’n Sterk hoofkarakter

Soms kan skrywers nie verstaan hoekom uitgewers nie van hulle stories hou nie. Een rede vir die wegwysing van ’n boek kan wees omdat jou hoofkarakter nie sterk genoeg oorkom nie.

“The main character must lead, must be proactive, must have something to do, a goal to strive for from page one. Publishers and agents pass over heroines who simply react to situations forced upon them.”  Jen Black

Advertisements

16 comments on “’n Sterk hoofkarakter

        • Nee, sy moet soort van onbewus wees van haar eie aantreklikheid vir mans … oeg, dit klink boring … hoekom kan sy nie ‘n bietjie haar vroulike lis gebruik nie?? Ek en my dogter gesels juis netnou oor die vroue in die Bybel wat so min seggenskap oor hul lewens gehad het en sy merk toe op dat die enigste vroue wat iewers gekom het, die was wat hul vroulike liste kon gebruik soos bv. Esther!

          Maar nou ja, die hedendaagse heldin moet dinge bereik met haar eie intellek en haar bekwaamhede sonder om nodig te hê om enige vroulike lis in te span!! Dis net jammer mans raak nie juis verlief op intellek of bekwaamhede nie!!!

          Riëtte Rust het ‘n boek geskryf , “Lang bene en lipstiek” waarin sy vertel dat ‘n vrou baie verder kom as sy haar ‘erotiese kapitaal’ gebruik. Gaan loer gerus wat sê sy daaroor:

          http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Kuns-van-erotiese-kapitaal-20111203

  1. Solank die heldin haar lis tot haar ouderdom beperk. Onthou julle vir Yolanda van Orkney Snork nie? Wel, sit haar in haar leeuvel-tiertert en maak haar 50+. Definitief nie ‘n kapitale aanleg nie.

      • Yep! Eks eerder laat as nooit, maar ek was van die lug af. Hierdie is ‘n heerlike onderwerp, ne. En die Cougar-Yolanda van 50+ sal ons eerder onder die maatemmer wegsteek, Elsa! Van LIS gepraat: wie’t gesê lis het niks met intelligensie te doen nie. Hoe slimmer, hoe meer bedrewe om die lis so goed weg te steek dat mens nooit eens agterkom die heldin is listig nie – sy self dalk ook nie. Werk vir my (Nie die toepassing nie, net die IDEE daarvan om dit in ‘n storie te gebruik).

  2. Wat ‘n lekker onderwerp! En ek lees dit nou eers omdat ek van dielug af was. Die Cougar/kitten benaming klink vir my goed, Madelie, solank mens Yolanda van 50+ onder die maatemmer bêre, talente en al.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s