Skrywers en professionele jaloesie

Baie paddasH’m. Ja. Ek is bitter jaloers op Nora Roberts. Sy kan skryf, hoor! Maar waarop ek eintlik so ‘n bietjie groen is, is die spoed waarmee sy kan produseer, die wonderlike karakters wat sy skep, die lekker stories wat sy uitdink en natuurlik die megabucks wat sy daarmee verdien. Eish.

Maar ek het nie haar talent nie en ek skryf in Afrikaans waar ons ‘n bitter klein leserspoel het en ek kan nie so vinnig werk soos sy nie, en, en, en … Dis my realiteite. Om daaroor te mor en te kla en ‘bitchy’ te raak, sal my niks in die sak bring nie.

Miskien het sy ‘n beter werksverhouding met haar uitgewers as ek, of miskien hou haar uitgewers en lesers meer van haar styl as wat enigiemand ooit van myne sal hou. Dit beteken nie ek moet nou in sak en as gaan sit en vir Nora slegmaak nie. Sy kry slegs wat sy verdien, want ek dink sy werk allervreeslik hard om te produseer soos wat sy wel doen.

Iemand vertel my vanoggend ‘n storie: Op ‘n sekere plaas was daar ‘n dam waar daar ‘n klompie paddas gewoon het. Die paddas was doodgelukkig en het met hulle padda-dinge voortgegaan soos altyd. Op ‘n dag merk die boer op dat daar darem nou bitter baie paddas in die dam is. Hulle teel aan vir ‘n vale. Hy noem toe die probleem aan sy ou vader en merk op dat hulle dalk van die paddas sal moet uitroei. “Toemaar,” antwoord sy wyse ou vader.”Die natuur sal sorg.” Sowaar, toe die boer weer sien, was die paddas heelwat minder. Toe hy ondersoek instel, sou hy uitvind die paddas het begin om mekaar te eet! Soos dit maar in die natuur werk, het net die sterkste (en seker die slimste) paddas oorgebly en hulle kon toe weer rustig voortgaan met hulle padda-dinge.

MORAL OF THE STORY?? NEE, dit beteken nie dat skrywers moet begin om mekaar op te eet nie! 😉

‘n Ruk gelede was daar min Afrikaanse skrywers en uitgewers was miskien nie heeltemal so uitsoekerig oor wie en wat hulle publiseer nie. Nou is dit anders. Die uitgeebedryf het ontwikkel. Kennis oor die skryfkuns het verfynd geraak. Gevolglik wil al hoe meer mense graag skrywers wees. Kompetisie word strawwer.

Wat staan die skrywer te doen? As jy nie ‘n sterk padda is nie, sorg dat jy ‘n slim ene word!!

Gaan eenvoudig aan met jou skryfdinge. Werk aan jou skryfvaardighede, beoefen jou kuns elke dag sodat jy net so goed of dalk nog beter kan word as daardie skrywer wat jy so bewonder.  Vind uit wat maak daardie ander skrywer meer suksesvol as jy en werk daaraan. 😀 😀

Advertisements

One comment on “Skrywers en professionele jaloesie

  1. Dit ‘n waar woord wat jy daar sê! Al gaan ek nooit miljoener word of selfs ‘n ‘best-seller’ skryf nie, sal daar altyd iemand iewers wees wat my stories lees – veral solank as wat ek familie het! Dus: as ‘n uitgewer my skryfseltjie aanvaar, is ek dankbaar vir hulle, want hul waag dit ten minste nog met die Afrikaanse skrywers.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s