Wil jy graag leer hoe om ‘n romanse te skryf?

Hier is net die ding vir jou:

e-Poskursus in die skryf van Romanses
Boekhart

Wil jy graag ‘n skrywer word? Wou jy nog altyd leer hoe om heerlike romanses te skryf wat jou lesers se tone sal laat krul van pure lekker? Hier is jou kans om in die gerief van jou eie huis oor ses maande te leer presies hoe dit gedoen word.

Die kursus is nie akademies van aard nie, maar dis ’n interaktiewe proses waartydens jy op ‘n informele en praktiese manier gelei word om daardie storie-idee wat al so lank in jou woel, te ontwikkel en neer te pen. Tydens die kursus leer jy als wat jy nodig het om jou eerste romanse te beplan en te begin skryf onder leiding van ervare romanseskrywer, Madelie Human.

Vir meer besonderhede, kontak my per e-pos by madeliehuman@lantic.net

Advertisements

5 comments on “Wil jy graag leer hoe om ‘n romanse te skryf?

  1. Moet asseblief nie kom met die verwagting dat die kursusaanbieder jou reeds voltooide manuskrip vir jou moet ‘regdokter’ nie. Tydens die kursus beplan en skryf kursusgangers ‘n romanse volgens die voorskrifte van die kursus. Jy kan mos altyd later self jou ou manuskrip regdokter!!

  2. Hallo Madelie Ek skryf nog altyd Dramas en draaiboeke of Industrile Teater maar het nog nooit ‘n Roman aangedurf nie. Ek sal graag wil leer en soos jy in di skrywe s – is dit op informele manier en oor 6-maande. Dankie en ek hoor graag van u! Anthony SPEEDo Wilson

    Anthony Wilson P R O D U C T I O N S 536 Statice Road Eersterust PRETORIA 0022

    Tel: (012) 806 7858 Cell: 082 341 7272 Fax: 086 546 0495 Email: anthony.speedo.wilson@hotmail.co.za

    A Candle Loses Nothing By Lighting Another Candle…

    Date: Mon, 24 Mar 2014 10:29:46 +0000 To: anthony.speedo.wilson@hotmail.co.za

    • Anthony, miskien moet jy net doodseker maak van die terminologie hier: ‘n romanse is ‘n romance, ‘n liefdesverhaal. ‘n Roman is ‘n novel en ek vermoed dis wat jy wil skryf?
      Daar is heelwat goeie kursusse daarvoor, o.a. die ATKV se jaarlikse Herfsskool by die Universiteit van die Noord-Weste en die South African College of Writing bied een aan, sowel as die SAVryskutskrywers. Google dit ‘n bietjie.

      As jy wel belangstel in die romanse (daar is ander mans wat dit doen!) stuur vir my ‘n e-pos, dan stuur ek vir jou al die inligting.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s