Fantastiese skryfkursus vir minder as R25!!

Holly Lisle is ‘n baie bekende skrywer, aanbieder van skryfkursusse en spreker by skryfkonferensies. Sy maak nou haar skryfskool toe om weer voltyds te skryf en haar kursusse word op Kindle bemark.

Hier is een van haar uiters gewilde kursusse op Kindle vir $2,99. Sy laat jou ook toe om gratis werkvelle van haar webblad af te laai. DIE MOEITE WERD VIR ENIGE SKRYWER, beginner sowel as veteraan!

http://www.amazon.com/Mugging-Muse-Writing-Fiction-ebook/dp/B007OWGB4G/ref=sr_1_fkmr0_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1332832685&sr=1-1-fkmr0

 

Advertisements

6 comments on “Fantastiese skryfkursus vir minder as R25!!

    • Seegogga, JA jy kan dit op jou rekenaar aflaai! Gaan na Amazon se webwerf en skep vir jou ‘n Amazon rekening as jy nie een het nie. Jy moet jou kredietkaartbesonderhede ook gee, maar dis oukei. Ek koop al jare so by hulle en het nog nooit enige probleme gehad nie.
      Kyk dan vir ‘n opsie wat sê: “Kindle for PC” en klik daarop (of tik dit by die soekblokkie in). Volg die stappe om die GRATIS download van die sagteware te doen. Daarna kan jy van jou rekenaar af enige boeke wat in die Kindle shop is, koop en op jou rekenaar lees. Download van ‘n boek neem letterlik slegs sekondes en die kostes van jou aankope verskyn outomaties op jou kredietkaart, jy hoef nooit weer bankbesonderhede te verskaf nie, tensy jy van bank verander of so-iets. Daar is ver oor ‘n miljoen boeke te koop in die Kindle shop. Dis GREAT!!

    • ‘n Voorbeeld: ‘n Eerste uitgawe van bv Nora Roberts se nuwe roman sal in die CNA R180 – R250 kos en op Kindle is dit $11,99 (minder as R96)

      Deon Meyer se nuwe boeke kos by die CNA R199 en op Kindle gemiddeld $10 (R80)

      Dit wissel natuurlik van uitgewer tot uitgewer en afhangende van die gewildheid van die skrywer.
      Afrikaanse e-boeke is oor die algemeen nog duur, want ons uitgewers toets nog die mark en daar is relatief min mense wat Afrikaans lees wat Kindles het, maar dis vinnig besig om te verander!!

  1. Dankie, Madelie, ek het dit dadelik gekoop. En jy kry veel meer as die boek! Maak hom oop in jou Cloud Reader, en gaan registreer op haar webwerf, jy kry veel, veel meer vir jou R21!

    • Dankie Maankind, ek is een van haar ou studente en kry reeds al haar goeters. Maar ja, dis VEEL meer as net die kursus wat jy koop!! Sy is baie vrygewig met haar kennis en ervaring.

      Haar ander kursusse is ook goedkoop en nou meestal bekikbaar as e-boeke. Tik net haar naam in by die Kindle shop. Ek vind haar kursusse baie prakties en bruikbaar. Sy gee nie lesings nie, maar als is in workshopformaat en baie prakties uitvoerbaar.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s