‘n Kersgeskenk van jouself aan jouself!

geskenkBederf jouself met iets wat jy nog altyd graag wou doen: Leer hoe om liefdesverhale te skryf. Koop ‘n e-poskursus wat jy maklik in jou vrye tyd kan afhandel binne ‘n paar maande. Klik hier bo op SKRYFSKOLE en kontak my per e-pos vir meer besonderhede.

Advertisements

3 comments on “‘n Kersgeskenk van jouself aan jouself!

  1. Beste Madelie, Linelle, Bets en Alta.

    Ek volg al lánk die blog en het uiteindelik genoeg moed bymekaar geskraap om hier te kom raad vra.

    Ek is ‘n jong, blinkoog student van 21, met ‘n hele paar gepubliseerde kortverhale op my kerfstok. Ná deeglike bestudering van LAPA se publikasievereistes het ek besluit om my hand aan ‘n Romanza te waag.

    Lees is nog altyd deel van my lewe – te danke aan ‘n ma en ouma wat my van jongs af aan goeie boeke blootgestel het. Op ‘n onbetaamlike jong ouderdom, aangehits deur einste ouma, het ek al my eerste Romanza verslind. Daarna was daar geen keer!

    Die Romanza waaraan ek werk, speel in die mooie Stellenbosch af. Dis ‘n heerlike jong storie propvol snaarstywe spanning en romanse. Waaroor ek egter bekommer is dat dit moontlik té jonk is. My held en heldin was in hul studentejare vurige lovers en loop mekaar ná vyf jaar weer raak. Die terugflitse is dus van jong, en soms wulpse, studente. Ek is tog waaksaam en sorg dat alles smaakvol en tog konserwatief bly.

    Moet ek my aanslag verander?

    Enige raad sal waardeer word!

    Vrede, voorspoed en vrugbaarheid vir julle!

    • Hi, D!
      Ek is soo jammer dat ek nooit jou post hier raakgesien het nie. Oor jou vrae: As jou materiaal reg hanteer is, sal jou karakters se ouderdomme nie saak maak nie. Pasop vir te veel terugflitse, want die romanse moet in die hier en nou afspeel en terugflitse kan steurend wees en die leser se aandag aftrek van die eintlike storie. As jy wil vertel wat in die verlede gebeur het, is dit raadsaam om dit liewer in jou dialoog in te werk. Liefdestonele vir die Romanza moet nie net smaakvol wees nie, maar moet ook nie te grafies raak nie.

      Sterkte met jou storie!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s