te herskryf nie.

  26. O ja, amper vergeet ek die belangrikste. Ek het die Afrikaanse skryfgids (Riana Scheepers en Leti Klein) aangeskaf wat DUMMIES en Boeke oor Skryf goed behoort aan te vul. Voor dit het ek nie geweet van karakter ontwikkeling en die invul van ruimte nie, net om n paar te noem. Die gids handel oor n verkeidenheid genres sowel as kortverhale, gedigte en selfs toneelskrywing. Ek sluit die volgende bestelling informasie in:

    SBN: 9780143530152Format: Trade paperbackRecommended Price: R240.00Published: June 2012
    About the book:
    Wil jy skryf? Het jy kundige en ervare skrywers se hulp nodig om jou ideaal te verwesenlik? Die Afrikaanse Skryfgids, ‘n hulpmiddel vir voornemende (en reeds gepubliseerde) skrywers, kan die wonderwereld van woorde vir jou open. Hierdie omvattende gids – die eerste in sy soort in Afrikaans – is gemik op almal wat meer van die skryfkuns, skryftegnieke en die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf wil weet. Die medewerkers, almal gerekende skrywers op hul onderskeie spesialiteitsgebiede, stel die inligting op ‘n toeganklike manier bekend. Hulle deel hul “fabrieksgeheime”, praktiese raad ten opsigte van die skryfproses wat oor lang jare van frustrasie en foute ontwikkel is, nou ruimskoots met voornemende skrywers. Niemand hoef in dieselfde slaggate te trap nie.

  27. Ek wil graag weet of dit die moeite werd is om storie te skryf oor my gestremde verhaal? Ek is hardhorend, en is besig om vir my kogleer implanting te kry. Waaroor die storie gaan, hoe my lewe was en na kogleer implant hoe dit my lewe verskil gemaak. Die rede daarvoor, sodat mense kan verstaan waarom is kogleer belangrik vir elke gehoorstremde en dat dit verskil maak. En vir die gehoorsgestremde, sodat hulle kan ook verstaan hoe die kogleer implant in proses is, dat hulle moenie dink dat dit oornag kan gebeur nie.

    • Klink goed, Shirley. Is jou boek in die eerste persoon geskryf? Watter genre is dit? Onthou net, verkieslik is romanses in die derde persoon, en chick lit weer in die eerste persoon. ‘n Roman kan enigeen van die twee wees.

  28. Hi, Ek wil so graag ‘n boek skryf oor my dogter se lewe en my bekommernisse daaroor. So dit is ‘n ware storie met ander name. Ek het nou maar 8000 woorde sover. Hoe lank moet ‘n storie wees en waar kry ek uitgewers? Is daar mense wat jou boek kan lees en dan foute regmaak en raad gee?

  29. Tien uit tien vir Madelie! Ek staan verstom oor die onbaatsugtige diens wat jy aan al die aspirant skrywers bied. Wonderlike raad vanuit n ervare oog! Doe so voort!

    • Dis gaaf van jou om so te sê, Rinda!! Ek help graag en deel die dinge wat ek op die swaar manier self moes uitvind met ander wat wil skryf. Het net nie aldag tyd om so vinnig te reageer hier op vrae nie. *bloos*

  30. Ek het ’n paar ATKV Skryfskole bygewoon en het gedink ek het al die kennis in pag totdat ek Madelie se aanlyn kursus in die skryf van romanses begin doen het (prakties). Dit is baie insiggewend en ek leer steeds baie. Besig om die boek heeltemal te herbeplan en die eerste hoofstuk oor te skryf vir die kursus. Dis toe nie so maklik nie, mét al die boeke oor skryf en naslaan werke. Op die ou end moet mens jouself maar net daartoe verbind (commit). Soos prof Hans sê, daar is net een manier, die B.O.S. manier (Bas Op Stoel). Ek moes eintlik al ’n romanse op die rak gehad het met al die tyd wat ek op die internet mors met kyk na alles oor skryf. Alhoewel dit altyd interessant is. Dankie vir jou geduld Madelie.

