Terugvoer op advertensie vir kursus

Ek was verstom oor die entoesiastiese terugvoer wat ek op die advertensie van my e-poskursus gekry het. Baie dankie dat julle soveel vertroue in my het. Ek sien baie uit daarna om saam met julle meer te leer. Die kursusgangers wat reeds begin het, geniet dit blykbaar baie. Ek sal nog inskrywings kan neem, so as jy nog wik en weeg, kontak my gerus. Hier is van die kommentare wat ek reeds gekry het:

“Ek wil bitter graag ‘n boek gepubliseer kry, maar ek sukkel. Help, asseblief! Die kursus is al wat my nou kan red.”

“Dankie vir die terugvoering. Ek stel defnitief belang om by een van die mees bekende romanseskrywers te leer en ek het baie respek vir jou werk.”

 “Ek wil hierdie geleentheid wat vir my gegun is met altwee hande aangryp. Ek is SO OPGEWONDE oor hierdie geleentheid wat deur jou, my gunstelingskrywer, aangebied word!!”

“Ek was so bly toe ek sien jy adverteer ‘n skryfkursus.  Ek wou nog altyd ‘n boek probeer skryf.  Dis nog een van my drome wat nie waar geword het nie.” 

Advertisements

One comment on “Terugvoer op advertensie vir kursus

  1. Hi,
    Ek gee kurssus in kos maak,tafel dek blomme en kaartjies maak bokksie ens.
    Is nie baie goed om advetensies te skryf nie is daar n manier hoe julle my kan help.
    Baie Dankie
    Hilda Roos

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s