Hoe meer haas, hoe minder boek.

KoffieAlte dikwels hoor ek skrywers kla oor die wiel van die uitgeeproses wat so stadig draai. Hulle kla oor die baie tyd wat dit neem van die oomblik wat jy die boek begin skryf tot die dag wat jy die eerste eksemplaar in jou hand kan hou. Al hoe meer beginnerskrywers wil deesdae liewer hul werk self publiseer, want dit skakel so baie wagtyd uit – alles kan dan soveel vinniger gebeur.

Ongelukkig wys daardie haas dan in die kwaliteit van die boeke wat so blitsig deur die meul gedruk is. Soveel van die selfgepubliseerde boeke wat as e-boeke verskyn, is nie die spasie wat hulle in die kuberruim opneem, werd nie. Baie daarvan kon ‘n baie beter kans op sukses gestaan het as ‘n goeie redakteur dit onder hande kon neem of die skrywer self net meer geduld aan die dag gelê het om sy werk af te rond.

Daar is nie ‘n stukkie skryfwerk wat nadat dit ‘n rukkie in jou onderste laai was, verbeter kan word nie. Tyd is eintlik die skrywer se beste vriend. Skryfwerk is soos goeie rooiwyn: Elke paragraaf, elke sin en elke woord kan heroorweeg en moontlik verbeter word nadat jy dit ‘n rukkie kans gegee het om te ‘verouder’ in daardie onderste laai.

Wanneer jy dit dan weer uithaal en met vars oë daarna kyk, sien jy sommer baie verbeterbare uitdrukkings en idees raak. Wanneer ‘n skrywer spog dat hy sy manuskrip in drie weke of ‘n maand voltooi het, wonder ek alreeds oor die kwaliteit van daardie werk. Jy kan vinnig werk aan jou eerste draft wanneer jou storie goed beplan is, maar daarna begin die eintlike werk aan jou manuskrip eers – die redigering en die herskryf.

Dis doodnatuurlik vir enigeen om opgewonde daarna uit te sien om jou boek in jou hand te hou, maar sou jy nie veel eerder ‘n GOEIE boek in jou gretige kloutjie wou vashou nie? Skryf is herskryf … is herskryf … is herskryf. Stephen King vertel dat hy sommige tonele tot ses of sewe maal herskryf voordat hy en sy redakteur albei tevrede is. Is dit ‘n wonder dat hy miljoene van sy boeke verkoop kry?

Advertisements

2 comments on “Hoe meer haas, hoe minder boek.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s