    • Dankie vir jou getuienis, Wilhelmina! Ja julle, Wilhelmina is reg. Jy kan jarre lees oor hoe om te skryf en gesels oor daardie boek wat jy wil skryf en NIKS bereik nie. Gaan sit net en DOEN dit!! Vind uit wat uitgewers soek, doen ordentlike beplanning, JA, maar die eintlike ding is die SKRYF en HERSKRYF!!

  31. Wat ek wil weet is… as ek begin skryf, watter skrif, spasiëring, ens. gebruik moet word?

    Is daar spesifikasies wat gevolg moet word?

  32. Die skrif moet New Times Roman 12pts wees, alhoewel Ariel sonder die onnodige krulletjies is en makliker gelees behoort te word deur veral ou mense. Volg die volgende instruksies soos aangegee in AFRIKAANSE SKRYF GIDS:
    Druk Control A om al die teks te selekteer.
    Kies Page Layout en kies volgende funksies:
    Allignment: left
    Outline level: Body teks
    Left: 0
    Right:0
    Special: 1.27 cm of 48 pts
    Before: 0 pts
    After: 0 points
    Line spacing: dubble
    1ste pat van n hfstk begin teen kantlyn
    Voorspoed met die skryf

  33. Die beste is om seker te maak watter verseistes stel die betrokke uitgewershuis óf publikasie. Die meeste gee redelike uitgebreide notas oor hulle voorkeure. So versoek sommige dat hoofstukke elke slag op ‘n nuwe bladsy moet begin. Ander vra dat daar nie spasies oopgelaat word nie.

    Ek gaan ‘n werkwinkel aanbied oor die versorging van manuskripte. Ons gaan ook na die gebruik van taal kyk. Datums sal op ons blog en Facebook-blad bekend gemaak word.

  34. Hi my naam is Stephen. Ek bly in Upington en het die begeerte om kortverhale te skryf oor aaledaagse dinge en ook die interresante stories wat mense soms met my deel. Ek is ‘n onderwyser in die Kalahari, en ontmoet daagliks die interresantste mense denkbaar. Kan iemand my asseblief help,bv. Is daar boeke wat ek kan bestel wat my kan help, plekke waar ek kan inskryf of iets relevants.

    • Stephen, lees gerus die res van die blog, ek is seker al jou vrae sal beantwoord wees as jy dit doen. Kyk ook onder die afdeling: Boeke oor skryf. Elke tydskrif het sy eie spesifikasies en vereistes vir kortverhale. Dis die skrywer se eie verantwoordelikheid om uit te vind wat dit is.

  35. Goeie more. My naam is Cecilia. Ek het so paar jaar begin om n storie op pappier neer te sit. maar ek twyfel sterk of ek hom moet klaar skryf. sukkel bietjie met die konflik gedeelte. my karrakters kom uit een uit die verlede en een in die hede. dit is baie ingewikkeld en is nogal baie om te verduidelik. ek het insperasie nodig om klaar te skryf. het gedink dit sal maklik wees. maar tog nie.

  36. Die inspirasie is tydelik. Oral, ook hier word jy aangemoedig om te skryf al misluk jy hoeveel keer. Ongelukkig verloor n man inspirasie as die uitgewers jou nie eers terug kontak om te se dat nie goed genoeg was nie. Net n bietjie terugvoer waar jy verkeerd gegaan het sou al help. So probeer maar terwyl die inspirasie hou.

