e-Poskursus in die skryf van Romanses

Boekhart

 

Wil jy graag ‘n skrywer word? Wou jy nog altyd leer hoe om heerlike romanses te skryf wat jou lesers se tone sal laat krul van pure lekker? Hier is jou kans om in die gerief van jou eie huis en teen jou eie tempo te leer presies hoe dit gedoen word.

Die kursus is nie akademies van aard nie, maar dis ’n interaktiewe proses waartydens jy op ‘n informele en praktiese manier gelei word om daardie storie-idee wat al so lank in jou woel, te ontwikkel en neer te pen. Tydens die kursus leer jy als wat jy nodig het om jou eerste romanse te beplan en te begin skryf onder leiding van ervare romanseskrywer, Madelie Human.

Vir meer besonderhede, kontak my per e-pos by madeliehuman@lantic.net

Advertisements

30 comments on “e-Poskursus in die skryf van Romanses

  1. Hierdie kursus behoort baie voornemende skrywers die hupstootjie te bied wat hulle nodig het om pen op papier te sit (of vingers op keyboard) of wat praat ek alles.

    • Dankie Marietjie! Ja, dis bedoel om die aspirantskrywer oor daardie eerste hekkie te help op haar pad na die publikasie van ‘n eerste boek. Daar bestaan geen ander kursus in Afrikaans wat suiwer op die romanse gemik is nie en ons behandel die “nuts & Bolts” van die romanse op ‘n baie informele manier.

  2. ‘n Wonderlike geleentheid vir voornemende skrywers om van huis-af ‘n skryfkursus te doen onder die leiding van ‘n bobaas romanseskrywer.

  3. Ek onthou so goed toe ek die begin skryf het, amper so dekade gelede. Ek het nie die vaagste benul gehad hoe om dit te aan te pak nie, en het maar net uit die hart geskryf. Later toe my boek aanvaar is, moes ek baie tyd spandeer om my foute reg te skaaf. As so kursus toe beskikbaar was, sou ek dadelik ingeskryf het. Dit sou my baie tyd en frustrasie gespaar het. Ek glo dis die moeite werd om ‘n paar rand uit te haal om die regte manier van die begin af te leer. Dis ‘n goeie belegging wat jy eers behoorlik sal waardeer wanneer jy jou eerste boek op die rak sien.

  4. Ek wil en gaan daai kursus doen. Het nog altyd geweet ek het ‘n talent gekry om te kan skryf, maar nooit die kans gewaag nie. Ek wil weet by die ander, toe julle begin skryf het…. hoeveel bystand van familie, vriende en metgesel jul ontvang het? Ek is gereed om die stap te neem en voel dis nou die tyd, maar as ek daaroor praat met mense is dit asof hulle my nie kop toe vat nie. Ek dink nie dis omdat hul dink ek kan dit nie doen nie, maar ek kry die gevoel dat mense voel dis simpel en nie ‘n goeie rigting vir enigeiemand om hul toekoms op te baseer nie. Die skryfwêreld is vir baie mense in my wêreld onbekend en hul verstaan dit nie. Of altans verstaan en sien nie soos ek doen nie.

    • My gesin dink ek is baie oulik, alhoewel hulle nie my boeke lees nie. Selfs my tienerseun verkonding sonder skroom sy ma is ‘n skrywer. Maar op die ou end doen ek dit vir myself en nie vir enige erkenning van my familie nie. Ek skryf wel net deeltyds. Jeanettte, ek dink nie jy moet jou laat terughou deur ander se opinie nie. Maak die tyd; doen die kursus en begin skryf. Wanneer jy jou eerste boek in jou hande hou, kan jy dit met trots vir jou mense wys.

  5. Jy’s heeltemal reg, die meeste mense verstaan dit nie. Hulle dink jou naam moet Andrè P Brink of so-iets wees voordat jy jouself ‘n skrywer kan noem. Moenie laat hulle jou ontmoedig nie!! Onthou hierdie: Those who mind don’t matter and those who matter, don’t mind!
    My familie is baie goeie ondersteuners en vertoon met trots my boeke op hul boekrakke. Die mense wat skewe aanmerkings maak, gaan dalk nog op hul neuse kyk as jou boeke begin verskyn! As jy die wil het om te slaag en jy weet in jou binneste jy kan, is jy reeds ‘n skrywer. Doen gerus die kursus. Die romanse is ‘n goeie leerskool en ‘n baie goeie beginpunt. Kontak my op bostaande e-posadres, Jeanette!

  6. Dankie Madelie, ek het reeds laas week alle besonderhede gekry rondom die kursus. 🙂 Sal jou binnekort weer kontak per epos. Dit is soos Susan sê, hierdie is ‘n geleentheid wat ander nie vroeer gehad het nie en ‘n mens moet dit aangryp. Ek wil dit definitief vir myself doen…. dis vir niemand anders nie. Sodra ek myself kan bewys glo ek ander naaste aan my sal dit respekteer en meer waardeer, maar om eers daarby uit te kom laat my besef dis ‘n meer alleen pad totdat die vrugte gepluk kan word.

      • As tannie sê genre-spesifiek, bedoel dit ons mans is nie welkom nie? Natuurlik nie, né?Ek beoog om die heel eerste manlike skrywer vir Romanza te word. Stuur my die besonderhede. My eeste roman is reeds 70% klaar. Is daar iemand wat dit nou reeds kan evaluieer en my sê ek mors my tyd of nie?Ek sal betaal daarvoor.

        o Ja, julle bly die wonderlikste skrywers in my oë, julle maak my lag, huil en motiveer my om ‘n beter man vir my vrou te wees.

        Well Done!

        Gert Wolmarans

        • NATUURLIK sluit dit nie mans uit nie, Gert! Met genre-spesifiek (nie gender specific nie!) bedoel ek dat die kursus suiwer oor die romanse as genre handel. Daar is reeds ‘n paar suksesvolle manlike Afrikaanse romanseskrywers. Ek stuur vir jou die besonderhede.

  7. Man, Madelie, ek het my kis gesoek na hierdie blog. Kon dit nie op die Skrywersblog kry nie. Weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie. Maar uit die reaksie wat jy reeds gekry het, dink ek dit gaan baie van ons help. Sterkte!

  8. Lees nou eers raak oor die skrywers inligting. Is die inligting nog beskikbaar. Ek stel ook belang in skryf. Het hordes stories in my kop, maar geen idee hoe om dit vas te pen nie .

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s