ATKV Lenteskool vir die skrywers van romantiese fiksie

 

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met LAPA- en NB-Uitgewers en Malan Media, bied van Donderdag 5 tot Saterdag 7 September 2013 ‘n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Bekende skrywers Sophia Kapp, Amelia Strydom, Anna Penzhorn en Magdaleen Walters, asook uitgewers Charlene Hougaard, Hester Carstens en Daleen Malan, tesame met personeel van die ATKV-Skryfskool, gaan as aanbieders optree en fokus op die liefdesverhaal.

 

Hierdie slypskool, van drie dae, op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is ‘n praktiese slypskool vir enigiemand wat ‘n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 500 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ‘n onthaal op Vrydagaand 6 September. ‘n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).

 

Voornemende kursusgangers moet ‘n kortverhaal met ‘n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of ‘n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ‘n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 23 Augustus 2013 aanstuur na Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

 

Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.

 

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

Advertisements

2 comments on “ATKV Lenteskool vir die skrywers van romantiese fiksie

  1. Wanneer dit rugbaar word binne die uitgelese geselskap van gesofistikeerde skrywers en lesers dat ek liefdesverhale skryf — en dit gebeur dikwels met geamuseerde fanfare — word daar onmiddellik ’n ander bril opgesit om na my te kyk, ge-nudge-nudge en ge-wink-wink.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s