  37. Groot respek vir APB (RIP), maar ai toggie! Behalwe dat hy so 30 jaar terug die gewaagde (taboe) seksuele- en kleur-Rubicon oorsteek het, is sy beskrywende teks soms/meestal deurspek met wat grens aan verbale diarree. Aanvanklik was dit ’n malse kakofonie-’wow’ (dis hoe dit klink toe ek dit hardop lees), tot ek myself afvra; Is dit Afrikaans? Praat mense só? Lees dit gemaklik sonder dat jy moet konsentreer oor wat die man nou eintlik gorrel. Die ergste is dat ‘moderne’ skrywers dink dis die ‘benchmark’…en so ook ongelukkig uitgewers. Gert Sarrisam (Engelbrecht) van Garies, Daleen Mathee (en nog ’n effense paar skrywers) se pragtige stories (romans?) in volksmond is kosbaar. Elke leser geniet die ongekunsteldheid waarmee die plot, tema, ruimte en tyd in goeie Afrikaanse ingekleur word sonder die pretensieuse (beïndruk die leser, m.a.w. skryf vir homself) ‘skryfkuns’. Gee APB die eer van innoverende woordspeling, maar dis nie Afrikaans soos ons dit wil praat en lees nie.

  38. Ek het ook baie getwyfel of ek moet probeer skryf. maar nou het ek ‘n storie in my kop en dit moet uit. Ongelukkig neem dit baie navorsing!

    • Hi
      Ons is bevoorreg om afrikaans te kan praat en verstaan. Dis een van die moeilikste tale. Wel,Ek skryf kinderboeke.En ja fiksies.Madei “Jy is puik”
      Hou moed.
      Lorraine fourie.

  39. Hi. Ek probeer al jare n boek skryf. Ek begin en dan los ek weer of delete dit want dan het die lewe verander. Ek het verander. Ek wil skryf om my hart te troos oor dinge wat so vreeslik ver is van my en wil ek skryf oor “what if…..”. Kan ek net skryf en dit dan vir iemand gee om dit te publiseer of hoe werk dit? Dankie vir interessante blog. 🙂

  40. Mmmmm!!!! Ek het al begin om ‘n boek te skryf. Ek is al by 16000.Nadat ek hierdie kommentaar (nie gelees het), maar deeglik bestudeer het, het ek besef dat navorsing en naslaanwerk van uiterste belang is. Om raad te soek en kers op te steek by die kenners, om deur die ervaringe van andere te leer en om baie tyd te spandeer in die beplannings proses. Danksy hierdie kosbare advies en raad sal ek nou die vorentoe skrywery vir eers STOP en al die “klasse wat ek gebank het” herbesoek. Daar is so baie wat ek vernalatig, misgekyk en ook versuim het om te doen. “Die beste uitweg is die deurweg.” Nou weet ek, al sal nie ‘n mislukking wees al sal ek dit nie maak nie, maar dat ek suksesvol is omdat ek probeer het. Dankie vir hierdie “eye opener.” Was soos ‘n orientasie werkswinkel!!!!!

      • Dankie Madelie… gevorder tot by 56 000. Na baie lees en op lees. Nou besig met redigering. Het wonderwerklik op die Afrikaans WSpel program afgekom en afgelaai….is ‘n geweldige hulp met speltoets. Dis ‘n tipe van aktualitieits roman (‘n lewensverhaal) deurspek met flaktuerende emosie, gebore uit terugslae, weerwraak, teleurstelling, wanhoop, geloof, deurdruk, aanhou en wen met die hulp van die gemeenskap, vriende en familie. ‘n Jong Nama man v.d Bondelswarts stam wat sy werk in die staatsdiens verloor het, uit depressie sonder sielkundige hulp beur, alkoholmisbruik opgee en met sy verloofde wat ook deur haar pa wat sy nooit geken het ontken is, ‘n uitmergelende lewe as bokwagter op die dorre vlaktes van die kommunale reservaat in die suide van Namibia voer. Die boek sluit af met vergifnis, hereniging en herstel (‘n vlug na Frankfurt) en stel die landskappe, dorpies, kulture, tradisies en enkele merkwaardige persoonlikhede in die suide van Namibia dramaties en illustrerend voor.Die uitdaging: wil graag my eksemplaar voorle maar ons het nie (of altans weet ek nie van Afrikaanse Uitgewers in Namibia) waarheen ek kan gaan nie, of wat met Suid Afrikaans Uitgewers skakel nie. Ek het ook gelees van mense wat kan help met eksemplaar voorbereiding. Kan u dalk help met mense of instansies in Namibia. Ook met Namibiese Afrikaanse skrywers waarby ek kan kers opsteek. Ek is nie Afrikaans nie maar Nama sprekend. Te danke aan ons baie Afrikaans deur meestal Afrikaans medium skole en kulture voor en na onafhanklikheid het die taal maar in my are bly vloei. Help asseblief.

