ATKV Woordveertjie 2013 wenners!!

En hier is al die ATKV Woordveertjiewenners met beoordelaars se kommentaar. Van ons kant af: baie geluk!

Die beoordelaars vir die ATKV-Prosaprys was Thys Human, Riana Scheepers en Leonie van Rensburg met die wenner:
Onse vaders – Karin Brynard (Human & Rousseau)
Die beoordelaars beskryf dié werk as ’n goed uiteengesette en ambisieuse roman wat tegelykertyd ook baie toeganklik, meesleurend en boeiend is.

Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Leti Kleyn, Danila Liebenberg en Ilse Salzwedel met die wenner:
Eendagmooi – Kristel Loots (LAPA Uitgewers)
Die boek bevat al die elemente van ’n liefdesroman – ’n held en heldin, allermins perfek, ’n paar kinkels in die kabel, heerlike humor en dan, uiteindelik, ’n gelukkige einde.

Die Prys vir Poësie is beoordeel deur Karen de Wet, Diana Ferrus en Danie Marais met wenner:
Om die gedagte van geel – Petra Müller (Tafelberg)
Die digter slaag daarin om verskeidenheid en samehang onder die dak van een bundel saam te bring. Lesers sal die bundel geniet vir die aardsheid en onomwonde blootsheid daarvan.

Die Prys vir Romanses se beoordelaars was Didi Potgieter, Petro Prins en Kobie van Aswegen. Vanjaar se ATKV-Woordveertjie gaan aan:
Boks vol soentjies – Dina Botha (LAPA Uitgewers)
Die beoordelaars was dit eens dat hierdie boek met die ATKV-Woordveertjie moet wegstap. Die storielyn is nuut en opwindend.

Die kategorie Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Marlize de Jongh en Linda Zöllner met die wenner:
Skoenlapper – Irma Venter (Human & Rousseau)
Venter voldoen aan al die vereistes van ’n spanningsverhaal. Die taalgebruik is deurlopend uitstekend en die storie van begin tot einde boeiend.

Die Prys vir Dramateks is beoordeel deur Juanita Swanepoel, Hennie van Greunen en Wim Vorster met die wenner:
Trippie – Nicola Hanekom
Hanekom slaag daarin om die dramateks vir ’n mens ’n belewenis te maak, in so ’n mate dat jy totaal verplaas word, meegevoer, geroer en stil gelaat word by die lees daarvan – dit vir dae daarna nie uit jou kop kan kry nie – só ’n dramateks verdien bekroning.

Die Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse is beoordeel deur Leon de Stadler, Rufus Gouws en Ernst Kotzé met die wenner:
Longman-HAT Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers (2012) – Uitgewer: Jana Luther (Pearson)
Die beoordelaars was beïndruk met die vernuwende waarde van die woordeboek, asook met die besondere bruikbaarheid van die boek as ’n opvoedkundige hulpmiddel.

Die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans gaan vanjaar aan
Valhalla Park Openbare Biblioteek.
In ’n gemeenskap waar geletterdheid swak is en talle leesuitdagings bestaan, het die Valhalla Park Openbare Biblioteek op die Kaapse Vlakte ’n beduidende verskil in die inwoners se lewe gemaak. Hierdie biblioteek is ’n uitstekende voorbeeld van die rol wat ’n openbare biblioteek kan speel in die opbou en ontwikkeling van ’n gemeenskap deur middel van boeke, en dít maak die Valhalla Park Openbare Biblioteek ’n waardige wenner van die eerste AKTV-Woordveertjie vir Leesbevordering.

Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings vir 2013:
In hierdie afdeling stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke en illustrasies.
Voorleeskategorie: 3 – 6 jaar
• Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Waarvoor is seerowers bang?
• Illustreerder: Chris Venter (LAPA Uitgewers) – Waarvoor is seerowers bang?

Selfleeskategorie: Graad 1 – 3
• Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – ’n Kas vol monsters: Kinderspeletjies
• Illustreerder: Alistair Ackermann (LAPA Uitgewers) – Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van watsenaam

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
• Skrywer: Elizbè van der Colff (Tafelberg) – Nina en die wacky hare
• Illustreerder: Chris Venter (Tafelberg) – Nina en die wacky hare

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7
• Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Al die meisies hou van Divan Louw

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
• Skrywer: Derick van der Walt (Tafelberg) – Hoopvol

Advertisements

2 comments on “ATKV Woordveertjie 2013 wenners!!

  1. Ja, romanses moet beslis nuut en opwindend wees. Jou plot kan hoe goed beplan en wonderlik uitgevoer wees, as jou leser se tone nie krul wanneer sy dit lees nie, moet jy liewer laat staan. Entertainment is the name of the game!!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s