Hoekom wil jy skryf?

Omdat jy dink jy is goed met woorde?
Omdat ’n onderwyser op skool jou opstelle geprys het en nou dink jy dat jy talent het?
Omdat jy graag ‘beroemd’ wil wees, of omdat dit jou ouers trots op jou sal maak?
Het jy dalk stories in jou kop wat dwing om te wil uit?
Dink jy dat jy baie geld sal kan verdien met jou skryfsels?

Weet jy, nie een van bogenoemde redes is werklik goeie redes nie. Daar is net een rede wat waarlik ’n voldoende rede is om te skryf en dit is: omdat jy nie anders kan nie, omdat die passie vir skryf jou dwing om by jou rekenaar te gaan sit, weg te val en te SKRYF!!

Skryf is ’n werk soos enige ander werk. Om goed te wees daarin, neem tyd, geduld, oefening, soms vervelige herhaling en BAIE ure se bloedsweet. As jy al hierdie dinge weet en nog steeds opgewonde voel wanneer jy by jou rekenaar gaan sit om jou idees neer te pen, dan staan jy miskien ’n kans om ’n sukses daarvan te maak !!

Lekker skryf!

Advertisements

6 comments on “Hoekom wil jy skryf?

  1. Dis so waar, Madelie! En ek dink dis ‘n baie goeie oefening om jouself gereeld af te vra hoekom jy wil skryf. Niks anders as die dwingende behoefte om te skryf kan ‘n mens deur al die ure se harde werk, herskryf, vertwyfeling en bloedsweet kry nie. In my geval dwing die behoefte om te skryf my egter nie dikwels om voor my rekenaar te sit nie. Maar as ek nie elke dag gaan sit en skryf nie, raak ek so ‘out of sorts’ dat ek dit nie met myself kan uithou nie! My lewe voel leeg en betekenisloos. Dis hoekom ek skryf.

  2. Hallo, ek sal baie graag ook wil skryf, ek het die behoefte om my kreatiewe brein in situasie in te wikkel en die storie te ontrafel. Ek het baie lank al die liefde ontleed , mense en verhouding en hulle liggaams houding en is nou gereed om te leer. Is daar hulp vir my.

  3. Madelein, begin by die begin. Gaan lees alles hier bo onder ‘Hoe skryf mens?’ en begin eenvoudig en doen dit!! Gaan na http://www.lapa.co.za en klik op ‘Manuskripvoorlegging’. Daar verduidelik hulle alles oor hoe ‘n manuskrip moet lyk wanneer jy dit vir hulle instuur. As jy van ‘n ander uitgewer gebruik wil maak, vind uit wat hulle vereistes is vir die genre waarin jy skryf. Laat waai, Suster!!!

  4. Madelie, ek het my dood geskrik toe ek jou opskrif sien. Dit het gevoel of jy een van my artikels gelees, dit afstootlik of vervelig gevind en toe spesifiek met my gepraat het! Hoekom wil jy skryf? Oom Sam! Ek ken die gevoel van “Ek wil skryf!!” Dit is die enigste manier hoe ek my hart kan oopmaak, die regte woorde vind. Ek worstel, droom en braak gal met woorde. As ek skryf, voel ek mens. Al is dit soms net vir my eie oë…

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s