  41. Ek is 39 jarige vrou,sit al vir 10 jaar met drie kinderboeke in my kop en half geskryf op papier.Ek is so bang vir kritiek..Ek soek eindlik n “Ghost wtriter” is dit n goeie idee dat iemand anders jou boek skryf.dankie vir al die inligting

  42. Dankie.Kan u my se waar kan ek leer om mooi afrikaans te skryf…ter seldertyd in afrikaans te leer.My Engels laat veel te wense.Hie hie…Ek is Lettie in Alberton.Dis n groot lekkerte om my ware verhaal te skryf, maar wil graag op die regte pad wees. Enigge voorstelle om deur die pos te studeer?Eks al 48.

  43. Aan Barthlomeus A. Pieters. Bart, sou jy n boek uitgee wat lesers op n indeks opsoek, stel ek voor dat jy van die A. ontslae raak. Dit het gewerk vir die ou skrywers soos Jean M. Auel, N.P. van Wyk Louw en A.P.Brink. As iemand eendag jou boek op die net soek, raak dit baie moeilik.

    Ek se nie jy moet nie die tradisionele uitgewerkoers volg nie, maar daar is n BETER uitweg soos ek later sal verduidelik.

    Tradisionele uitgeweres in Afrikaans is in groot moeilkheid. Gaan kyk na NB se notule wat op die net beskibaar is. Bitter min boek-agente is bereid om boeke van debuutskrywers te aanvaar omdat dit baie moeilik is om dit aan die ketting-boekwinkels te bemark (geen media dekking). Dus, elke uitgewers sal n risisko aangaan met groot uitgawes indien hulle n ‘ongekwalifiseerde bemarkbare’ boek publiseer.

    Maak seker jy het n BAAAAIIE goeie manuskrip. Laat n manuskrip-ontwikkelaar soos Madri Victor daarna kyk @ minder as R2000, Sy sal jou raad goeie raad gee en ek is seker daar is meer soos sy – soek net.

    n Goeie manuskrip het REELS nodig. Dit beteken n verdere R4000 – R6000 . n Basiese skryfkursus (moet nie te veel verwag nie). Maak doodseker daar is n goeie inreaksie tydens die kursus. My 1ste kursus het ek as n NEE! NEE! ervaar sonder om my te se waar ek moet verbeter. Ek het ook ervaar dat dat die aanlynkursus die aanbieder se ‘ekstra geldjie’ vir die maand is. Tussen naweek-seminare en n legio van ander werk, is, jy wie reeds betaal het, glad nie op terugvoerlys nie – eers later wanneer jy navraag doen en dan is dit n NEE! NEE! antwoord. Dus, maak seker (hoe sal n mens weet as jy klaar betaal het?) dat jy vir n goeie kursus inskryf. Gooi n muntstuk in die lug of speel ienie, maainie mou. MY ERVARING!
    Met die 1ste spel- of grammatikafout, gaan jou manuskrip vuilgoedmandjie toe. Anders as in die outyd, toe die uitgewers nog wins met n uitgawe gemaak het, wil hulle die minimum risiko loop en JY moet al die uitgawes aangaan en jy kry n belaglike 13% tantieme van jou maande/jarelange poging.
    Maak seker jy gebruik n BAAAIIIEE goeie redigeerder en proefleser.Moet nooit die 2 fuksies skei nie. Redigering begin by jou, alhoewel iemand anders dalk kan help. n Goeie diensverskaffer kan beide funksies dek teen dieselfde prys.
    Waak teen selfuitgewers – daar is net 1 selfuitgewer; en dis jyself. Die meeste van hulle het self nog nooit n boek geskryf nie, maar wil teen n x bedrag jou boek uitgee deur n goedkoop omslag te ontwerp (die ‘image’ van die intenet trek wat jy kan doen).
    DAN: vergeet van die 12 of 13% tantieme – na JOU FINANSIELE UITGAWES. Gebruik eerder Kobo of Amazon om jou boek te publiseer teen 70% tantieme.
    Te veel van jou lange ure voor n rekenaar word misbruik deur ‘ek sal jou help’ tussengangers wat op die ou end meer geld uit jou hartsproduk maak as jy.
    Kry n manuskripontwikkelaar en n redigeerder/proefleser, betaal daarvoor en plaas jou boek oral in die wereld as n eboek uitgawe.
    Ek gaan eersdaags n boek skryf om die detail van my ervarings en die makliker prosesse weer te gee. Let wel,
    MAKLIKER sonder die ewige bakhandstaanders wat ook geld uit jou boek wil maak nie.
    Terloops, Barthlomeus, my 1ste trilogie heet Die Nama-trilogie en ek is besig met die Haia (Khoi-seun) trilogie. As jy weer deur Springbok ry, kry my boeke daar.

