Werk dit vir jou?

Baie mense werk die beste onder druk. Maar hoeveel druk is net genoeg – en hoeveel  is te veel? Kan ‘n mens regtig kreatief dink onder druk? Is ‘n sperdatum vir jou die beste aansporing of laat dit jou lam van angs?

Advertisements

7 comments on “Werk dit vir jou?

  1. Daar ís iets aan druk, iets vreemds. Dit laat jou amper ‘belangrik’ voel. Sonder jou insette gaan die aarde ophou tol. (Die meeste skrywers is effens koekoe.) “Hulle” wag vir my, net vir my-etjie . . . ek moet die wag vir “hulle” die moeite werd maak.
    En dan sit jy voor die rekenaar totdat jou stuitjie seer is en jou voete swel. Jou karakters is permanent in jou kop, jy leef en eet saam met hulle. Jy droom selfs van hulle. Die fantasie word só `n werklikheid jy skrik amper daarvoor. Jy huil letterlik (ek, wat voor stap in die koekoe-afdeling, in elk geval) en glo dit as jy wil, jy LAG ook hardop saam met hulle.
    En dan eers kyk jy oor jou skouer of die manne met die wit jasse nie in die omgewing is nie.
    Maar om rustiger te werk het ook voordele. Dan word die amper meer speel as werk en kan jy meer ‘speels’ met jou karakters en hul dinge omgaan.
    My antwoord op die vraag: ek weet nie.

  2. As ek onder druk is, is dit asof iets in my brein ontplof. Dan hol daar honderde histeriese mannetjies ( en vroutjies) rond wat my uit alle oorde aanhits. Die adrenaline pomp, ek is gefokus en ek laat waai. Na die krisis/druk/ watookal bedaar/opgelos is, is ek heeltemal lam, vir dae. Ek verkies dus om liefs nie so hoef te werk nie, alhoewel ek gewoonlik dan meer gedoen kry onder druk!

  3. Ek het ‘n deadline nodig om my gefokus te hou. As ek eers begin uitstel, kan ek maar vergeet.

    Wat my lam maak, is wanneer ek weet mense het hoë verwagtinge van my. Dan val daar ‘n groot lamgeit oor my neer en dan kry jy niks uit my uit nie. Simpel, nè?

  4. My beste werk (in die sakesektor) is alyd gelewer twee dae voor die sperdatum. Ek is ‘n meester van uitstel. Ter verdediging kan ek darem meld dat ek gereeld datums, insidente en dies meer in ‘n spesiale dagboek aangehou het. Dan was dit net ‘n kwessie van meer breedvoerig en formeel neerpen. Dieselfde reëls geld ook vir my skrywery.

  5. Eish! Ek weet nie eens of ek in Kristel se koekoe-lyn staan nie. Ek dink die woord vir my is sommer plein ‘ongedissiplineerd’, want hoe meer tyd hoe minder werk ek. ‘n Sperdatum is nie eens vir my ‘n aansporing nie. Dis nou tensy dit soos ‘n geweerloop hier reg teen my neus is. Ek funsioneer baie goed onder druk, maar of dit nou so ‘n goeie ding is? Daarvan is ek ook nie seker nie. Agterna val ek uitmekaar en beteken niks vir niemand nie. Maar werk is dit soos ek werk. Hulle sê mos ‘n ou hond leer nie nuwe truuks nie.

  6. Haai, en hier dink ek al die tyd dis net ek wat soos Calvin redeneer. Tog gebeur dit dat ek ook meestal beter onder druk werk (of gewerk het). Dis wanneer daar te veel drukte van te veel kante af kom, dat my ratte begin gly. Dis ook sommer dan dat my pompie oppak en my by die dokter laat beland. Waar trek ek nou die streep, vertel my dit? Dalk is die dieselfde met my as met Toortsie. Daardie DEESDAE wat in my geval beteken ek het al heeltemal te ver gevorder van my geboortedag af!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s