Dubbele standaarde

Hoekom is dit in sosiale sirkels meer aanvaarbaar om romantiese komedies wat verfilm is te kyk as om dit in boekvorm te lees? Sommige mense sal veel eerder spog oor hulle Runaway Bride of Sleepless in Seatle gekyk het gisteraand as om te moet bieg dat hulle ‘n heerlike romanse verslind het voor slaaptyd.

Hoekom word die boeke  spottend en neerhalend as hygromans of ‘daai pienk boekies’ afgemaak, maar die flieks word nie iets soos hygflieks genoem nie? Wat is ‘n romantiese komedie film anders as ‘n verfilmde romanse? Boonop maak hulle vir die filmbase sakke vol geld by die loket net soos die romanses wêreldwyd baie beter verkoop as enige ander boeke.

Uitgewers erken ruiterlik dat hulle meer ernstige genres finansieel gedra word deur die reekse romanses wat hulle uitgee en tog spandeer hulle heelwat meer geld en tyd aan die promosie van hul ander genres wat net ‘n fraksie soveel as die romantiese genres verkoop. Klink dit dom en agterstevoor?

Hoekom word ‘n boek met ‘n gelukkige einde as ‘n ‘sprokiesverhaal’ bestempel? Is ons dan so blasé dat ons nie meer glo dat die goeie die kwade kan oorwin nie? Ons praat saam met mense wat Liewe Heksie as onopvoedkundig beskou, maar ons laat ons kinders toe om flieks vol van die wreedaardigste gedrogte op ‘n daaglikse basis op TV te kyk.

Agterstevoor wêreld waarin ons leef, nie waar nie??

Help my reg as ek verkeerd is!!

Advertisements

11 comments on “Dubbele standaarde

  1. Wat’s nouweer verkeerd met Liewe Heksie? Ek dink ek het die debat misgeloop as dit nie die een is wat sê hekse is uit die bose en ons promofeer heksery nie!
    Ewenwel: ons weet almal van die dubbele standaarde. Mense doen en sê wat hulle glo vir die gemeenskap om hulle aanvaarbaar en prysenswaardig is. As drie mense sê Liewe Heksie is onopvoedkundig, word dit die waarheid en stry niemand want hulle is te bang hulle word as onkundig of onnosel beskou as hulle dit nie self kan raaksien nie. Maar in die ‘donker en onder die kombers’ is dit ‘n heeltemal ander storie: mense doen goed wat hulle nie eens aan hulself wil erken nie. Dis maar die ou storie: as ek VOORGEE ek is iets, word ek dit in my eie oë en mog niemand tog asseblief die waarheid uitvind nie.
    Heng, dit klink of ek impliseer om romanses te lees is so erg soos moord!

  2. Dit is vir my interessant hoe “erkenning” telkens hier opdek. Maak dit regtig saak of die mense dit openlik in ‘n vliegtuig of weggesteek onder die deken lees? As die bewyse daar is, maak niks anders saak nie.

    Tog, mens kan ook net so lank tjoklit eet voordat jy honger raak en regte kos soek. Soms soek ‘n mens net iets wat jy tot die been kan analiseer of dae lank by jou spook. Ander kere soek jy net vermaak.

    In my DVD rak het ek nie net romantic comedies nie. Ek het ook die donker swaarder tipe flieks, waarna ek ook graag kyk.

    Dit is partykeer eerder ‘n behoefte as ‘n masker.

    (Op die oomblik lees ek onder andere Jakkals en Wolf)

    • Jy’s reg, Xena. Ons moet ophou kla. Dit klink seker of ons skimp vir ‘n klop op die skouer. Dis nie regtig so nie, want mense koop en lees die boeke. Wat soms wel moeilik gaan, is wanneer ‘n romanseskrywer in geselskap is waar hulle weet jy skryf – dis dan wanneer party mense neerhalend raak. Dis hoekom ek meer as tien jaar lank geskryf het sonder om vir enigiemand behalwe my beste vriendin en my naby familie iets daarvan te sê. Ek dink soms ek moes dit so gehou het!

  3. Die wêreld was vir my nog my lewelank soms heeltemal agterstevoor. Ondervindings van mense en ook besighede wat een ding dink, maar totaal ‘n ander ding sê, is ou nuus. Om dan nie eens te praat wat hul op die ou end doen nie. Die dink, sê en doen is dikwels drie verskillende dinge. Elkeen kan dink wat hy wil – dit skaad niemand nie, maar wat hy sê en wat hy doen, raak lewens in meer as een opsig. Tog is dit asof daar nie omgegee word nie, solank elkeen net kan voortstorm op sy pad wat hy vir homself gekies het.
    Die uitsonderings is natuurlik ook daar, maar beslis in die minderheid.

  4. Ek glo onvoorwaardelik aan die liefde en aan gelukkige eindes! Ek lees geen boek wat nie gelukkig eindig nie!!

    Is daar intellektueel iets met my verkeerd? Nee, ek dink nie so nie, want romantiese leesstof was nog altyd my ontvlugting na daai lekker ver plekke, daai lieflike manslyf waarop jy heimlik verlief raak, daai heldin wat presies is soos wat jy eintlik wil wees en lyk. Dus kan enigiemand dit maar weet en my sien as ek die een boek na die ander verslint!

    Dalk … net dalk was elke romantiese boek wat ek gelees het, die medisyne wat elkeen vandag so broodnodig het in die wêreld waarin ons leef, sodat ek ma, vrou (so verleidelik en seksie), vriendin, vennoot en biegmoeder kan wees, sonder om vir een oomblik in myself te twyfel!

  5. @Xena:mens het seker die sogenaamde regte kos ook nodig, al wroeg mens deur die wortels en broccoli en al proe dit soms onverteerbaar (!), maar sonder tjoklit sou die lewe seker ook maar vrek vervelig wees. As mense wil voorgee hul leef slegs van regte kos, is hul welkom. Maar gee my enige tyd ‘n tjokkie! ;-D Selfs die Bybel het ‘n hele boek wat net oor romantiese liefde handel, nou dat ek daaroor dink.

  6. Ek dink dat in sekere sosiale sirkels jy eerder boeke met “waarde” moet lees en nie “soet sappige liefdesverhale” wat nie “iets” om die lyf het nie.

    Dit is aanvaarbaar om te se ek het vir “Eat Pray Love” gelees, maar ek mag nie se ek het vir “The Milionare’s girlfriend” gelees en en dit verskriklik geniet nie. Ek kan wel se ek het die fliek gekyk en kan dan se: “O Sarie Marais het haar baie goed van haar taak gekwyt in die rol. Sy gaan defnitief ‘n goue beeldjie kry vir haar uitstekende vertolking van die miljoener se minares, blah, blah, blah.”

    Ek persoonlik dink dat hierdie mense is net eenvoudig snobisties, of hulle lees agter toe-deure die liefdesverhale maar vertel vir niemand.

    Ekself is mal oor my lekker sielkundige misdaadboeke (eng en afr), lekker rillers/spookstories, maar wanneer ek lekker wil ontspan en lus is vir ‘n lekker wegraak in die sprokies wereld – dan lees ek my lekker liefdesverhale (verkieslik die met gelukkige eindes en waarin ek lekker kan lag en lekker kry dat my tone omkrul). Daarna voel ek weer lus vir die wereld en sy dinge.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s