    • Liewe Pieter Gouws! Jy is juiste sleutel uit my donker ruimte. Jou raad? Deurslagewend in hoofletteers. ‘n Besliste aansporing en fenominaal aanmoedigend vir beginners. Dit laat my onbekende ruimtes ontdek… verbreed my horisonne en verlig my voorgenomme pad na deurslag. Ek is u innige dank verskuldig…. en ek glo andere baat by u meesterlike ervaring in die kuns van skryf. Ek sal altyd met vrymoedigheid by u kers opsteek…. Dankie! Ek sal moontlik oor ‘n paar maande in die Springbok area wees….sal graag u Nama trilogie wil lees. Totdat ons weer verder gesels…. Groetnis!

    • Hi Pieter

      Sjoe!!!! …..Het uiteindelik klaar geskryf. Ek sit met ‘n geredigeerde Eksemplaar (62 000 woorde) en wil dit graag in eboek vorm laat druk. Ek wend my weereens tot u vir raad, advies en moontlike verwysings na moontlike betroubare diensverskaffers op hierdie gebied asook ‘n paar wenke en dinge waarvoor ‘n mens versigtig moet wees. Maak staat op u deskundigheid!!! Tot ons weer gesels. Groetnis!

  44. Middag aan almal

    ek wil net n opinie he asb. Ek het so 6 jaar terug n boek begin skryf oor my lewe as kind en al die gebeure wat daarmee saam gaan. In die tyd wat ek die eerste 45 bladsye geskryf het, het die boek “Dis ek Anna” uit gekom. EK het die boek gelees en dit het my afgesit van my eie boek wat ek begin skryf het. Die gebeure in die boek “Dis ek Anna” het soveel gebeure in wat tog maar deel is van die gebeure in my lewe. Ek wil SO GRAAG my boek skryf maar is tog so bang mense dink dat eke vrou wat gemolesteer is en mishandel is n boek wil skryf.

  45. Elmarie, ek dink jy moet jou boek skryf. Dit is tyd dat vrouens n stem kry. Daar is nog n boek met dieselfde tema met die naam: Thula Thula of so iets wat meer detail het. Nie een van die twee spreek egter die volle omvang van die manipulasie en sielkundige mishandeling aan wat met molestering gepaardgaan nie. Ek is tans besig met n boek oor n volwasse vrou wat vasvevang is in suiwer emosionele en sielkundige mishandeling sonder enige geweld sodat die publiek bewus gemaak kan word van die erns daarvan. Sterkte. Ek glo jy moet altyd eerste vir jouself skryf. As die verhaal uit jou hart kom, sal die leser dit ook geniet

  46. Ék het n lewensverhaal wat so onwerklik en gekompliseerd is dat ék werklik n skrywer nodig het om hierdie ongelooflike ondervinding en belewenisse te verwoord.

