Moenie té rigied beplan nie

Die bekende Holly Lisle stuur vanoggend hierdie raad uit na al ons skrywendes: moenie toelaat dat rigiede beplanning jou kreatiwiteit pootjie nie.  Nou hoe nou? Is deeglike beplanning dan nie die beste nie?? Luister bietjie na wat sy te sê het:

Ek het vir my haar  “Create a plot clinic” e-boek op Kindle gekoop en is mal oor haar indekskaart-idee.  Dit werk soos ‘n bom vir my.

Wat dit op neerkom, is dit: Jy plot al die hooftonele in jou boek op indiwiduele indekskaarte (die soort wat in biblioteke gebruik word). Op elke kaart teken jy aan wie in die toneel gaan wees, waar dit afspeel, wie fokaliseer en wat die konflik in daardie spesifieke toneel gaan wees. Dan los jy party kaarte blanko … Vir daai briljante!! idees wat jy gaan kry wanneer jy daar kom!

Ek het by die hardewarewinkel vir my een van daai filtaansteekborde gekoop wat mense teen die muur opsit vir notaborde in hul studeerkamers of kombuise. En natuurlik die oulikste gekleurde drukspykers! (niks so lekker soos retail therapy nie – vir my is dit skryfbehoeftes en nie klere nie)Ek het ‘n klein, ligte enetjie gekoop wat ek kan ronddra waar ek ookal sit en skryf. Ek en my laptop toer in die huis rond soos die gier ons beetpak.

Terwyl ek besig is met my storie, besluit ek dalk dat ‘n spesifieke toneel beter sal werk vroeër of later in die boek, dan verskuif ek hom! Die vryheid wat hierdie manier van beplanning my toelaat, werk lekker vir my.

Advertisements

3 comments on “Moenie té rigied beplan nie

  1. Ek stem saam met jou, Madelie. Vir die eerste keer na omtrent ses boeke het ek ‘n ordentlike beplanning op papier- hoofstuk vir hoofstuk. Plus my karakters se persoonlikhede en voorkoms, ens. Alles wat nodig is. Dis heerlik om soveel struktuur te he. As ek met die een hoofstuk klaar is, en ek wonder wat nou, loer ek net gou in my beplanning en dan wagdie volgende idee daar. MAAR, soos ek vorder, kom ek agter dat ek nie rigied daarby kan bly nie. Hier en daar moet ek ‘n toneel skuif en iets anders invoeg, anders gaan my storie nie werk nie. Maar om vooraf die struktuur te he is vir my ‘n wenner.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s