‘n Goeie begin …

Met my Kindle het ek op ‘n splinternuwe lekkerte afgekom (dis nou bykomend by die lekkertes van gerief en gemak en vinnige aflaai van aankope plus die gevaar van baie maklik baie geld uitgee) – die opsie wat Amazon ‘n mens gee om ‘n gratis 10% sample van enige boek af te laai en te lees. Die Afrikaanse boeke wat beskikbaar is, is nog maar baie min en dit is dus prakties moontlik om hulle almal gou-gou deur te draf en daardie tiendes te lees.
Die ontdekking wat ek toe maak, is dat ek na so ‘n tiende (of selfs halfpad daardeur) al presies weet of hierdie boek wil klaar lees, of nie. Dit het my weer by die gedagte gebring van presies hoe belangrik dit is dat jou boek (in enige genre) ‘n sterk en oortuigende begin moet hê. Vandag se lesers is meestal haastige mense en al hoe meer mense los baie maklik ‘n boek as dit hulle nie boei nie. Vir die meeste lesers (LW. Dit bly steeds gevaarlik om te veralgemeen) sal ‘n lang beskrywing heel aan die begin byvoorbeeld nie werk nie. (Behalwe as jou naam dalk Nora Roberts is!) Maar dit hang natuurlik ook af van die konteks – as beskrywing dalk jou spesiale talent is, en die toneel is absoluut relevant vir die res van die verhaal, kan dit ook goed werk. Wat ons net weer wys hoe min vaste reëls daar eintlik is. Maar veral vir ‘n romanse of ‘n ander verhaal wat spesifiek vir ontspanning bedoel is, is dit waarskynlik die beste dat jou boek met ‘n bang begin, m.a.w. binne-in die gebeure.
Natuurlik gaan swak versorging of swak taal of ‘n vervelige of hoogdrawende skryfstyl ook ‘n leser blitsvinnig binne daardie eerste tiende die besluit laat neem.Dit baat dus ‘n skrywer (soos ‘n huweliksmaat :)) om te begin soos jy beplan om voort te gaan. As jy hoë verwagtinge van jou storie of jou verhouding het, sal jy aan die begin alles insit om die wegspring so goed as moontlik te maak. En dan is die kanse goed (maar ongelukkig nie gewaarborg nie!) dat die verhaal sowel as die verhouding ‘n gemaklike en vlot verloop sal hê.

Advertisements

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s