    Geensins n situasie van kindermolestering of n sad kinderlewe nie. Inteendeel. Dis n verhaal van hoe verskriklik n lewe kan verkeerd loop en die implikasies daarvan. Twee vriendinne van oor die 30 jaar se pad saam en ongelooflik
    lewensgetrou die emosies en gevolg is.

  47. More almal ekt maar net getik op Google wat ek gedink het en toe kom ek nou hier uit. Ek probeer skryf maar ekt nie n idee hoe nie. Ekt al n storie geskryf en ingestuur maar hy was te kort en hulle het gese hys nie geskik vir my teikenmark nie. Ekt nie eers geweet ek het n teikenmark nie. Ek hou van horrors dis al wat ek kyk en basies lees. Ek is mal oor boeke van Steven King, Dean Koontz, J.K Roling en R.R.K Tolkien. Sulke stories fasineer my. My storie was oor n groep tieners wat vriende word en Dan word die een meisie gestalk en sy kry creapy smse en foonoproepe ens. Dan word van ha vriende doodgemaak en al al wat hulle verdink is nie die stalker nie ons sien eers aan die einde wie dit is. My tienerdogters en hulle vriende het die storie geniet. Ek verstaan nie wat hulle Dan bedoel met nie geskik vir my teikenmark nie. En ook presies hoeveel bladsye maak n boek?

    • Martie, vind uit wat die uitgewers se vereistes is VOORDAT jy verder skryf. As jou boek vir tieners bedoel was, is Afrkaanssprekende tieners jou teikenmark. Wat jy dink is geskik, is nie noodwendig dieselfde as wat die uitgewers dink nie. Woon ‘n kursus by en LEER wat jy nodig het om te weet.

  48. Martie,
    Madelie Human bied aanlyn skryfkursusse aan en by Skryfgeheime is ook aanlyn kursusse. Alles praktiese kursusse wat baie insiggewend is. Kyk gerus daarna.Lekker skryf.

  49. Goeie dag
     
    Vergewe my asb indien my navraag nie op hierdie adres hoord nie . Ek is egter baie onkundig in die bedryf en wil net bietjie raad vra 
    Ek is nie ‘n skrywer van enige formaat nie. Ek glo ook nie ek het die geduldige karakter om die intrike wereld van skryf te betree nie , maar ek het wel etlike jare gelede ‘n storie geskryf wat deur gebeure tydens my skool jare geïnspireer is .
    In 1983 (std 5) en weer in 1988 (matriek) het ons twee skoolmaats onderskeidelik tragies aan die dood afgestaan . Hierdie tydperke was uit die aard van die saak traumatiese tye wat vandag nog sterk in die geheue is . Die raad wat ek graag wil vra is die volgende . Die storie is uiteindelik na al die jare min of meer voltooi en ek glo dit is hoegenaamd nie op uitgawe standaard nie . Ek glo egter wel dat , met die regte raad en leiding dit wel kan wees . Die storie is dus opgedra ter nagedagtenis aan die twee maats en Indien dit bereikbaar is sal dit n besonderse lewens wens vervul om dit in boek vorm gedruk te kry . Hoe kan ek te werk gaan ?
    Die storie bestaan uit 10 hoofstukke , 26659 woorde en 60 A4-grootte bladsye. 
    Ek wil net graag weet of dit enigsins enige potensiaal het en meer tyd en moeite werd is 
     
    Enige terugvoer sal hoog op prys gestel word
     
    Met dank

    • Rick, jammer ek het nie hierdie post van jou gesien nie. Die enigste manier om uit te vind, is om dit na ‘n uitgewer te stuur. gaan na die uitgewers se webwerwe en vind uit wat hulle vereistes is. Kyk by Manuskripvoorlegging.

