Skryf is soos kind grootmaak

BookbabyWanneer jy ‘n manuskrip begin, heers daar groot opwinding en jy het baie planne vir jou nuwe skepsel, net soos die groot lekkerte van om ‘n nuwe baba die huis in te bring. Maar baie vinnig volg pajamadril en tandekry … of moeilike karakters en kinkels in die storielyn wat nie uitwerk nie. Die terrible two’s kom en die skattige baba raak stout. Jou storie haak vas en jou slim idees lyk glad nie meer so oulik soos toe jy jou storie beplan het nie.

Met harde werk en groot geduld is jou eerste draft klaar, jou kind is by die tienerstadium en nou begin jou moeilikheid in alle erns: dis herskryf en maniere leer, redigeer en touwys maak en uiteindelik kom albei tog darem eendag anderkant uit. Jy skaaf en poets nog aan die manuskrip, leer jou kind nog ‘n laaste bietjie “maak soos ek sê” dinge en dan kom die tyd dat jy terug moet staan. Jou kind is volwasse en vaar die wye wêreld in … jou boek is oop vir kritiek van uitgewers, resensente en lesers.

Advertisements

2 comments on “Skryf is soos kind grootmaak

  1. Dis ‘n baie waar woord wat jy hier kwytraak. My huidige storie het in die terrible two’s vasgehaak en weier volstrek om hom maniere te laat leer. Dit gaan met skop en slaan gepaard, en wie die hardste skop en slaan, ek of die storie, weet ek nog nie!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s