Skrywersbootvaart!

Kyk by hierdie skakel vir ‘n baie besondere skryfskool!
Daar is nog ‘n paar plekke oop!

http://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=233011663452681&id=232887896798391&notif_t=feed_comment#!/events/232887896798391/

Advertisements

Alweer tyd vir die ATKV-Skryfskool!

Die ATKV-Skryfskool van die NWU is al mondig, maar een van sy oudste projekte, die Herfsskool, bly ’n immergroen affêre.
Van 19-23 Maart 2012 maak ons weer so – flikflooi ons weer met die woorde.
Bekroonde en bekende skrywers wat ook boeiende geselsers is, soos P.G. du Plessis, Hans du Plessis, Deon Meyer en Piet Steyn, kom gee inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as prosaskrywers. Die besonder gewilde Tim du Plessis en Blouwillem Theron word die kuns van prikkelende rubriekskryf afgevra. En digter Martjie Bosman en sanger Herman van den Berg Lees voort

Wenners van die Romankompetisie

Iemand het onlangs hier gevra en hier is dit nou:

Die wenners van die Lapa Roman- en Jeugromankompetisie is Saterdagaand, 4 Maart, tydens ’n spoggeleentheid in Stellenbosch by die Rupert Museum aangekondig. Baie geluk aan die wenners in hul onderskeidelike kategorieë:

Jeugromankompetisie

Wenner (R25,000) Nanette van Rooyen (Ek was hier)

Twee naaswenners (R15,000 elk) Carina Diedericks-Hugo (Permanente ink)

Fanie Viljoen (Poenks)

Romankompetisie

Wenner (R100,000) Fransi Phillips (Net ’n lewe)

Naaswenner (R50,000) Marinda van Zyl (Vrypas na Vergenoeg

ATKV-Skryfskool 2011

Die jaarlikse Herfsskool vir skrywers word vanjaar weer deur die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit aangebied en bekendes uit die skryfwêreld sal as aanbieders optree. DATUM: 21 Maart 2011 – 25 Maart 2011
PLEK: Potchefstroom
KURSUSSE: Hoe skryf ek ʼn rubriek, prosa, poësie, kinderliteratuur?Hierdie bene loop gelyktydig tydens die skryfskool.
KOSTE: R3 000,00 per persoon wat deel. Luukse verblyf in die nuwe Puk Sports Village, Potchefstroom vir 4 nagte, ontbyt ingesluit.
SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 4 Maart 2011
TOELATINGSVEREISTES: Eie skryfstuk, soos hieronder uiteengesit. Vir vyf dae word daar intensief aan jou eie skryfwerk geskaaf deur skrywers, uitgewers, groepleiers en werkswinkelaanbieders. Aan die einde van die Herfsskool word ʼn bywoning­sertifikaat toegeken. Om tot die Herfsskool toegelaat te word, word daar ʼn skryfstuk gevra wat jy saam met jou inskrywing voor die sluitingsdatum, 4 Maart 2011, moet instuur met ʼn deposito van R500,00 (nie terugbetaalbaar nie). Hierdie skryfstuk van jou word deur die loop van die week in kleingroepverband met jou bespreek.
NAVRAE
Tel: 018 299 1783
Faks: 018 299 1784
kobie.vanaswegen@nwu.ac.za