  50. Baie dankie almal ek het nou so gekonsentreer op die boodskappe en somer nuwe moed gekry.So pas my afgekeurde manuskrip brief van LAPA afgekry en sit nou op “jammerbekkie “se stoep.Julle het my nou rerig opgebeur.

  51. Hi daar ek het n paar maande terug begin om n liefdes vehaal te skryf maar ek is opsoek na riglyne . Hoeveel woorde per hoofstuk en hoeveel hoofstukke word toegelaat. Eks sal graag in kontak wil bly met julle en deel wat ek skryf. Ek is n huisvrou en het n groot verbeelding daarom besluit om n liedesverhaal te skryf. Ek het al baie liefdes verhale gelees en wil nie n vervelige boek skryf nie maar een met humor en aksie ook in. Enige hulp sal ek verwelkom.

  52. Ek is ‘n oupa en wil graag vir my kleinkinders kort stories oor dwergies skryf.
    Ek het al ‘n paar keer stories oor dwergies opgemaak en aan hulle vertel,maar sal graag my hand aan pen wil probeer.,
    Hoe gaan ek te werk?

  53. Baie dankie vir die artikel dit het baie antwoorde op my vrae gegee en dit het my rigting gegee. Ek is self ‘n leser en weet presies hoe dit voel om nie n boek te kan neersit voordat ek dit nie klaar gelees het nie, maar ken ook die gevoel wanneer n boek my so verveel dat ek nie eers die eerste hoofstuk wil klaar lees nie. Ek is besig om n boek te skryf en dit is alles behalwe maklik maar met positiwiteit en artikels soos hierdie maak dit alles moontlik. Ek sal graag op datum gehou wil word van die volgende onderwerp en riglyne. Elke bietjie informasie help en ek leer graag van ander.

  54. Halo, my naam is Christina , ek het al hope papiere en aantekenings oor n boek wat ek wil skryf, n lewens verhaal, my eie een. Dit is kort stukkies wat ek onthou vandag more weer onthou en as ek so deur dit lees weer ander onthou, ek het deur al die boodskappe gelees stadig en het weer so baie geleer, ek dink ek wil nou begin hierdie lewenspad van niks en nerens iewers heen te stuur. Enige raad , dit behels iets van als, hoop, hartseer, vrede, kwaad,

  55. Hi daar
    Ek is seker een van die min jong mense van vandag wat so diep in n boek vas gevang kan word. Vir solank as wat ek kan onthou was dit nog altyd my droom om te skryf. My nuwe jaars voorneme was om die jaar te begin. Ek het deeglik my navorsing gedoen en het uiteindelik laas maand begin. Dit vat baie uitvee en oorbegin, terug gaan na die brein kaart, inspirasie ens. Ek het hier n hele paar nuwe wenke geleer en gaan beslis van daai boeke gaan soek om my te help!
    Daar is vir my n groot vreugde om te sien hoe my karakters begin vorm vat, en ek hulle meer kan lewe kan gee
    Baie dankie vir die insig wat hier gegee is en almal se raad en kommer oor hulle meester stukke

  56. Dit klink fantasties Ek is een van die min mense wat alles kan onthou wat al met my in die lewe gebeur het Ek is gebore as Annemarie Nieuwoudt 12 /5/1955 16.10 nm Peace Haven de Beersweg Strand asook waar ek gewoon het my ouers gewoon het asook waar my ouma en oupa grootjie gewoon het hulle afstammelinge uit my familie asook my pa se familie Ek het teruggegaan in die geskiedenis en navorsing gedoen aangesien ek wou weet.Daar is ook n Hugo boek en Huis in Murdoch valley Simonstad Die huis gebou in 1902 staan vandag nog in al sy glorie Al was ek daar as n kind van so 5 jaar oud ek sal vir julle gaan wys waar die huis is ook die Hugo begraafplaas in Simonstad

Lewer kommentaar op Lauricka De Kock Kanselleer antwoord