Verveel jy jou lesers met onnodige beskrywings?

Wanneer ek lees, lees ek skoon bo-oor lang beskrywings, want ek soek STORIE en niks anders nie! Daar is glo net twee redes om enige beskrywings in jou storie in te voeg:

  • Om jou leser sensories in die storie in te trek
  • Omdat die beskrywing absoluut noodsaaklik is om jou storie voort te dryf

Die oomblik wanneer jy daardie begeerte kry om iets te beskryf, vra jouself af of jy dit doen om enige van bogenoemde twee redes. Indien nie, laat staan!! Beskrywings om enige ander redes gaan jou leser net irriteer, of oormekaar laat kyk van pure verveling.

Advertisements

6 comments on “Verveel jy jou lesers met onnodige beskrywings?

  1. ek lees ook oor lang vervelige beskrywings, dan is daar weer die beskrywings met die aller mooiste woorde. Duisende dankies vir hierdie wonderlike leersame blog

  2. Die verhaal moet IEWERS gebeur, dis waar. En daardie iewers moet lyk na IETS besonders. Dis sekerlik nodig om jou leser pens en pootjies binne-in hierdie IEWERS te plaas waar alles gebeur. Sy moet presies weet hoe dit om haar lyk, maar dis nie nodig om haar ná ‘n bladsy te laat besluit dis dalk mooi daar, maar daar GEBEUR dan niks nie. ’n Moeilike onderskeid, maar dis seker die verskil tussen die aanskakel van spreiligte en die verf van ‘n meesterstuk wat maande neem om te voltooi. Die leser gaan sekerlik verkies dat jy die lig aanskakel op ‘n reeds voltooide meesterstuk, of hoe?

  3. Ek is ‘n amateur skrywer wat op die oomblik net worstel met kort verhale, sal egter ook graag ‘n romanza in die toekoms wil aanpak. Bets ek het so pas klaar gelees aan jou romanza – die soen. Ek het dit geniet.!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s